Nog ʼn gewilde omroeper groet skielik Jacaranda FM

Liesl Laurie het in 2016 as omroeper by Jacaranda FM begin. (Foto: Instagram/Liesl Laurie)

Nóg ʼn gewilde Jacaranda FM-omroeper groet vandeesweek dié bekende Gautengse radiostasie.

Voormalige Mej. Suid-Afrika Liesl Laurie gaan op 30 Junie haar oorfone vir die laaste keer as mede-omroeper van die oggendprogram Breakfast with Martin Bester ophang.

Sy sal ook nie meer die radiostasie se Top-20-program op Saterdae aanbied nie.

Dié nuus het talle luisteraars Dinsdag onkant gevang en volg kort nadat Rian van Heerden vroeër vandeesmaand aangekondig het dat hy Jacaranda FM op 30 Junie gaan groet.

Hennie Myburgh, Jacaranda FM-programbestuurder, het dié nuus Dinsdagmiddag in ʼn verklaring bevestig en egter gesê dat die besluit ʼn gesamentlike een was.

Laurie was in 2015 as Mej. SA gekroon. (Foto: Instagram/Liesl Laurie)

“Dié tyd van die jaar is kontrakhernuwing in ons sakesiklus. Ons het met Liesl oor ons kollektiewe prioriteite gepraat en ’n besluit is geneem om hierdie hoofstuk saam af te sluit.”

Laurie het haar reis by Jacaranda FM in 2016 begin kort nadat sy haar bewind as Mej. Suid-Afrika 2015 voltooi het.

“Om te groet is nooit maklik nie; ek gaan die oggendfamilie sowel as Martin en die span mis, maar ek is so dankbaar vir hierdie ervaring en om te kon groei in ’n medium waarvoor ek soveel liefde en respek het, ” het Laurie gesê.

Dit is nog nie bekend wie Laurie se plek by die oggendprogram gaan inneem of wie die leisels by Van Heerden in die middagprogram gaan oorneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Miena ·

ja ag dankie tog – nou gaan ons nie meer hoef te hoor Ouma Laurie dit en dat nie en haar alewige geteem en negatiewe preutse houding teenoor Martin uiter nie.

Maritza ·

Al die goeie omroepers gaan. Wonder wat aangaan. Sal maar LM Radio luister van nou af

Tienie ·

Ag nee wat.

Sal haar nie mis nie. Ken haar nie.

Luister eerder LM Radio. AM 702 kHtz

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.