Nog ’n glanspaartjie skei

Burgerd en Zita. Foto: Adéle Changuion

Burgerd en Zita. Foto: Adéle Changuion

Die sangpaar Burgerd Botha en Zita Pretorius gaan skei.

Alishia van Deventer, Botha se agent, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Burgerd gaan nie met die media hieroor praat nie. Ons vra dat die media asseblief sy privaatheid respekteer.” Pretorius se woordvoerder het gesê sý gaan ook nie met die media praat nie.

Botha (28) en Pretorius (22) is op 1 Januarie 2014 getroud. Botha is ’n voormalige lid van die groep Romanz terwyl Zita saam met Rudi Claase gesing het voordat Botha en Pretorius saam begin sing het.

Die nuus volg kort nadat Karlien van Jaarsveld Maandag aangekondig het dat sy en haar man, Derick Hougaard, gaan skei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

KWV ·

Moet asb nie jul vuil wasgoed in die openbaar was nie. Ek stel regtig nie belang nie. Het nog nooit van julle gehoor tot vandag nie. Wat ek wel skokkend vind is dat julle nie eers 2 jaar getroud was voordat julle besluit om die handoek in te gooi nie. Waar is die voorbeeld vir vandag se jeug?

Peet Schabort ·

KWV, jy is in die kol. Dis nou waaragtigwaar nie nuus maar ‘n gewoonte. Baie beter om aan ons jeug die geslaagde huwelike oor te berig. Dis hulle wat die voorbeeld is hoé om probleme ook te verwerk.
Hopelik is daar nie ook nog ‘n kind betrokke.

Ben ☺☺☺ ·

Ek is seker `n volstruis – maar ek ken julle ook nie. Ek dog dan julle is `n glanspaartjie volgens die berig – so wie het die buite egtelike verhouding ?

Mariëtte ·

Karlien- Met Willie le Roux Rugby speler. So voorspelbaar.

Antonie ·

Waar glans hulle, nog nooit gesien of gehoor nie. Ken niemand wat van hulle weet nie. Lyk na n wrong turn couple.

Martina ·

Nee nog nooit van julle gehoor nie!!! Slaap soos almal voor die tyd bymekaar. Trou en skei ens ens. en ons dra geskenke aan . Hoekom gee mens nog geskenke vir die huwelikspaar as hulle self nie respek het vir hul huwelik nie. Môre skei hulle weer!! O ja dan moet hulle n egskeidings koek kry. Dis nou die nuutste. Dan word almal weer genooi vir die egskeidingskoek partytjie!

nig ·

Martina – Wa-a-a-t?? ‘n EGSKEIDINGSKOEK? Nou het ek wragtig alles gehoor. Siek man. SIEK!

jakes ·

Duis mos mode mense dink seks voor die tyd is liefde dan trou hulle en spoedig waai die kersie dood. Natuurlik n goeie voorbeed vir hulle anhangers , en dan maak die sogenaamde glans paartjies geld uit al die publisiteit. Skande

yollie ·

Soveel onnodige artikels oor “glansmense” wat skei, hoekom word daar nie bietjie artikels geplaas oor doodgewone pare wat ken van swaarkry en deurdruk en n huwelik maak werk nie? Noem my n romantikus, maar n lang huwelik en sy staaltjies is beslis interesanter as “ek het my sielsgenoot gevind”, maar julle skei sodra daar teenkanting is…

Mari ·

Ek stem! Klippe kou, gooi en partykeer rol is deel van enige verhouding of huwelik. Is realiteit. Bite the bullet en druk deur!

Asjas ·

Kan nie meer saam stem nie. Ek is moeg vir die artikels oor “perfekte” paartjies, ma wees, vrou wees, christen wees ens. ens. en dan skei hulle net nadat hulle my oortuig het ek kan niks reg doen nie.

Liewe lulu ·

Hulle het mooi gesing. Was by een van hulle optredes. Moet se dat ek nie van Zita gehou het. Sy so bietjie van n geitjie. Sy is ook Gerrie Pretorius, die sanger se eks meisie

Wanelda Terblanche ·

Weet vir ‘n feit sy en Gerrie is reeds weer saam. My hart bloei vir Burgerd!

pop ·

Wat my dwars iewers steek (ek het nie n krop nie) is die alewige genoem hoe christelik hulle is. Kry die mense meer aanhangers met die ge-“bible punchery” of wat. Ek dink al julle blink mense moet liewer stilbly en kyk of dit nie beter werk om christelike waardes uit te leef vir almal om te sien nie. Burgerd jy was so tipe mens. Stil en op jou plek. Die pop het van die een sanger na die ander gevladder in haar soeke na roem. Toe dink sy n slipper word n kerkskoen. Deur te trou!!!

Eliza-beth ·

Lyk my ons sg “glansmense” dink hulle moet soos die Hollywood spul aangaan. Minstens is hier nie kinders betrokke nie. Ek wonder of jongmense dink die huwelik gaan oor die mooi rok, die onthaal en die publisisteit? Die oumense het gese trou is nie perdekoop en dis wragtig waar. Ek is al amper 40jaar getroud met my man. Natuurlik irriteer ons mekaar soms, natuurlik dink ons verskillend oor party goed. Ons is deur baie dinge; sy werk verloor agv die besigheid wat toegemaak het terwyl my begaafde kind in matriek was en moes universiteit toe. Ons het ons een kind verloor…so kan ek aangaan maar mens werk verdomp deur dit en klaar. TROU IS NIE PERDEKOOP NIE!

Asjas ·

Jy slaan die spyker op die kop! Ons moes Ds. sien vir ‘n paar weke voordat ons getroud is dn hy het vir ons gese jy moet ELKE dag aan jou huwelik werk, dis in jou hande of jy gaan suksesvol wees of nie. Ek sal NOOIT die driehoek vergeet nie. Ons twee onder en God bo, hoe nader jy aan God leef, how nader leef ons ons aan mekaar. NS Ek het al die positiwe kommentaar oor huwelikke baue geniet, gee my nuwe hoop vir ons nasie.

Bets ·

Ons is oor ‘n week 40jaar getroud. Saam swaar gekry. Saam liefde gedeel en is in die kerk deur Jesus Christus saamgevoeg tot die dood ons skei. Is dit nie waar die fout le nie. Predikant ken nie eers die paar wat hy trou nie. Glo net hulle woorde oor hoekom hulle wil trou.

KWV ·

Ons moes Huweliksvoorbereiding saam met dominee doen. Gebruik was ons geleer het nog elke dag. Ken mekaar al 26 jaar waarvan ons 19 getroud is!!!

Nicolene ·

My ouers is al vir 41 jaar getroud. Deur dik en dun. Deur goeie en slegte tye. Deur droogte en reën (pa is ‘n boer). Toe pa gediagnoseer word met fase 5 nier versaking, was ma die een wat elke dag daar was…. steeds is. Sy is die 1 wat 4 keer daagliks vir ‘n uur lank hom dialiseer. Ek dink werklik nie bekende mense deesdae is meer werd om rol modelle genoem te word nie. Eerder mense soos ma en pa wat 41 jaar later steeds daar is vir mekaar. Werklik daar is vir mekaar. Karlien en Deric. Burgerd en Zita – who cares???

Asjas ·

Die grootste geskenk wat jy vir jou kinders kan gee is ‘n huis met hope liefde. Kinders waardeer dit meer as aardse dinge.

Koala ·

Ja nee glad nie respek vir die huwelik nie.
Jy groei mos saam met jou maat, maak nie saak hoe goed of sleg dit gaan nie. Ek kan getuig hiervan en my huwelik word sterker by die dag. Maar ons weet albei wie ons Verlosser is.

Amanda ·

Niks word meer heelgemaak nie.als wat breek word net weg-gegooi en nuwes gekoop….en so word die huweluk ook vandag hanteer. Dis tragies om te sien wat doen dit aan gesinne.

Hennie van der Merwe ·

‘n Baie nabyfamilielid van Burgerd het onlangs gesê dat sy kop te groot geword het vir sy lyf. Dit laat ‘n mens dink né!

Deon ·

Ek dink Zita het uiteindelik besef Burgerd loop nie die straight (and narrow) paadjie nie!

sarie van heerden ·

Bekende mense kondig aan dit en dat het met hul gebeur (bv egskeidings) en dan las hul aan dat die publiek asseblief hul privaatheid moet respekteer. Hoekom dit dan nie stilweg doen sonder enige publieke aankondigings nie.

scalla ·

Lyk my al die glanspaartjies is baie goed in sport, vernaam jukskei, as hulle jeuk dan skei hulle.

Sollie ·

SCALLA – hoe lag ek nou! Jy het my dag gemaak! Maar dis waar wat ander hier noem, trou is soos jy gaan koop ‘n t-hemp en dan pas hy nie te lekker en gaan ruil jy hom om of gooi sommer weg. Ek stem ook saam dat alles om hulle eie lekkerkry gaan, nie om saam ‘n sak sout of twee op te eet en so te leer om mekaar regtig te waardeer nie. Die spul is almal kommin met hoofletters. En dink wat kos so ‘n troue hoor! Behalwe natuurlik as een of ander kommin tydskrif dit borg sodat hulle al die foto’s en snert inligting oor wie wat gedra en wie hoe gehuil het en wie dronk was ens kan kry. SIEK!

Chris ·

Die Driehoek vergelyking is so waar, ek stem saam, bring verhale van mense wat die oor 40 plus jaar maak werk, dit is nuus en inspirerend!!!!

Val ·

Nog nooit van hulle gehoor nie…. So weet nie so mooi v d glans deel nie!

Ursula ·

Nog ‘n peroksied poppie met ronde handjies wat met haar mes en vurk verkeerd om eet. Haar “Mo” en “Po” het seker ook’n “strondhuis” in Plet. G’n man kan met hul huishou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.