Nóg ʼn gru-botsing in Mpumalanga

Die sedan se wrak. Foto: Verskaf

Drie mense is Sondag in die vroeë oggendure op slag dood toe twee voertuie reg van voor in Mpumalanga gebots het.

Moeti Mmusi, ʼn woordvoerder van die Mpumalanga- departement vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die botsing het omstreeks 04:00 tussen Karino naby Nelspruit en Tekwane-Suid plaasgevind.

“ʼn Bakkie en ʼn sedan het op die D2296-pad trompop gebots. Twee van die oorledenes was albei bestuurders van die voertuie. Die derde persoon was ʼn passasier in die bakkie. Die bestuurder van die sedan was alleen in die motor,” het Mmusi gesê.

Vyf passasiers van die bakkie het ernstige beserings opgedoen en is na die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Dié botsing volg nadat 11 mense Vrydag omstreeks 22:34 op die Nsumbeni-R538-pad tussen Hazyview en Witrivier in ʼn ongeluk dood is. Die minibustaxi het glo lede van ʼn kerkgroep na Mosambiek vervoer toe dit teen drie beeste gebots en aan die brand geslaan het.

Joseph Mabuza, ook ʼn woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê vier kinders en sewe volwassenes is dood. Vyf mense is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakelwerk in Mpumalanga, het vroeër  ʼn beroep op die polisie gedoen om die eienaar van die beeste waarteen die taxi met kerkgangers aan boord gebots het, van strafbare manslag aan te kla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gus Dry ·

Oorsaak van botsing .maklik …SPOED!!!!
Ek is daagliks op die pad in hierdie omgewing.spoed .sperstrepe rooj verkeerligte .aankomende verkeer .niks word gehoorsaam nie …..

Mara ·

Stem saam met Gus – SPOED EN ROELOSE BESTUURDERS. Gesien in die lig daarvan dat dit nog einde van die maand ook was kan DRONKBESTUUR seker nie uitgesluit word nie?

Jennifer ·

Die eienaar sal nie gevind word want verseker het die beeste nie brandmerke op nie. Ons leef elke dag saam met diere op ons nasionale pad.

Mara ·

Ek stem 100% saam met Gus – SPOED en voeg by ROEKELOSE BESTUUR en dan kan mens nog DRONKBESTUUR ook byvoeg aangesien dit einde van die maand was! GEEN VERKEERSREëLS word gehoorsaan nie…

Chris Ws ·

Ek sien ‘n sperstreep in een foto.Dis vermoedelik in ‘n draai?Indien wel het een voertuig moontlik die draai “gesny” en oor die sperstreep beweeg en so die aankomende voertuig getref.Ek moes al telkemale in ‘n draai vinnig links beweeg omdat die aankomende aap sy draai sny en ons mekaar rakelings mis.
Waar is die die Minister van Vervoer?Het ons so iemand?Hy /sy beter 100 maal meer verkeerspolisie op ons paaie kry en gou ook.Op ‘n onlangse rit op die N4 van Rustenburg tot Tenbosh naby Komatiepoort het ons 2 spoed lokvalle teegekom.Daar moes minstens 20 gewees het!Almal jaag ver vinniger as die spoedgrense.Dit maak dat so bestuurder makliker beheer kan verloor as wat die geval sal wees op ‘n stadiger spoed.Onthou net ongeveer 80 % van bestuurders op ons paaie deesdae is onbevoeg om ‘n motor te bestuur agv dat hulle op donkie karre begin het.Om dan skielik agter die stuur van ‘n duur Duitse motor of selfs ‘n goedkoper Polo in te klim maak hulle uiters gevaarlik.

Chris ·

Piet, wat is jou punt. Ek sien ook die bierblikkie, maar hy lyk vir my leeg. Kardryf in die land is ‘n kontaksport.

Bertus ·

Kyk hoe lyk die bande, glad dan kan n mens sien hoekom daar so baie ongelukke is waar Taxis betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.