Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers ontstel.
ʼn 16-jarige seun het Woensdag in absentia in die Pampierstad-landdroshof verskyn in verband met die gru-moord op ʼn 17-jarige seun.
Volgens Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, is die hofverskyning in absentia gehou aangesien die seun in ʼn hospitaal opgeneem is vir mediese evaluering.
Die 16-jarige is in hegtenis geneem nadat ʼn onthoofde lyk in ʼn sloot gevind is. Die kop van die slagoffer is later in ʼn familielid van die beskuldigde se sinkhuis gevind.
Die saak teen die beskuldigde is tot 21 September uitgestel vir verdere ondersoek. Die staat sal borgtog teenstaan weens die ernstige aard van die oortreding.
Die beskuldigde sal nadat hy ontslaan is in die jeugafdeling van die Kimberley-gevangenis aangehou word.
Die jongste moord volg nadat die liggame van Stanley (67) en Elizabeth Segae (57) op 27 Augustus in ʼn veld in Pampierstad gevind is. Hul 19-jarige seun, Tebogo Segae, is in verband met die moorde in hegtenis geneem.
Segae is vroeër borgtog geweier en moet weer op 20 Oktober in die hof verskyn.
Daar was verskeie wonde aan die Segae-egpaar se liggame en daar word vermoed dat hulle met ʼn voertuig in die veld gesleep is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Hoe doen mens dit? hoe sny jy iemand se kop af?? Ek is geskok
Dit is iets om van te huil om so iets te lees.In die eerste geval is die verdagte nog ‘n kind en het hy al ‘n moord gepleeg.Wat het dan verkeerd geloop in sy lewe.Hy moet as ‘n volwassene verhoor en gevonnis word.In die tweede geval het die verdagte sy wie ouers vermoor.Ons lewe in ‘n siek samelewing.Mag beide nooit weer vry rondloop nie want hulle is ‘n gevaar vir die samelewing en sal dit weer en weer doen.
Skokkend – bring net pakslae en straf terug, dan verdwyn hierdie manhaftigheid