Nóg ’n haatspraak-hofoorwinning vir Malema

Die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Christel Cornelissen)

Die gelykheidshof het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se hofaansoek dat die leier van die EFF, Julius Malema, aan haatspraak skuldig bevind word, Donderdagoggend van die hand gewys.

Malema het Gordhan verlede jaar “korrup” en ʼn “hond van wit monopoliekapitaal” genoem. Afgesien van dié gewraakte opmerkings, het Malema hom verlede jaar ook daarvan beskuldig dat hy swart amptenare uit staatsbeheerde ondernemings verwyder.

Gordhan het Malema hof toe gesleep oor die opmerkings.

Malema het aangevoer Gordhan se saak teen hom is vals en dat die gelykheidshof hom nie daarmee moet bemoei nie.

Regter Roland Sutherland het Gordhan se aansoek van die hand gewys en gesê terwyl die opmerkings wel hatig is, val dit nie binne die bepaalde raamwerk van die Gelykheidswet nie.

Dit is die tweede hofuitspraak oor haatspraak wat onlangs in die EFF-leier se guns beslis is.

Twee weke gelede het die hof in ʼn soortgelyke saak ook teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) beslis.

Sanef en die verslaggewers Barry Bateman, Pauli van Wyk, Adriaan Basson, Max du Preez en Ranjeni Munusamy het Malema hof toe gesleep en gevra dat hy en sy ondersteuners verbied word om joernaliste in die openbaar en op sosialemediaplatforms te intimideer.

Hulle het aangevoer Malema en sy ondersteuners pleeg haatspraak wanneer hulle met joernaliste praat, maar die hof het hul aansoek verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genieve

Regter Ronald Sutherland…REGTER!!!! so dis net hy wat aan ander kan se wat hy wil en daarvan vry kom sjoe nou het ek als gelees…wat n skande

Mb

Sou dit nou vet op die vuur veroorsaak?

Capitan

Lol, hy is bang vir Malema…

Wurmpie

So nou kan ek enige een ń hond noem

Stiks

So haatspraak is nou uit. Ons kan nou kwytraak wat ons wil