Nóg ʼn haatspraaksaak: BLF daag nie op

Foto: Solidariteit

Solidariteit se haatspraaksaak teen die BLF en Lindsay Maasdorp is vandag uitgestel nadat die BLF die hofdatum bloot geïgnoreer het.

Ten spyte van behoorlike betekening het regter Ratha Mokgoathleng ’n kennisgewing van plasing in Beeld, The Star en The Sowetan gelas omdat dit so ’n prominente saak van grondwetlike belang is en die hof die BLF se teenwoordigheid vereis. Die saak is tot 17 September 2019 uitgestel.

“Dit is maar net ’n uitstel van die onvermydelike vir Maasdorp en die BLF. Hulle dag van afrekening sal kom, en dit gaan nie vir hulle aangenaam wees nie,” sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste.

Solidariteit het die haatspraakklag teen dié party op 14 Februarie 2019 by die gelykheidshof ingedien nadat Solidariteit ’n mandaat van die slagoffers van die Driehoek-skoolramp se ouers ontvang het.

Die klag het gevolg nadat Lindsay Maasdorp, die BLF se woordvoerder, die tragiese dood van vier jong leerlinge op sosiale media gevier het. Hy het geskryf: “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white.”

Hy brei dan ook verder uit: “If our God has finally intervened and our ancestors have petitioned and seen that these white land thieves have now died then I definitely celebrate it. I celebrate the death of our enemies, their children, their cats and their dogs. That is our position.”

Andile Mngxitama, leier van die BLF, was gister in die gelykheidshof in Johannesburg waar ’n afsonderlike haatspraaksaak teen hom moes begin. Sy regspan het uit die staanspoor laat blyk dat hulle nie gereed is om met die saak voort te gaan nie.

Die saak is tot 18 en 20 September uitgestel. Mngxitama het buite die hof weer verskeie rassistiese uitlatings gemaak.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Desember 2018 klagte teen Mngxitama ingedien nadat hy in ’n toespraak op Potchefstroom moord op wit mense aangehits het.

Hy het toe onder meer gesê: “We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way…. We’ll kill their dogs. We’ll kill their cats. We’ll kill anything that comes before us.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Werner ·

Nou moet Maasdorp nie nou toegesluit word vir minagting van die hof nie o ja sy kleur is reg

Netso ·

As ñ Heidelberg regter my tuinjong kan toesluit vir 90dae vir minagting van die hof, hoekom is daar nie ñ lasbrief uitgereik om hom toe te sluit vandag nie?

Hanna Hoekom ·

Die arrogansie slaan my dronk! BLF behoort hierdie saak maklik te wen, want die regter is die “regte” kleur en dan is daar ook nog die opvatting dat donkergroen mense nie rassisties kan wees nie. Nou hoekom dan nie opdaag nie?

T ·

Yip, as dit enige iemand anders was sou hulle hulle laat arresteer het. Nou is dit maar net aanvaarbaar.

Matts ·

Maar die ou landsvlag is haatspraak…….. sommer gou gou was daar uitspraak oor daai sakie.

Peet ·

Aan ons verligte landsburgers. Dieselfde gespuis wat gister gejubel het na die uitspraak oor die ou vlag. Hulle verwag afdwinging van die uitspraak.
VANDAG daag hulle nie op vir ‘n hofverskyning nie. Minagting van die hof edelagbare – as ek dit sou doen word ek toegesluit.
EWEHANDIGHEID voor die gereg? Lyk nie so nie!

Andre Stander ·

Solank ons hulle net nie pynig en verneder en herhinner aan hulle tydperk van onderdrukking met n LandsVlag nie….

McG ·

O aarde… Die BLF was bietjie haastig uit die blokke met die ‘cat’ gedeelte wat sal doodgemaak word, want hulle is dood bang vir ‘n kat….

JohanR ·

As die ou wit was, sou ‘n lasbrief nie dadelik uitgeruik geword het nie, en halfte van die polisie mag in SA, dadelik dan vir hom gaan soek het? Wat ‘n haatlike ding om te se van enige kind, swart, bruin of wit, wat onder ‘n beton brug dood is, of vassit! Alle lewens in SA maak saak Lindsay Maasdorp, nie net swart lewens nie! Hoe kan ‘n mens enige kindjie se dood “celebrate”?

marous ·

Is dit nie in grondwetlike belang dat daar ‘n lasbrief uitgereik word nie ? Nee want die klaers is wit en hulle het geen regte nie . Dis die waarheid .

L*K ·

Dis hartseer om te sien hoe sake geprioritiseer word. Die ou vlag word verban maar haatspraak teen witmense word uitgerek.

Nel ·

Grobler, hulle is nie net finansieel bankrot nie, maar ook geestelik bankrot. Hulle luister eerder na wat die dolosse sê as om hulle aan ‘n lasbrief of die hof te steur – ’empty vessels’.

Ruiklont ·

Duidelik geen respek vir die bietjie wet en orde wat die ANC probeer handhaaf nie

Gert van Wierdapark ·

Siestog, die Bfl is lyerloos want niemand wil/kan vir hul stem nie. Dis Hoog Tyd dat hul met iets oor die kop huis toe gestuur word!

Vryheid ·

Ja wat, dinge sal vir die blanke in die land nog swaar gaan. Een van my goeie vriende het vandag sy aansoek na werk in die buiteland vandag terug ontvang. Hulle emigreer die einde van die jaar. Wens dit was Ek!!!!

Henry ·

Ons moet ons wend na die internasionale hof toe. Die howe in Suid Afrika is ook “gecapture” Ons moet die regters van die land gaan aan kla en ons kan glad nie meer hulle uitsprake aanvaar nie. Hulle tree ongrondwetlik op. Die howe sal veroorsaak dat ons regstelsels nie meer erkenning sal ontvang nie

Trojaanse Donkie ·

Die buiteland sal nooit betrokke raak nie want die klaers is wit, onthou net hulle staan bankvas agter die anc. So kom ons vergeet nou daarvan

Dries Moolman ·

Tyd dat hierdie haatsprakers summier gearresteer en toegesluit word, hulle kan hulle sake uit die tronk verdedig. Maasdorp se mos hy ondersteun verkragting indien dit ‘n wit persoon is wat deur ‘n nie-blanke verkrag word. Waar in die lewe sal daar iemand blank in hierdie land wegkom om so iets te se??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.