Nóg ʼn Harmony-mynwerker sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweede rotsbooroperateur is Maandag by een van Harmony se myne oorlede.

Die rotsbooroperateur is Maandagmiddag tydens ʼn grondstorting by die Phakisa-myn in Welkom oorlede. “Boor- en ontploffingsbedrywighede is opgeskort terwyl ondersoek ingestel word oor die voorval,” het Harmony in ʼn verklaring gesê.

Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony, het gesê die maatskappy het diep berou oor nóg ʼn noodlottige ongeluk. “My meegevoel aan sy familie en vriende.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn mynwerker is Maandag by Harmony se Kusasalethu-myn naby Carletonville dood. Hy het ook tydens ʼn grondstorting gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.