Nóg ʼn helikopter stort neer in Limpopo

Die helikopter wat neergestort het. Foto: Verskaf

Die helikopter wat neergestort het. Foto: Verskaf

Skaars ʼn dag nadat David Boul en Ronald Matsunga in ’n helikopterongeluk in Limpopo gesterf het, het nóg ʼn helikopter in dié provinsie neergestort.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die jongste ongeluk het Woensdag naby Lephalale plaasgevind. “Inligting is nog min, maar sover ons weet is twee mense lig beseer,” het Otto gesê. Geen verdere besonderhede is nog bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig Boul en Matsunga is Dinsdag dood toe die helikopter waarin hulle gevlieg het, sowat 100 km noordwes van Polokwane neergestort het. Boul was die vlieënier. ʼn Derde passasier, Phineas Sekwela, is beseer toe hy vermoedelik uit die helikopter geval of gespring en kragkabels getref het.

Die helikopter het naby die Blouberg-bergreeks neergestort toe dit glo tegniese probleme ondervind en in ʼn paal vasgevlieg het. Dit het op die grond in vlamme uitgebars.  Drie omstanders op die toneel is ook vir geringe tot matige beserings behandel nadat hulle deur wrakstukke getref is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nodige vliëniers kwalifikasie? ·

Was alles in orde, voor ongeluk plaas gevind het?

Dave ·

Kwalifikasies vlieg nie vliegtuie nie. Ervaring wel. Berge en winde wat deur dale waai en warrel het somtyds ‘n snaakse effek veral wanneer onverwags. ‘n Berig soos hierdie met geen inligting laat geen gevolgtrekkings toe nie.

Winston ·

Dit is nou baie warm en die lug dun. Sterkte hoop nie dit was ernstige beserings nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.