Nóg ’n hittegolf tref SA

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrikaners moet dié week liefs binne bly. So sê Lulama Pheme, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Pheme het bevestig dat Suid-Afrika tans ʼn hittegolf ervaar en dat warm toestande tot Donderdag in die meeste van die provinsies wat dié hittegolf ervaar – dele van Limpopo, Noordwes, Gauteng en die Vrystaat – sal voortduur. In die Wes-Kaap en die Noord-Kaap sal dié toestande egter net tot môre duur.

“Dit is as gevolg van ʼn hoëdrukstelsel wat tans ervaar word,” sê Pheme. Hoëdrukstelsels word oor die algemeen met hoër temperature geassosieer.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal Vryburg in die Noord-Kaap vyf keer dié week temperature van meer as 40 °C haal terwyl Pretoria Donderdag 42 °C sal bereik. In Bloemfontein sal die kwik môre en Woensdag tot 39 °C styg.

Pheme raai mense aan om sover moontlik binne te bly, die middagson ten alle koste te vermy en om baie vloeistowwe in te neem om dehidrasie te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Aster ·

Mense moet asb net ook aan hulle diere by die huis dink. Maak seker dat hulle genoeg water en koelte het. Probeer waterbakke onder koelte kry, diere wil nie warm water drink nie.

Marietjie Schoombee ·

Onthou waterbakke in die tuin vir die voëltjies ook!!

Cecilia Barnard ·

Ek sit basies daagliks water en broodkrummels uit v die voeltjies. Ek hoop baie mense dink daaraan om dit te doen.

Eddie ·

Alle Blanke Burgers.Hou asb enige Rassistiese uitlatings vir jouself.Kan ons nie leer om ons monde te hou nie.Ons weet waaroor dit gaan.ASB,bly net stil.Ons maak net skades.Kyk wat gebeur nou. Aitog.

Henri ·

Daar was ‘n “sun flare” vroeg in Desember op die son. ‘n Groter vlam as gewoonlik die geval. Gewoonlik het die ‘n baie groot impak op die aarde wat betref die hitte ens. Dit beinvloed omtrent alles, elektristeit, radio en internet en uiteraard ons weer. Ek gee vir u die skakel, gaan kyk gerus na die You Tube video.
https://www.youtube.com/watch?v=sh67PKwhnT8 of gaan kyk op You Tube solar flares.
Die ander aspek wat die weer wereldwyd raak is ‘n program wat die Amerikaners tans mee besig is en dit die HAARP program Hulle spuit ‘n elektriese chemikalie in die atmosfeer wat met elektro magnetisme beheer word. Daar is groot velde waar “plant” op staan en vanwaar die “wolke” beheer kan word. Hierdie sogenaamde El Nino Effek is deur die wetenskaplikes geskep om die wereld se seisoene en klimaat te kan beheer. Dit is nie ‘n natuurlike verskynsel nie, maar is deur die mens gemaak om te kan beheer. Tekens van die laaste tye. Bybel gesproke.

frans ·

Heti me eskom nodig nie dis so warm jy kan.die kospote net buite sit en later kom haal en opskep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.