Nóg ʼn hittegolf vir drie provinsies

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van drie provinsies in die land moet hulle staal vir nog ʼn hittegolf hierdie week met temperature wat tot meer as 40 grade Celsius kan styg.

Weervoorspellers het Maandag gewaarsku dat ʼn hittegolf tot die einde van die week in Gauteng, die Wes-Kaap en Limpopo sal heers. Gauteng en die Wes-Kaap se temperature sal in die hoë 30 grade Celsius draai, terwyl die temperatuur in Limpopo bo 40 grade Celsius sal wees.

Dipuo Tawana, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het ʼn beroep op die mense in hierdie drie provinsies gedoen om veral in die middag uit die son te bly. “Dit sal dan die warmste tyd van die dag wees. Mense – en veral kinders – moet hulle dus nie dan aan die sonlig blootstel nie,” het Tawana gesê.

Suid-Afrika het in die afgelope paar maande verskeie kere onder ʼn hittegolf deurgeloop wat soms selfs mense se lewe geëis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ludwig ·

Hittegoilf in die Wes-Kaap? Met temperature hoog in die 30°? Nee, hierlangs is dit vir ons net aangenaam warm, want die afgelope week of twee het ons konstant by 44° plus gedraai, en dít was warm. Selfs verby die weerburpo se nuwe trapope van vergekyking van “warm, baie warm, bloedig warm, buitengewoon warm”. Hier by ons het dit by hels warm verbygetrek! Saans maak ons ‘n braaivuurtjie om bietjie af te koel.

Ludwig ·

Hittegolf? Temperature in die 30°? Nee, hier in die Wes-Kaapa is dit net so effens warm vir ons, want ons was die afgelope week of twee gewoond aan temperature van 44° plus. Ons het skoon verby die Weerburo se trappe van vergelyking beweeg van “warm, baie warm, bloedig warm, buitengwoon warm”. Ons het “hels warm” gehaal. Saans maak ons maar ‘n braaivuurtjie om so bietjie af te koel.

Liza ·

Ek is seker daar is net ‘n doringdraad tussen Limpopo en die HEL!

anon ·

liza ek stem ek bly in limpopo daar waar di son di 7 soorte dinges uit jou uit brand

SNEL ·

Die Almagtige God en Enigste lewende God, praat in die Bybel dat mense in die laaste dae van struikel gebring sal word, en van ongeregtigheid wat sal vermeerder en liefde wat verkoel.
Omdat mense nie die Bybel ken nie en ook nie besef dat dit net moeiliker en moeiliker in die laaste dae sal gaan nie, sal hulle die vraag vra “waar is God”, maar in hulle onkunde sal hulle vir ander tot n val wees, want so sal ander wat nie standvastig is in geloof nie en ook nie die Bybel goed ken nie ook daardie vraag begin vra en twyfel gaan by hulle ontstaan. Volgende wat gaan gebeur is dat hulle sê die Here bestaan, hy is hier of daar te sien, maar dis nog n aanslag van die vyand. As die Here kom, sal elke oog Hom sien, so bly maar waar julle is, want dit is nie Hy nie. Mattheus 24:13 sê, Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. So laat ons glad nie glo ons kom van n groot kaboem (big bang) af nie en nog minder dat ons van n aap afstam (evolusie) ons is gemaak na die Beeld van God. Laat ons eerder besef ons God sal ons deur alles dra en krag gee om dit te hanteer en ons fokus moet op die Ewigheid wees (waar jou skat is, daar sal jou hart wees) EN LAAT ONS BID VIR MEDEGELOWIGES OM STAANDE TE BLY deur alles (veral die moeilike tye as ons omstandighede en dinge wat met ons gebeur die mat onder ons uitpluk) en om TE VOLHARD tot die einde toe. Beskaamd sal die staan wat sekere sinnelose goed kwytraak, hulle knieë sal ook nog voor die God buig wat hulle so wil verkleineer. Maranatha, die Here se koms kom nader, laat ons vasstaan.

Believer ·

God se koms is bitter naby, ons is nou in die laaste dae, hierdie is alles tekens soos wat in die bybel voorspel word, as jy nog nooit geglo het nie, moet jy nou glo, repent repent repent..El nino?? hahaha, nee God!!

Eddie ·

SNEL waar woorde wat jy daar praat. Die mens dink nie aan al die tekens wat besig is om te gebeur nie. Maak jou oe oop en begin sien dat die einde naby is en hoop jy word nie agter gelos nie. Maar weereens sal jy die kry wat teen alles sal bakly. Ek voel werklik jammer vir hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.