Nóg ʼn hospitaal deur boewe geteiken

Die doktershuise op die perseel van die Letaba-hsopitaal op Tzaneen waarop die aanvallers vroeg Donderdagoggend toegeslaan het. Foto SAPD

Gewapende rowers het Saterdagoggend vroeg by nog ʼn hospitaal in Limpopo toegeslaan.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie loof nou ʼn beloning van R100 000 uit vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die oortreders van die twee aanvalle dié week kan lei.

In Saterdagoggend se voorval het gewapende rowers by die dokterskwartiere by die Lebowakgomo-hospitaal buite Polokwane toegeslaan. Die sewe verdagtes het ingebreek en dokters van geld, selfone en skootrekenaars beroof. Die verdagtes het deur ʼn betonheining gebreek om toegang tot die perseel te kry.

Dit kom na Donderdagoggend se voorval by die Letaba-hospitaal buite Tzaneen waartydens twee dokters geskiet is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het reeds die 72 uur-aksieplan in werking gestel om die oortreders op te spoor.

“Die provinsiale taakspan, wat deur ʼn generaal‑majoor gelei word, is reeds hard op soek na die verdagtes in verband met die aanval by die Letaba-hospitaal. Dieselfde taakspan sal ook die ondersoek na vanoggend se voorval by die Lebowakgomo-hospitaal oorneem,” het Mojapelo gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorvalle kan brig. James Esbach by 082 576 0743 kontak of kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wilma ·

Almal weet mos kriminele het te veel regte daarom sal misdaad net aanhou. Govt moet begin optree en ook grondwet rakende kriminele verander

Michael ·

Ek stem saam jou Wilma maar dit sal hulle stemme kos. wat se siek party.

Michael ·

OOOO!!!!die misdadigers maak n bespoting van die ANC se beleid. kan jy dit oor vertel.

Kyk na my plek ·

As die dokters so na hul perseel kyk wil ek nie weet hoe hulle na hulle hospitaaltake kyk nie. Onkruid, oorgroei. Tipies ANC leierskap.

Alida ·

Wie se daar was onkruid? Die staat is veronderstel om mense te he wat die hospitaalperseel asook die verblyf kwartiere buite netjies te hou.

Eve ·

Daai is nie die dokters se eiendom nie. Dit is die hospitaal se dokters kwartiere. Dokters word na sulke plekke toe gestuur vir hulle gemeenskapsdiens jaar. As jy weet watse verskriklike ure ons werk, sal jy verstaan hoekom daar nie tyd is vir bossies uit trek nie.

Regtig ·

Die dokters is daar om in die hospitaal te werk, nie om bossies in die tuine uit te trek nie. Regtig!

Kfn ·

Hoop net die Generaal-Majoor was nie 3 jaar gelede nog ‘n konstabel nie.?

Koos ·

Ag shame. Die mense het seker maar mediese hulp nodig. Of Dalk sal hulle een dag dit nodig he en dan is daar nie dokters vir hulle nie.

Johan H. ·

Hardloop!! die genl.majoor gaan julle vang.dis reg kom bietjie uit agter die lessenaar en verdien bietjie daaie salaris. 72 uur aksie plan hier kom ons, tot die stene bewe.

Eish ·

Hoe moet drs met hulle ure wat hul werk, nog na tuin omsien? Bied jou hulp aan kyk na my plek!

Bekommerde ·

My verstand kan dit nie verstaan nie – hoekom mense vermoor wat jy nodig het?

Dalk moet daar op skool aan kinders verduidelik word wat is respek – dat ons almal mekaar nodig het – dat almal belangrik geag word van die skoonmaker tot die dokter.

Dalk werk ons met statistieke verkeerd – kom ons begin bekend maak hoeveel mense is werkloos agv 1 persoon wat nie meer daar is om werk te verskaf nie

bv 1 oorlede – 1 werk geleentheid minder – 6 mense sonder voeding

Asterix ·

Hulle het seker maar net Cuban cigars gesoek by daai Cuban dokters.

verstand te bowe ·

72 uur aksie regtig!! Maar watse aksie plan is daar vir plaas aanvalle!! Die Dr’s lewer wel n diens maar ons boere sit kos op die tafel en verskaf werk aan duisende!! Hoekom is daar nie ook n 72 uur aksie plan vir plaas aanvalle nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.