Nóg ʼn hou vir Woolworths

Woolworths is opdrag gegee om die verpakking van hul toebroodjieham te verander. (Foto: www.woolworths.co.za)

Woolworths Suid-Afrika is vir die derde keer in net ʼn paar weke met rooi gesigte gelaat nadat die advertensiebeheerraad (ARB) vandeesweek beslis het die verpakking van sy toebroodjieham is misleidend en moet verander word.

Jean Naude, ʼn verbruiker, het ʼn klag by die ARB ingedien oor Woolworths se ham waarop daar ʼn stempel aangebring is wat dié produk beskryf as “South Africa 100% Pork”. Naude het aangevoer Woolworths probeer voorgee die inhoud van die pakkie is 100% vark, terwyl die bestanddelelys aandui dat die ham slegs uit 70% vark bestaan.

Woolworths voer egter aan dat dié stempel bloot ten doel het om aan te dui dat 100% van die vark wat in die produk gebruik word Suid-Afrikaanse vark is.

Die ARB het egter nie hiermee saamgestem nie en meen die stempel kan klante mislei om te dink dat die produk uit 100% vark bestaan. Die raad wys in sy beslissing spesifiek daarop dat die pakkie nie aandui dit is “100% South African Pork” nie, maar dat daar bloot staan “South Africa”.

Die ARB het beklemtoon dat Woolworths nie oortree deur net 70% vark in sy toebroodjieham te gebruik nie, maar dat die verpakking wel misleidend is.

Die winkelgroep is opdrag gegee om die advertensie van die produk met sy huidige verpakking onmiddellik te staak en die verpakking van die produk binne drie maande te verander.

Woolworths se Valentynsdagbemarkingsveldtog wat talle warm onder die kraag gehad het. (Foto: Twitter)

Net enkele weke gelede het Woolworths ook ʼn Valentynsdagbemarkingsveldtog gekanselleer nadat sosialemediagebruikers daarteen uitgevaar het en dit as stereotipering en seksisme bestempel het.

Die veldtog het ʼn lys goed genoem wat mans en vroue “tipies verkeerd doen in verhoudings” soos “hy maak planne sonder om jou te sê, hy ken nie die titel van julle liedjie nie”, en “sy bestel slaai en steel dan jou skyfies, sy gebruik jou skeermes om haar beenhare mee te skeer”. Die lyste eindig dan onderskeidelik met die woorde “Sy is die lig van jou lewe” en “Hy is die man van jou drome”.

Woolworths het gesê die bemarkingsveldtog is tong-in-die-kies bedoel en was nie ʼn poging om geslagstereotipering toe te pas nie.

Dit kom nadat Woolworths verlede maand in die spervuur was nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die ontwerp van Ubuntu Baba se bababuidel gesteel het. Die herrie het daartoe gelei dat die bababuidel aan Woolworths se rakke onttrek is.

Woolworths het sedertdien besluit om al die bababuidels wat onttrek is onder minderbevoorregte gemeenskappe te versprei en om die winste van die bababuidels wat reeds verkoop is te verdeel tussen Ubuntu Baba en ʼn instansie wat klein- en mediumgrootte sakeondernemings ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

SjN ·

Hul advertensies is baie misleidend , party vleise se prys is byvoorbeeld per 400 of 100 gram en dan klink dit baie goedkoop maar omreken na Kg is dit peperduur.

Ja regtig ·

As die ARB nie hulle werk doen nie is dit ook nie goed genoeg nie. Wees dankbaar daar is nog ‘n beheerliggaam wat hulle werk doen.

Cherokee ·

Met no 1 en 3 stem ek 100% (nie 70% maar 100%) saam maar no 2 is belaglik om oor te kla. Ek is geen Woolworths kliënt maar dit is duidelik dat no 2 tong in die kies gedoen is.

Hennie ·

Mnr die verbruiker jy slaan die bal heeltemal mis . Kyk en lees die die bestandele lys weer aandagtig deur die feit dat die vark 70persent van die bestandele is ,is n teken dat 30persent van die toebroodjie bestaan uit brood en ander produkte . Die 100 persent vark beteken dit is nie gemeng met n ander tipe vleis nie die stempel gee dus n beskrywing van die vleis nl 100 persent vark vleis van SA . Dit was nou Totaal ongevraag om hulle aan te gee ,daar is niks fout met die beskrywing of bestandele lys nie. Geen misleiding hoegenaamd nie. Neem net kennis ek is NIE n werknemer van.Woolworths nie net ook n eind verbruiker

Cherokee ·

..en watter toebroodjie bestaan uit net 30% brood en ander vulsels? Volgens jou is die vleis meer as die brood.

Mariné Lourens ·

Dagsê Sue

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat dit nie ‘n toebroodjie is nie, maar toebroodjieham (“sandwich ham”). Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Mariné, jou regstelling moes gerig gewees het aan Hennie en nie aan Sue. Sy reageer bloot op sy misvatting. (In hierdie sin geld sy beurtelings vir man en vrou!)

Hennie ·

Hi jammer dis my fout net nog n bewys hoe vinnig kan verwarring plaasvind omdat n mens nie ordentlik lees waaroor dit gaan nie.?.

Hennie ·

Die die 70persent verwys na n spesifieke tipe produk soos bv n ham toebroodjie dis nie net ham nie maar ander bestandele ook om n toebroodjie mee te maak

Hennie ·

Cherokee myne bestaaln uit 70persent vleis lekker man lekker??

Cherokee ·

Hehee..dais ‘n hamburger, nie ‘n toebroodjie, Hennie :-)))

Honger ·

My toebroodjies bestaan ook ten minste 70-90% uit vulsel. Ek gebruik soms ‘n sosatie stokkie om die broodjie regop te hou. ;-) Die snye brood moet net daar wees sodat jy kan sien hoe wyd jy jou mond moet oopmaak om te hap.

Johan ·

Gelukkig koop ek niks by Woolworths nie. .jy sien nooit n wit gesig agter hul toonbank nie. Maar die winkels is vol wit kliènte

Melanie ·

Ek stem saam Johan. Daar is geen blankes agter die toonbank nie, maak nie saak waar mens inkopies doen nie. Onlangs by die bank het ek net een wit gesig gesien. Die jong man het eintlik snaaks gelyk so tussen die ander lot. Op ‘n meer positiewe lig maak ek my eie huis skoon. Kan nie iemand bekostig nie.

Elizabeth ·

Johan, presies my punt. Ek ondersteun nie vir Woolies nie, want hulle diskrimineer teen die mense wat hulle die meeste ondersteun – byt die hand wat vir hulle kosgee. Deesdae is daar baie ander winkelgroepe wat net sulke goeie produkte aanhou teen BAIE BETER pryse.

bollie ·

Ek sien geen wit gesigte by ons plaaslike P’nP en Shoprite nie. Baie selde ‘n wit vrou wat dalk aflos. Definitief geen wit mans nie, hulle word verban.

So what ·

Ek verstaan, mag blankes nou net koop of winkels ondersteun met blanke kassiere? Nee wat, ek steur my nie aan sulke nonsens nie. Ken in elk geval bitter min winkels met blanke kassiere. Dalk so een hier en daar. Blankes is mos te belangrik vir sulke werke…

nannie ·

Ek koop by woolworths my groente en vrugte agv beter kwaliteit vir my. Hulle pryse is net so goed soos enige ander winkel sin. Hou langer in die yskas. Ek het al by verskeie winkels groente en vrugte gekoop en na n week moes ek dit weggooi. Daar is witkassiere hier. Ek is n woollies ondersteuner!!!!!!!!!!!

Corene ·

Gee wizz, get a LIFE! Jy is duidelik baie verveeld en alleen Mnr. Verbruiker

Radioaktief ·

Woolworths se vars produkte hou so lekker lank want dit word bestraal. Feit.

Anton ·

Wie anders as staatsamptenare kan/wil nog by die plek inkopies doen?
Probeer n werk daar kry. Vir my is dit verbasend dat hulle nog alkohol en vark verkoop aangesien meeste van hul werknemers moslem is……

Shelley ·

Dus nou nie n mooi comment nie. Dit het niks te doen met Ras of kleur nie. Ek voel Woolworths moes eder gesê het. Made from South African Pork .

Cherokee ·

Shelley, ek het geglimlag vir Anton se raakvatting. Niks verkeerd met sy kommentaar nie. In hierdie land het absoluut omtrent alles te doen met ras en kleur. Tensy jy gelyke hoeveelheid wit werkers daar sien het dit wel te doen met ras en kleur.

Wonder ·

Cherokee, hoe kan jy ‘n gelyke hoeveelheid blankes en swart mense wil sien as blankes so ‘n klein persentasie van ons bevolking is. Skrik wakker – ons bly in Suid-AFRIKA!

Cherokee ·

Wonder, keer op keer het ek in hierdie forums uitgewys dat die ‘word wakker’ skreeuers juis júlle is wat van aan die slaap is.

LouE ·

Die mense kla nou regtig oor beuselagtighede. Daar is regtig iets beters om te doen.

Petro ·

Ek kry net bietjie lekker as die groot ouens pakslae kry… Ons op klein skaal moet heeltyd op eiers loop ?

Barry ·

Jean Naude kla oor ‘n verdagte %-aanduiding op ‘n verpakking!
Intussen word babas (aborteer) en boere vermoor…
En: perlemoen uitgewis ! (Ek woon in die Overstrand.)

Loraine ·

Liewe genade maar ons mense kan hul ophou met beuselagtighede. Kry ‘n lewe. Gaan tekere oor die hoë vlakke van misdaad, die ekonomie wat n riller is, die toestand van die land se paaie ens ens. Nou hanna almal oor ‘n flippen verpakking!!!!!

Help Tog! ·

Oeee genade! Nooit gedink in die jaar 2019 sal ons tog SO sensitief wees oor n Valentynsdag plakkaat nie. Ek is bang vir 2030. Mense gaan jou dan hof toe sleep as jy hulle groet of hul waarsku dat hul skoenveter los is.

Attie ·

Supermarkte in SA is almal ‘n klomp opportuniste. Ook die rede waarom SAkaners swaar kry, want hul maak reuse wins uit peperduur produkte. Die kwaliteit van produkte taan ook. Skreiende skande dat ons sub-standaard kwaliteit moet koop…want daar is nie n alternatief nie.

pieter ·

Koop nie by hulle nie,belaglik duur.Net die snobs koop in elk geval da sodat hul kan spog by vriende dat hulle da was.!!!

Sirkus ·

Aangesien EK die koper in beheer van my geld/kaart is en ek lees iets op ‘n produk etiket wat my aanstaan of nie aanstaan, is dit my eie keuse om dit te koop of nie. Die verskil tussen kopers in Suid-Afrika en kopers in bv Kanada is, dat wanneer daai mense ongelukkig is met kospryse, winkel beleid, advertensies staan gewone jan publiek saam en boikot die winkel totdat hy voldoen aan wat die kopers wil hê. As pryse belaglik hoog raak doen die kopers dieselfde. Daar word nie rassisme, beledigings en afkraak metodes gebruik nie …. die mense staan net saam en kry ‘n saak reg. Na als gesê is, maak ons self keuses met als in die lewe. Skryf ‘n e-pos aan Woolworths/Checkers/Spur/Cash Build en sê jou sê, en dan doen jy wat jy moet doen. Gaan koop ‘n ander produk by ‘n ander winkel. Ons die kopers/gebruikers is magtiger as wat ons besef.

Bert ·

Al die kenners wat hier kommentaar lewer…gaan lees die etiketeringregulasies van die Voedselwet. Vra die vraag…is dit nie geskryf om die verbruiker te beskerm nie, selfs teen misleidende advertering en vals aansprake?

E.K. die eerste ·

Ai…kermkouse. Ek is en bly ‘n Woolies girl. Ek werk hard vir my geld en spandeer waar ek wil in skoon mooi winkels soos Woolies. Die wat so kerm gaan maar waar jul wil – waar OOK nie wittes die tille slaat nie. Om nou oor SO stupid rede nie daar te wil koop!

Katerina ·

Ja ek dink ook dis n stupid rede om nie daar te koop nie. Pick+Pay, Spar,etc het ook nie wit kassiere nie. Ek koop nie by Woolies nie oor die hoe pryse. As jy enkellopend is en n goeie salaris kry, of getroud is met n ryk ou kan mens seker maar daar koop maar vir “average” mense met kinders is hulle net te duur.

Cherokee ·

EK, die eerste… dit mag wel beteken Ester Koekemoer maar die vermoede bly staan dat dit beteken EK is eerste.

Asseblief ·

Julle kan nou so gou gal afgaan van wit wat nie as kassiere in winkels gesien word nie. Kom bietjie hier na die platteland. Wit wil nie so lank vir bietjies geld werk nie. Want hulle betaal hul eie woonstelle en petrol is te duur. Ander kleuriges maak gebruik van openbare vervoer of stap. Party tot 3 kilometer maar hulle werk steeds. Kom platteland toe dan sien julle hoe werk wit man en vrou saam vir een maatskappy. Gewoonlik eenmansake. Tot die kinders word in diens geneem vakansie tye. Ek sê Manet

Kyknounet ·

Ek het verlede week ‘n loodgieter nodig gehad. Baie blanke mans is werkloos en ek besluit toe om ‘n blanke te ondersteun. Sy kwotasie was amper twee keer soveel as ‘n swart loodgieter s’n. Ek het toe maar die swart loodgieter betaal. Ek is baie tevrede met sy werk.

Erg beswaard ·

Dit het mode geword om beswaard te wees. Indien dinge nie verloop soos EK dit wil hê nie dan voel ek verontreg en beswaard. Ek eis dat dit reggestel word om MY te pas. Toeeiening is wat dit genoem word.

Anti-Negatief ·

Sjoe ek kan nie glo dat mense hulle kan ophou met sulke beuselagtighede nie! Daar is seker ander en meer relevante probleme om oor te kla as die bewoording op ‘n verpakking! En dan die bewoording van die advertensie vir Valentynsdag……niks mee verkeerd nie. Dit is tong in die kies. Lyk my Suid – Afrikaners het hul sin vir humor ook verloor en dit is ‘n jammerte. Dit is nie nodig om alles so ernstig op te neem en ‘n bohaai daaroor te maak nie! “Lighten up” en lag vir klein dingetjies in die lewe…..

Stripes ·

Iets wat my pla is dat ek nie in ‘n Moslem land bly nie en ek is ook nie ‘n Moslem nie maar op alle verpakkings is die halaal stempel wat beteken dit is voorberei volgens Moslem standaarde. SA heuning, Ouma beskuit, lekkergoed………. maar ek is verplig om dit te koop want daar is niks anders beskikbaar nie. Is RSA dan so bang om die Moslems in die land ongelukkig te maak? Ek wag nou maar vir die Sjinese om oor te neem.

Theresa ·

Ek koop met liefde liewer daai Halaal produk. Watter godsdienspraktyk dit nou ookal ondersteun of betelen, daai Halaal kos is baie skoner en beter hanteer – gaan lees maar daaroor.

Klaers en Klaagsters ·

Hoekom is Suid Afrikaners so suur en kla oor ALLES? Een van die dae is daar NIKS meer oor om oor te kla nie. Dan gaan die Klaers en Klaagsters wens dat daar steeds ‘n Woolworths is in ‘n onderontwikkelde Afrika land soos Suid-Afrika. Besef hierdie professionele Klaers en Klaagsters dat hulle in ‘n Afrika land woon wat bitter vining, selfs oornag, ten gronde kan gaan?

Woolworths as ek julle is vat ek bitter vinnig my beleggings, belê en bedryf besigheid in ‘n eerste wêreldse land soos Australië waar mense ontwikkeld, emosioneel volwasse en uitsonderlikheid en kwaliteit gewoond is.

Leah ·

Plaas dat hulle eerder vir Woolworths aanvat oor hulle oormatige gebruik van plastiek. As jy bv hoenderborsies koop, is elke borsie individueel toegedraai in plastiek, dan is dit verpak in ‘n plastiek of polistireen houer en weer toegedraai met plastiek. Hierdie is slegs een voorbeeld – daar is nog talle.

Woolworths is PUIK ·

Liewe Hemel Mense julle bly en leef in ‘n arm onderontwikkelde Afrika land!!! Ten minste is hier nog ‘n kwaliteit winkel soos Woolworths! Vir hoe lank nog weet ek nie. Hou op KLA en KLA oor onbenullighede en snert!!

Judge Dredd ·

Woolworths is te duur – punt.
En hulle produkte kom uit dieselfde chinese fabrieke as ander winkels.

ChrisE ·

Ek verbaas my partykeer as die mense so kla en kerm oor die pryse. Die petrolprys waaroor almal so kla pla my glad nie. Ek gooi elke keer net R100 se petrol in.

Liberaal ·

Julle gewone mense moet nie vrae vra nie, koop net, hierdie reuse maatskappy doen wondere om kleinsakemense en gewone mense soos julle uit die weg te druk. As julle nie daarvan hou nie hou op daar koop.

Muffin ·

Julle almal kerm oor nonsens.
Wil vir my voirkom julle het niks om te doen nie.

Verveeld ·

Ag dit gee mens iets om te doen terwyl jy wag vir die krag en tv om weer aan te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.