Declan Nurse, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Knysna, het gesê Caleb Swanepoel se regterbeen is afgebyt tydens die aanval. Volgens Nurse was ʼn plaaslike dokter, Dee Richmond, ten tyde van die voorval saam met haar man op die strand en het sy Swanepoel begin behandel.
Swanepoel het ook diep snywonde aan sy linkerbeen opgedoen toe hy op sy branderplank deur ʼn haai aangeval is. “Caleb is deur ander branderplankryers uit die water gered. Die NSRI het met hul aankoms op die toneel behandeling oorgeneem en Caleb is op ʼn branderplank na die parkeerarea gedra waar ʼn ambulans van ER24 gewag het,” het Nurse gesê.
ʼn Helikopter is intussen ontbied en Swanepoel is na die Mediclinic George geneem vir verdere behandeling. Volgens Nurse is Swanepoel van Prins Albert en hy was saam met sy gesin met vakansie gewees. Nurse het gesê Swanepoel is vermoedelik deur ʼn grootwithaai aangeval.
Die 23-jarige Dylan Reddering, ook ʼn student aan die Universiteit van Kaapstad, is Vrydagmiddag deur ʼn haai aangeval by Look-out-strand in Plettenbergbaai (lees meer hier).
Wat gaan nou aan met die haaie, dat hul so verdomp byterig raak???