Nog ʼn Ikeys-student sterf

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het bekend gemaak dat een van sy studente Donderdag dood is.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het gesê Khanyile Simamukele, ʼn derdejaarstudent in geslagstudies en antropologie, het omstreeks 22:45 van die sesde verdieping van die Forest Hill-woonstelblok na haar dood geval.

“Die nooddienste is onmiddellik na die toneel ontbied en paramedici het haar probeer bybring maar sy is op die toneel dood verklaar.” Kruger het gesê die presiese omstandighede rondom Simamukele se dood is nie bekend nie en word ondersoek.

“Ons wil nie hieroor spekuleer of feite aanvaar wat nie akkuraat is nie. Dit is belangrik dat die ondersoek afgehandel word sodat ons presies kan uitvind wat gebeur het,” het Kruger gesê.

Die universiteit het vroeër die week bekend gemaak dat twee van sy studente in twee afsonderlike voorvalle dood is. Madiba Mosimanegape Boyz Madiba, ʼn eerstejaarstudent van Alberton, het Saterdag verdrink tydens ʼn oefensessie saam met die UK-roeiklub by die Misverstanddam. Sivuyile Nicholas Kolisi, ʼn ingenieurstudent, is in Februarie in ʼn kaping in Gauteng vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.