Nog ʼn Ikeys-student verkrag

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het bevestig dat nog ʼn student wreed aangeval en verkrag is.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het gesê die voorval het Dinsdagaand plaasgevind. “Die student het in die gebied naby die brug by Princess Anne-weg in Newlands gedraf toe ’n man haar aangeval, met ʼn mes gedreig en erg aangerand het. Hy het haar in die bosse ingetrek in die rigting van die gebied naby die Rhodes-gedenkteken. Die man het haar vir ure aangehou en verkrag. Hy het haar later gedwing om na ’n vulstasie te stap en toe kon sy daarin slaag om te ontsnap en hulp te ontbied.”

Volgens Kruger is die universiteit eers laat Woensdagaand van die voorval in kennis gestel. “Hoewel ons nie seker kan wees nie, blyk dit dat daar ooreenkomste is met die drie vorige aanvalle wat naby die Rhodes-gedenkteken plaasgevind het en dat dit moontlik dieselfde persoon is wat die misdade gepleeg het.”

Kruger het gesê die student wat by die mees onlangse voorval betrokke was, is in die hospitaal opgeneem en dat die universiteit haar bystaan. “UK werk ook nou saam met die polisie aangesien ons weet die soektog na die aanvaller gaan voort in alle erns. Ons deel in die pyn van elkeen wat so aangeval en geskend word.”

Volgens Kruger doen die universiteit alles in sy vermoë om studente en personeel te beskerm. “Die werklikheid is ongelukkig dat ons nie elke dag die bewegings van 35 000 mense kan monitor nie. Dit is ’n gruwelike gedagte dat die persoon enige oomblik weer kan toeslaan.”

Kruger het studente gemaan om versigtig en bewus van hul omgewing te wees. Kruger het gesê die universiteit het intussen ʼn reaksiespan vir seksuele aanrandings op die been gebring om bystand aan studente te verskaf.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodes-gedenkteken op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Uncle Buck ·

Ja en nou maak dit die verkragting baie draagliker vir die dame en waarom nou eers. Sies

Lynet ·

Dit gaan my verstant te bowe. Dit is nou al hoe lank nuus so moet nie alleen gaan draf of stap nie. Vermy die area as jy dan wil draf of stap. Sterkte aan die dame en hoop sy kry genoeg ondersteuning. ANDER STUDENTE BLY WEG VAN DIE AREA!!!!!

Michael ·

Die hoeveelste slagoffer is dit nou in dieselfde area wanneer beoog die polisie om proaktief te wees en die skuldige te arresteer

Thea ·

Universiteit is ook nie meer wat dit was 20 jaar gelede nie. Dinge gaan nie verander nie dit gaan net slegter word. Dogters nie eers meer veilig in die skole nie, weeet nie wanneer iemand iets hier aan gaan doen nie …. Hulle doen n et wat hulle wil

Uit die Ooste ·

Thea ek is bly jy se dat dinge net erger gaan raak. Jy is 100 % korrek. Ek glo nie die mense in SA besef wat is aan die gebeur nie. Kom ek se jou nou die land SA is in sy m–r.
En die ergste is nie jy of ek sal dit kan verander nie.

Laurika ·

Mens moet ook kyk na die slagoffers – dalk Afrikaans sprekendes? Dalk rede vir die aanvalle….

m ·

Duidelik is daar ‘n mal mens los in daai gebied. Hoop hulle vang die gemors baie gou.

matie willemse ·

Aan alle Afrikaans sprekende dames, verlaat alle universiteite, EFF het mos gedreig dis wat hulle gaan doen, laat die Universiteite hulle fout agterkom, hulle gaan nie oorleef nie, veral nie op “free fees” nie, dis mos wat hulle wil hê. Ek waarsku julle, verlaat die gemors. Probeer oorsee se afstandsonderrig, in elk geval dit word wêrelwyd erken en nie soos die gemors waarmee ons sit en dit beteken niks nie, julle mors net tyd en kosbare geld wat skaars en of niks beteken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.