Nog ‘n inbraak by Interpol-kantore

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Donderdag bekend gemaak dat daar weer by die kantore wat deur die Valke en Interpol gebruik word, ingebreek is.

Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, het in ‘n SMS aan Sapa gesê dat hulle die saak ondersoek.

“Ons vermoed dit is gedoen deur mense wat gereeld ons kantore besoek. Die gebou het verskeie huurders. Die Valke en Interpol is van die huurders.”

Mokgale sê hulle het Maandag besef daar is by die kantore, wat in Pretoria geleë is, ingebreek.

Daar is ook verlede maand by die kantore ingebreek. Talle items waaronder skootrekenaars, kameras en tablette is gesteel.

Die Sowetan het destyds berig dat die skootrekenaars wat gesteel is, glo sensitiewe inligting oor die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se ondersoek bevat.

Een van die skootrekenaars wat gesteel is, behoort glo aan ʼn beampte wat betrokke was by George Louca se uitlewering van Ciprus na Suid-Afrika.

Louca word aangekla van die moord op Teazers-baas Lolly Jackson.

Makgale het die Sowetan se bewerings as “bespiegeling” afgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.