Nóg ʼn informele nedersetting in Wes-Kaap in vlamme gehul

Foto: Verskaf

Twee gebiede in die Nomzamo- informele nedersetting naby Strand in die Wes-Kaap is in vlamme gehul toe ʼn brand uitgebreek en talle strukture vernietig het.

Volgens Samuel Freeman, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van rampbestuur, is sowat 49 strukture deur die brand wat in Solly’s Town uitgebreek het, vernietig. Omtrent 124 mense is deur die brand geraak.

’n Brand wat in die New Village-gebied in dieselfde nedersetting gewoed het, het 96 strukture in puin gelê en 226 mense beseer of dakloos gelaat.

Freeman sê ʼn totaal van ses brandweerwaens, drie watertenkwaens en ʼn reddingsvoertuig saam met 38 personeellede was op die toneel. “Ek kan bevestig dat die brand in Solly’s Town geblus is.”

Foto: Verskaka

Die Suid-Afrikaanse Sosiale Sekuriteitsagentskap (Sassa) is in kennis gestel om humanitêre verligting te verleen. Die departement van vasteafvalbestuur is tans op die toneel om op te ruim.

Maroela Media het vroeër berig dat nóg twee brande Woensdagoggend in twee aparte informele nedersetting in Kaapstad uitgebreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Muffin ·

Ek dink die brand word veroorsaak deur onwettige kragkoppelings.

PJC ·

Hierdie plakkerskampe is ń nagmêrrie vir brandbestryders want weens die manier wat strukture opgerig word kan niemand daar inbeweeg om brande te bestry nie. Pogings van die owerhede om dit reg te stel word egter nie aanvaar deur die gemeenskappe nie so ek dink nie hulle verdien enige hulp of simpatie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.