Nóg ’n Intercape-busbestuurder geskiet

Intercape busse. (Foto: Intercape/Facebook)

’n Busbestuurder van Intercape is die naweek buite dié busdiens se depot in Airport Industria in Kaapstad geskiet.

Dié voorval volg enkele maande nadat ’n ander busbestuurder, Bangikhaya Machana (35), in April by dieselfde depot doodgeskiet is. Intercape sê nou vele beroepe op die regering om in te gryp en busbestuurders te beskerm, het op dowe ore geval.

Die jongste slagoffer is Sondagaand met ’n skietwond na ’n hospitaal gehaas waar ’n noodoperasie op hom uitgevoer is. “Hy is tans in ’n stabiele toestand,” sê Johann Ferreira, uitvoerende hoof van Intercape.

Polisiebeamptes van Bishop Lavis is Sondag omstreeks 18:30 na die depot op die hoek van Morris- en Montrealweg ontbied. Die beamptes het met hul aankoms op die toneel ’n bus in die pad aangetref.

“Volgens berigte was die bestuurder en sy assistent op pad na Kaapstad om passasiers op te laai toe twee onbekende verdagtes die aansluiting genader het en geweerskote in hul rigting afgevuur het,” sê AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder.

Ferreira sê daar is in die bestek van 13 maande meer as 150 gewelddadige voorvalle aangemeld, waartydens ’n aantal werknemers en passasiers van busoperateurs in die langafstand-busbedryf ernstig beseer is.

“Ten spyte daarvan dat 124 sake by die polisie, veral in die Oos-Kaap, aanhangig gemaak is, is daar steeds nie een enkele inhegtenisneming gemaak wat verband hou met hierdie vlaag van geweld nie.

“Dit is onaanvaarbaar,” sê Ferreira.

Intercape het reeds ’n beroep op die ministers van vervoer en polisie, asook pres. Cyril Ramaphosa gedoen om in te gryp. “Ons het tot dusver geen reaksie ontvang nie.”

Die busdiens glo die aanvalle vorm deel van taxiverenigings se veldtog van afpersing en geweld teen die langafstand-busbedryf om busse te dwing om sekere roetes te ry.

Swartbooi sê die motief vir die jongste skietery is in dié stadium onbekend. Nog niemand is teen Dinsdagoggend al in hegtenis geneem nie.

’n Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marcello ·

Dit is jammer om dit te hoor. Ek reis al 16 jaar met die Interkaap Busse., en het nog nooit onveilig gevoel nie.

Kokerboom ·

Dis onaanvaarbaar. Slegte nuus mnr Ferreira..daar is nie ‘n president of ‘n minister van vervoer!!!!Nog minder ‘n minister van Polisie!

Samuel ·

Dit is baie slegte nuus. Ons agbare(?) Staatspresident, Hoedman, alias minister van polisie en minister van vervoer sal nie reageer nie, aangesien dit ‘n wit maatskappy is wat geteiken word. Onthou, kriminele het regte, veral waar dit met misdaad teen blankes te doen het.

Jack ·

Nou ja as ek die baas van Interkaap was dan sal ek onmiddelik my roetes na die OOS KAAP en KZN stop en geen verdere dienste daar lewer nie.Ook all busbestuurders moet wapenopleiding kry en weet hoe om te skiet.En dan elke bus moet ‘n wapen aanboord hê wat in ‘n aanval gebruik kan word.

Papsak ·

Nee hulle wil he busse moet weg laat taxis alleen hardloop sien son nie oor ander skyn nie wil alles vir hulle self he gemors

Swerwer ·

Jammer dat Inter Kaap Busdiens onder hierdie vandalisme en koelbloedige moord van die kommunis moet deurloop. Inder Kaap is die betroubaarste en beste busdiens vir jare .

Jack ·

Verkoop maar jou busse. Die geweld sal net toeneem omdat polisie se misdaadbeheer faal en jyself niks daaraan kan doen nie. Skuldiges loop vry rond en word bewapen deur wie wil raai?

Santjie van Soendal ·

Taxi’s voer n skeikbewind teen alle vervoerdienstewat nie taxi’s is nie. Dit sluit nie net busse in nie, ook Uber- en Bolt dienste …en wat ookal nog….en almal is bang vir hulle…tot die ANC- regering!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.