Nóg ʼn Jacaranda FM-omroeper oorval

Thabiso Mack Rapapali Foto: Facebook

Thabiso Mack Rapapali Foto: Facebook

Skaars vier dae nadat Dianne Broodryk, omroeper van Jacaranda FM, in haar huis in Pretoria oorval en aangehou is, is een van haar kollegas ook in dieselfde buurt in sy huis oorval.

Thabiso “Mack” Rapapali (26), wat weeksdae die 04:00 tot 06:00-program en Sondae die 06:00 tot 10:00-program aanbied, het Maandag aan Maroela Media gesê hy het Sondag gereed gemaak vir werk en was al omstreeks 04:00 wakker en doenig in die huis.

Hy het geluide buite die meenthuis gehoor, maar aangeneem dit is bure wat raas in die kompleks in The Reeds in Centurion, dieselfde voorstad waar Broodryk woon.

Rapapali het, net voordat hy om 05:00 na Jacaranda FM se gebou wou ry, iets gaan kry om te eet in die kombuis, toe hy hoor iemand is by die deur doenig. Hy het dadelik sy vuurwapen in sy kamer gaan haal en was op pad terug na die kombuis toe hy in twee mans in die gang vasgeloop het.

“Ek was baie geskok toe ek hulle sien. Net ek en my vrou, Cassey, was by die huis. Ek het hulle gestamp en hulle het vinnig weggehardloop sonder om enigiets te steel. Ek het agter hulle aangehardloop en ʼn waarskuwingskoot gevuur om die bure wakker te maak,” het hy verduidelik.

Volgens hom het die twee verdagtes hulself vinnig uit die voete gemaak en na ʼn lang soektog deur inwoners in die kompleks, is daar geen teken van hulle gekry nie.

Rapapali het gesê hy het nie die polisie ontbied nie, maar dadelik daarop gefokus om by die werk te kom sodat hy sy program om 06:00 kon aanbied.

Hy het gesê hy vermoed hy weet wie by die oortreding betrokke was, aangesien hulle ʼn afskrif van sy sleutels of ʼn loper gehad het. Hy is tans besig met sy eie ondersoek.

Rapapali het die meenthuis se slotte laat vervang, maar skerts dat hy vir hulle sal wag. “Ek is altyd vroeg wakker. Ek maak tee en koekies, ek wag vir hulle, hulle kan maar terugkom, ek is reg vir hulle.”

Maroela Media het Vrydag berig Broodryk was Donderdag alleen by haar huis in The Reeds, Centurion, toe sy tussen 15:00 en 15:30 deur twee mans oorval en beroof is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mariska ·

Mooi Mack……wys hulle dat hulle nie welkom is nie….wys hulle wat sal gebeur as hulle pelle dieselfde doen…..voeter hulle op!!!!!

Lance ·

Dit gaan weet gebeur …daar is geen wil van die owerhede om iets aan die benarde situasie te doen …reaksie eenhede help maar is stadig en help net soms

Ilze ·

So bly jy en vroulief ongedeerd. Mens altyd dankbaar as niks gebeur het maar hoekom mens moet tog kan veilig voel. Sterkte hoop hulle weet om nie met jou te sukkel

Bakoorjakkals ·

Ek dink die skelm is ‘Die Streler-Steler’… Sterkte Dianne en Mack!

E ·

Vreemd dat 2 omroepers van dieselfde radio stasie in so kort tyd aangeval is. Daar steek dalk iets agter?

mariaan ·

Iets klink nie reg nie….hoekom sou die rowers net so weg hardloop en nie eers terug stamp of probeer om te doen wat hul voor gekom het nie….los dan jou vrou net so tuis en jaag werk toe…na so traumatiese ervaring?? Maak nie vir my sin nie…..hoekom hulle stamp as jy n wapen het…skiet eerste daai waarskuwingsskoot….??

pauline ·

E – ek stem saam met jou maar ja ek het ni tyd vir jakaranda nie maar ek se hulle het tone getrap en dis di nagevolge. Bly alby is okay maar ja, wie is volgende van jakaranda fm

Hein ·

Soos ek voorheen voorgestel het. Dit is soos Bok van Blerk sing “Dit istyd om te trek..’ uit The Reeds. Die situasie gaan eenvoudig nie verbeter by Rooihuiskraal en die The Reeds nie. Die gebied is die eerste sogenaamde Suburb wat feitlik teen Oliewenhoudsbos (sogenaamde township en plakkerskamp) is in Pretoria en die misdaad groei net elke jaar. Die GPF en polisie sukkel om misdaad en dwelms uit die gebied te bekamp. Dit is ook ‘n gemende gemeenskap van al die bevolkingsgroepe. Omdat dit so ‘n nie homogene gemeenskap is nie werk die saamstaan akie nie goed nie. Net ‘n klein gedeelte van die gemeenskap is betrokke by die GPF. Veg of trek is die keuse wat gemaak moet word.

Ben ·

Net weereens ‘n bewys dat in hierdie land is ‘n vuurwapen ‘n noodsaaklikheid en nie iets wat die “owerhede” jou konstant oor moet boelie nie!

charlene ·

My hart het nou vir so ruk gaan staan toe ek lees jou vrou was tuis…. Mens is nie eens meer veilig in ou eie huis nie – Dis net `n jammer jy het nie een raak geskiet nie. Dis maak mens bang, wat as jy nie op was nie. Hulle was reeds oppad na julle, en as hulle kan steel is hulle kla gewetenloos! Hulle kom om seer te maak en te steel!!! Jy het die regte ding gedoen en ek LOVE jou houding. Jy gaan nie lê nie!!!

Koos1 ·

Mack, gaan soek hulle in die kompleks waar jy bly as huurders of eienaars van ‘n huis. Dit is al oor en oor bewys dat kriminele huise in komplekse huur en dan steel dat dit bars daar binne. Die goed word in die huurhuis geberg en na ‘n maand of twee “trek” hulle, met jou goed!
Mense in komplekse is ook meer gerus oor die “sekuriteit” van die komplekse. Mense, weet julle wat word ‘n sekuriteits wag betaal? R5000 as omkoop geld is vir die wagte BAIE geld. Dink bietjie daaraan, en skerp julle eie en huis veiligheid ook op asb. Leer ook jou bure ken en bespreek jou bewegings met hulle, dis jou beste sekuriteit!

Rina ·

Julle dis die begin van baie groot dinge wat gaan kom, dit gaan erger word. Wees meer paraat, in jou huis, op die pad, in die dorp……waar is jy veilig. Bewapen julself, teen barbaarse aanvalle. Niemand is veilig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.