Nóg ʼn Jhb-huisbraak eis ʼn lewe

Argieffoto: Kent Williamson

Nóg ʼn man, vermoedelik 55 jaar oud, is Saterdag in die vroeë oggendure dood nadat hy tydens ʼn huisbraak in Douglasdale in Sandton geskiet is.

Nick Dollman, Netcare Limited-woordvoerder, sê nooddiensspanne is omstreeks 03:30 na die toneel ontbied.

Volgens Dollman het die man ʼn hartaanval gehad nadat hy geskiet is. “Netcare se nooddiensspanne het gevorderde lewensondersteuning toegepas om die man weer te probeer bybring, maar alle pogings was onsuksesvol.”

Hy sê dokumente met betrekking tot die man se dood is deur Netcare voltooi en aan polisieowerhede oorhandig.

Niemand anders is in die voorval beseer nie. Dit is nog onduidelik wat gesteel is. ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leahim ·

Alweer die ondersoek seker ook met “gesoute” speurders pleks vertel hulle ons wat hulle doen om hierdie tipe misdaad te voorkom ek kan nie glo die publiek duld nog die klomp nie.

Penellope Jones ·

Tragies om te hoor van die man wat met sy lewe moes boet.

Hoe meer dae, hoe meer moorde, inbrake, aanvalle, kapings.
Begin klink asof daar te min dae in ‘n week is!

Marietjie ·

Nog ‘n huisgesin wat hierdie Kersfees sonder ‘n pa gaan wees!!!!! Dit is so hartseer en sinneloos!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.