Nóg ʼn kapitaal-inspuiting vir SAL

SAL-SAA-Airbus-A330-243

Drie van SAL se Airbus A330-243 vliegtuie staan by Heathrow-lughawe in Engeland in 2012. Foto: Alex Beltyukov/RuSpotters Team/Commons.wikimedia.org

Die vakbond Solidariteit het bevestig dat hy voortgaan met sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) onder sakeredding te plaas nadat die regering aangekondig het dat ʼn verdere kapitaal-inspuiting van R5 miljard aan SAL toegestaan gaan word.

Solidariteit het in reaksie gesê dié stap is ʼn korttermyn pleister vir die benarde situasie waarin SAL homself vind.

“Dit is dieselfde patroon wat hom bloot herhaal. Meer van dieselfde gaan nie SAL red nie,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

Mulder sê dit is dié keer weer die belastingbetaler wat moet opdok om die sukkelende staatslugdiens te help om sy finansiële verpligtinge na te kom. “Dit is nie reg of regverdig teenoor die belastingbetaler om met die huidige strategie voort te gaan nie. Met elke hulppakket word die belastingbetaler armer. SAL toon sedert 2012 geen wins nie en dit het die belastingbetaler al R32 miljard in opgehoopte verliese gekos. Die feit dat die regering weer eens ingestem het om R5 miljard aan krediteure en verskaffers te betaal, is kommerwekkend aangesien dit die spiraal van wanbestuur bloot voortgesit en beloon word.”

Solidariteit het Vrydag met sy regspan vergader om die jongste verwikkelinge te bespreek en die hofstukke te finaliseer. Die vakbond gaan sy hofaansoek met die oog op sakeredding vir SAL voor die einde van Mei beteken.

“As ons dieselfde goed met SAL bly doen, gaan ons dieselfde resultate kry,” sê Mulder. “Dit beteken nóg miljarde rande van belastingbetalers se geld wat in SAL se plunderput gewerp word. Die tyd het aangebreek dat die belastingbetaler beskerm word deur radikale eksterne ingryping in die vorm van sakeredding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

James ·

Neeeee!!! Ons kan net nie meer met belasting nie. Julle hou julle maatjies in n job.

Chris Ws ·

Verkoop die SAL op ‘n veiling.Ons land het hom nie nodig nie.

Callie ·

Iemand moet mos genoeg kennis besit om die regering namens die belastingbetaler te dagvaar vir totale moedswillige wanbestuur van hul swaarverdiende geld. Waar het dit verkeerd geloop. N regering is soos n besigheid. Die aandeelhouers, belastingbetalers, moet die laaste besluit neem. Kan almal van ons nie iets bydra en Gerrie of wie ook al kry om hul te dagvaar vir growwe wanbestuur nie. Hulle kom niks na waarvoor n regering staan nie. Asb, is daar advokate wat kan leiding gee.

Blue Butterfly ·

Dit is ‘n skreiende skande dat ons belastingbetalers so gemelk word!! In Kwazule-Natal gaan kanker pasiente dood omdat daar nie toerusting, ens is om hulle te help nie, ALLES gaan agteruit maar steeds word geld bewillig vir SAL wat wanbestuur word. Ja hulle word in werklikheid vergoed vir hulle wanbestuur en kom weg daarmee. Skokkend om die minste te sê. Is die persone in hoë posisies by die SAL ooit bevoeg om sakebesluite te neem? I don’t think so …

Avra ·

En nou Mr Gordan? Sê jy nog soos in 2013: Ek is nie hier om die hoogste prys in SAID uit te deel NIE (wat n sertifikaat en n beeldjie was) maar julle te sê: STEM VIR DIE ANC

Oom Kalahari ·

@Esther, pragtig gestel. Die vetkatte lewe lekker en nie eers diere word beskerm of versorg nie. As dit so aangaan op die huidige trant is hier oor 05jaar niks oor nie.

D P J ·

Die redingsbooie sal aanhou want direksie moet elke jaar buiten sporige verhoging vir hulself toeëin.
Maak die nie redingsbooi elke jaar op nie???

Manna ·

Geen kapitale intelegensie , R45 MILJOEN om boere te help met droogte hulp en R 5 MILJARD vir wit olifant wat niks inbring. Raak ook sommaar ontslae van fat cats en parasiete.

John ·

Miskien moet die geld eerder nou aan rubberbote gespandeer word om inwoners na elders te vervoer ~ met eenrigtingkaartjies ~ want bankkrotskap op alle gebiede staar ons in die gesig. Daar is nie geld vir skole nie maar die bevolking groei met rasseskrede; puttoilette is die in-ding. Nou moet die private sektor ~ Wie is dit? Die glo rassiste? ~ uithaal en wys, maar moet net tog nie die lugdiens wil koop nie, nee, dis ons troetel-put: For stinking money going down, down to nowhere… quickly, or flying east to… you know where…

Jack Klok ·

Die geld verdwyn in subsidies vir die instandhouding van onekeonomiese vlygroetes, dan tweedens in kontrakte aangegaan met BBBEE bevoordeelde persone teen opgeblase pryse, derdens in vermorsing op onnodige personeel (die SAA het te veel personeel) vierdens op buitensporige salarisse vir bestuur en natuurlik die prestasie bonusse wat hulle betaal word om die SAA teen ‘n verlies te bestuur, vyfdens vir die onoordeelkundige bestel van vliegtuie wat nie nodige was nie en waarvan die kanselering van kontrakte miljoene gekos het, sesdens weens die verlies van klandisie weens afname in vertroue in die swak bestuur en diens, sewende ……… die lys gaan net aan en aan. Ek is jammer vir die personeel wat hulle bes probeer om die SAA in bedryf te probeer hou, hardwerkende en bekwame mense vanuit die ou bedeling, wat vir alle praktiese doeleindes die slagoffers geword het van die ANC se “wrecking ball” beleid.

‘n Jaar of twee gelede het die vlieeniers aangebied om die SAA by die regering te koop maar dit is van die hand gewys.

Alet ·

As ek as belastingbetaler dan moet aanhou opdok om SAL aan die gang te hou, beteken dit dan nie dat ek ‘n aandeelhouer is en VIP behandeling moet kry… ek sal baie graag van nou af gratis wil vlieg, want ek betaal mos alreeds vir elke vlug?

3s4e ·

As ‘n ko-örporatiewe/privaat mpy die verliese verklaar daal die aandeelwaarde tot nul (sien Steinhof) en sy HUB bedank en verdwyn (sien ook Steinhof). Geen belegger wat fondse op ‘n harde manier verdien het sal in so mpy belê nie, slegs partye (sien tenderpreneurs) wat fondse maklik (sien korrupsie) bekom het sal die belegging doen. Die “flying parasite” word net in die lug gehou om die kaders en “extended families”, trawante van die soustrein en vriende in Afrika te bedien (sien gratis). Onder privaat bestuur SAL al die loslopers op die lughawens verminder word, alle nie-winsgewende vlugroosters hersien/gekanselleer word, voorraadbeheer streng toegepas word en diens en beeld (sien diefstal uit bagasie) verbeter asook ‘n naamsverandering te laat ondergaan ten einde winsgewendheid te verseker. Vele lojale passasiers distansieer hul van SAA (Soek Ander Alternatief) want êrens gaan iets (onderhoud) “vlieg”-breuk ly. Huidiglik is daar ‘n negatiewe balansstaat – dus al word dit weggegee bly dit nog steeds ‘n winskoop.

zoom zoom ·

Sal graag wil weet as iemand kan sê of Moleffe die RM11 al terug betaal het. Dit is seker weer bonus tyd by SAL. Dudu en Zuma moet ook seker nog ‘n skep kry uit die geld. Die land is ‘n land van melk en heunimg .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.