Nog ʼn kattebak-moord in Krugersdorp

Kevin en Kezia Mc Alpine. Foto: Facebook

Kevin en Kezia Mc Alpine. Foto: Facebook

Die jong man van Krugersdorp wie se liggaam Donderdagaand in die kattebak van sy motor gevind is, sou binnekort pa geword het.

Gert Jonker, voorsitter van die Krugersdorp-gemeenskapspolisiëringsforum, het gesê hulle het Donderdag omstreeks 21:00 ʼn oproep op die radioveiligheidsnetwerk ontvang van ʼn bekommerde familielid nadat Kevin Mc Alpine (29) nog nie by die huis was nie nadat hy glo ʼn kliënt sou ontmoet. Mc Alpine het as ʼn versekeringsmakelaar gewerk.

“Ons het onmiddellik ons taakspan van nagenoeg 250 gemeenskapspatrolleerders geaktiveer met ʼn beskrywing van die motor. Die motor is binne 15 minute opgespoor en die polisie is in kennis gestel.” Mc Alpine se motor is in die Wentworth Park-omgewing gevind.

Volgens Jonker het Mc Alpine se pa intussen ook op die toneel opgedaag voordat sy seun se liggaam in die kattebak van die motor gevind is. “Die nooddienste is ontbied sowel as traumaberaders vir die slagoffer se pa en ander familielede.”

Mc Alpine en sy vrou, Kezia, is in Mei verlede jaar getroud en hul eersteling word in Augustus verwag. Mc Alpine is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan.

Volgens Jonker is dit die tweede soortgelyke voorval in twee weke. Maroela Media het vroeër berig dat die liggaam van Anthony Schofield (67) op 10 Mei in die kattebak van sy motor in Premierstraat in Krugersdorp-Noord gevind is. Schofield het glo ook as ʼn versekeringsmakelaar gewerk.

“Ons doen ʼn beroep op die polisie om aan te dui of hulle leidrade in hierdie saak het sodat daar ʼn deurbraak gemaak en iemand in hegtenis geneem kan word,” het Jonker gesê. Lucky Matome, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die moontlikheid word ondersoek dat die voorvalle met mekaar verband hou. Matome het ook bevestig dat die polisie na twee verdagtes op soek is in verband met die jongste voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

christine ·

Maar natuurlik hou dit verband net afspraakboekies in die twee se sakke sal se wie lok asransieagente aan onder voorwensel

m ·

Dis so onnodig. n lewe in hierdie land beteken net niks meer nie. Sterkte aan die familie……

Gesiggie ·

Gedagte : Betaal jou vyande met liefde terug, en jy ontneem hom al die vreugde van sy gemeenheid? … hoe kan n mens probeer verstaan om die woorde toe te pas? Hierdie pragtigge man en vrou was op hul gelukkigste in hul lewe… met die afwagting van hul eerste kind? Hul in Mei getroud laas jaar, dit is n jaar later dit is Mei… en sy lewe is geneem… my hart gaan uit na jou Kezia… Mag God jul bystaan in die hartseer tyd.. mag jul vrae beantwoord word…

Magda Kruger ·

Ai dis so verkeerd. Sy hele toekoms het nog voorgele. Nou moet daai baba sonder n pappa groot word omdat idiote besluit het hy mag nie meer lewe nie. Mag die wat dit gedoen het eendag n stadige en aaklige dood sterf. Sterkte Kezia, Lynette en alle ander naasbestaandes. Julle is in my gebede.

Rina Kotze ·

Ai dis so, so, so onnodig!
Sterkte aan Kezia en ek is seker die Heer dra hulle in hierdie hartseer tyd!
Ek is seker die kind sal die goeie eienskappe van sy/haar pappa ook erf en dat sy/haar mamma hom/haar alles sal vertel van Pappa.

Duitswes ·

Kezia en familie; my innige en opregte medelye. Mag ons Vertrooster jul harte in die palms van Sy hande hou in hierdie tyd van rou.
Vrinne, gedurende die Bosoorlogtydperk met die terrorisme in die RSA het minder burgers gesterf as tans die geval in die huidige SA en was daar wette wat misdadigers soos die ge-elimineer het uit die kosmos-samelewing en nie laat floreer nie. Daar was reg en verkeerd met die REGTE afskrikmiddele…Burgers en Afriforum kom ons neem ons storie NOU daadwerklik internasionaal en in SA moet ons beding vir selfbeskikking. DOODSTRAF MOET TERUG!!

Maria van Dieweeck ·

So jammer Kezia en baba! Breek my hart, bid vir jul..

fred ·

Ja,toe ons in die ry gestaan het van land uitdeel,het ons nie geweet dat ons,so ‘n weird land sou kry nie.

Yolandi ·

Wentworth (Park)…Schofield…dit klink amper soos iets uit die Prison Break series. Baie jammer vir die slagoffers se familie en vriende. Sterkte in die moeilike tyd!

Adri ·

Mag ek verkeerd wees maar ek het n nare gevoel oor die moord………………..Rus in vrede jongman.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.