Nóg ʼn kind gewond dae nadat dwaalkoeël sesjarige eis

(Foto: SA Polisie)

ʼn Vyfjarige kleuter is die jongste slagoffer van ʼn skietery in Helenvale in Port Elizabeth.

Maroela Media het vroeër berig klein Jay-Linn Jantjies (6) het Vrydag gesterf nadat sy sowat twee weke gelede deur ʼn dwaalkoeël getref is. Jay-Linn het op die sypaadjie voor haar ouerhuis gespeel toe ʼn skoot wat in die buurt gevuur is, haar in die kop getref het.

Die man wat nou van haar moord beskuldig word, is ʼn dag voor haar dood in hegtenis geneem.

In die jongste voorval is ʼn seuntjie in die maag gewond, nadat twee mans op ʼn 35-jarige man losgebrand het en ʼn dwaalkoeël die kind getref het, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

Die aanvallers het in ʼn wit motor weggejaag en is steeds soek.

Die seuntjie en die 35-jarige man is in ʼn hospitaal opgeneem.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiehoof, het opdrag gegee dat die polisie se 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel word om die aanvallers op te spoor. “Ons gaan nie hierdie onbeskaamdheid van misdadigers duld nie.

“Ons gaan ook nie toelaat dat onskuldige kinders slagoffers word nie en daarom doen ek ʼn beroep op die gemeenskap om nie die misdadigers te beskerm nie, maar uit te wys,” het Ntshinga gesê.

Die polisie het gevra dat enigiemand met inligting oor die voorval die ondersoekbeampte, kol. Mike Grobler, bel by 082 442 1825 of die Galvandale-polisie by 041 402 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christa ·

Onbevoegde polisie Kon lankal die huise deursoek het vir ongelisensieerde vuurwapens. So sit eerlike mense in tronke en gemors buite die tronk.

Wondermaarnet ·

En Bheki Cele skitter in sy afwesigheid. Hy het nie ‘n benul waar om die polisie te ontplooi nie. Solank hy sy salaris elke maand kry, gee hy nie om wat in die SAP gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.