Nóg ʼn kind verdrink in Potchefstroom

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige kind het ook Woensdag in Potchefstroom verdrink, op dieselfde dag wat ʼn driejarige in dié dorp in Noordwes verdrink het.

“Die sesjarige dogtertjie se voog het haar omstreeks 16:25 gestuur om lekkergoed te gaan koop by ʼn snoepie en sy en twee maatjies het soontoe gestap,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens berigte het die drie kinders twee blokke verder na ʼn huis toe gegaan in Henrystraat, Promoza, om daar te gaan swem.

“Die werknemer by die huis het eers gaan ondersoek instel toe sy kinders hoor skree het,” het Moleko bygevoeg. “Sy het gesien die kind het verdrink.”

Paramedici het die kind op die toneel dood verklaar.

Die polisie stel ondersoek in.

Maroela Media het Woensdag berig ʼn driejarige het in ʼn swembad in die dorp verdrink. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Ja-nee, sprakeloos, hoe stuur jy so klein kind die strate in, in die eerste plek. Die kind kon selfs ontvoer geword het en weer verkrag en vermoor gewees het. Afwesigheid van toesig is n groot faktor in van die sterftes onder kinders die laaste tyd. n Ongeluk kan so gou gebeur, mens moet hulle soos valke dophou.

Martin ·

Blameer die ouers. Ek hoop van harte hier kom ‘n strafregtelike saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.