Nóg ʼn klag teen Aucamp

Marietha Aucamp. Foto: Facebook

Nog ʼn politieke party gaan ʼn klag teen Marietha Aucamp, die Tshwane-metro se personeelhoof wat verlede Donderdagaand te midde van ʼn mediastorm bedank het, aanhangig maak.

Die Congress of the People (Cope) se Tshwane-streek het aangedui daar word Saterdag teen 11:00 ʼn klag van bedrog teen Aucamp by die Pretoria-Sentraal-polisie aanhangig gemaak.

“Aucamp is aangestel vir ʼn pos sonder dat sy die nodige kwalifikasies het. Cope wil beklemtoon dat die wanvoorstelling van kwalifikasies ʼn ernstige oortreding is en glo dat genoegsame bewyse bestaan om Aucamp aan te kla,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Dié klag volg nadat die ANC se Tshwane-streek verlede Donderdag ʼn klag van bedrog teen Aucamp aanhangig gemaak het. Hulle beweer hulle het nog altyd gesê die burgemeester, Solly Msimanga, is nie die ware burgemeester van Pretoria nie en dat Aucamp agter die skerms die toutjies getrek het.

Lesego Makhubela, woordvoerder van die ANC-koukus se Tshwane-streek, het gesê toe die DA-administrasie oorgeneem het, was Aucamp raadslid van die DA. “Sy is toe as burgemeesterskomiteelid aangestel en ons het vurig daarop gereageer. Hulle het haar toe verwyder en direk in die kantoor van die burgemeester geplaas en vir haar ʼn pos gegee waarvoor sy nie gekwalifiseerd is nie.”

Maroela Media het vroeër berig News24 het berig dat Aucamp die pos van R1,2 miljoen per jaar losgeslaan het ten spyte van die feit dat sy moontlik nie oor die gepaste kwalifikasies vir die pos beskik nie. Volgens die berig het die posadvertensie dit uiteengesit dat die kandidaat ʼn Baccalaureus-graad of gelykstaande kwalifikasie moet hê.

Toe Aucamp gevra is hoekom haar persoonlike assesseringsvorm aandui dat sy ʼn Baccalaureus-graad het, het sy geantwoord dat sy nie weet wie daardie dokumente ingevul het nie, want sy het in haar aansoek aangedui dat sy net matriek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Maar die dame in die Vrystaat wat wat beweer het dat sy ‘n doktorsgraad het, en ook so aangespreek was deur haar mede personeel, bly aan in haar pos. Waarom vervolg die ANC & Cope haar nie ook nie, of is sy te swart ??

Koos ·

Gaan lê jy ‘n klag teen haar as dit jou pla. Niks keer jou nie!

Koot ·

Ek het mos gesê dit is bedrog maar julle het nie my kommentaar goedgekeur nie.

Pine ·

Wel sy het haar werk gedoen.Wat van iemand wat nie eens matriek het wat n land refeeg het.Dit het niemand gehinder.

Bekommerd ·

Hierdie goed is als nonsens. Mense wat saam met haar gewerk het, het haar geken as ‘n uiterse bekwame vrou met 16 jaar ondervinding. Hierdie is als propoganda om die munisipaliteit onbeheerbaar te maak.

Elsie ·

Haar velkleur is nie reg nie. Watter van die ministers se kwalifikasies is reg waarvoor hulle op n eerlike manier gestudeer het en dit nie verniet gekry het oor hulle velkleur nie. Almal praat van rassisme maar ek dink ons anderkleurige volksgenote moet bietjie voor hulle eie deur vee. Ons land verval oor daar mense in poste is wat nie eers gekwalifiseerd is nie. Suid Afrika is oppad om soos zimbabwe te raak. Julle sal ook die blankes nog smeek om te help dan gaan dit hopeloos te laat wees.

v v d merwe ·

Voldoen die a n c se staats amptenare
aan die nodige kwalifikasies.
MINISTERS/ SAL/ESKOM/GESONDHEID/
ONDERWYS/PRASA/
MUNISIPALITEITE en nog
vele meer.
( te veel om te noem)
Waar is die D A.
Ondersoek dit.

Joshua ·

En wat het met ANC valse ‘Doktor’ Paulo Jordan gebeur? Absoluut zero.

Siek en sat ·

Is sy nou die ENIGSTE persoon wat verkeerde inligting op haar aansoek geskryf het???????? Ek weet van nog by die SAUK waarvan ek al gwlees het en is hulle enigsins vervolg. Jammer me Aucamp maar jys ongelukkig van verkeerde stoffasie aanmekaargesit hulle gaan jou op elke moontlike manier probeer vastrek.

Johanne ·

Dubbele standaarde! Maak eers die parlement skoon van vervalste CV’s, en werk dan ondertoe

Gemaskerde Sopbeen ·

Jimmel, die “kommin”-tare darem…..So, omdat “ALMAL” dit doen, het sy ook die reg om dit te doen en is dit heeltemal geregverdig en aanvaarbaar? Wat is fout met mense? Plaas laat julle liewer vra WAT hierdie antie gedoen het om so pos te kry en vir so lank te hou, siende dat sy NIE oor die nodige kwalifikasies beskik nie?

Siek en sat ·

Nee sopbeen dis verkeerd maar andere kom weg en sy nie.

Cherokee ·

Wilma, volgens my kennis kon Zuma 2 grade agter sy naam skryf. Egte grade wat werklik verwerf het. Grd 1 & grd 2.

Hermien ·

Ek wonder net wat van al die sogenaamde Akademiese personeel by Universiteite, wat aangestel word met “gekoopte” kwalifikasies!? Wat van die sogenaamde Onderwysers wat aangestel word met GEEN kwalifikasies nie!? Ek vra maar net?

C+T ·

Is die aansoekvorm met die hand voltooi of nie? Indien met die hand kan handskrif deskundiges nie help om te bepaal of dit haar handskrif is nie? Almal wat nie die regte kwalifikasies het vir hul poste moet oor dieselfde kam geskeer word ongeag velkleur. Politieke partye moet nie skynheilig wees en party oor die hoof sien en ander hof toe sleep nie.

Connie ·

Snaaks dat sy haar werk gedoen het al die tyd.Sy het mos gewerk vir haar salaris.
En sy moes dit reg gedoen het .!
Net suur druiwe.
Immers het sy darem hast werk gedoen?????

Francois ·

GAAN ALMAL SE KWALIFIKASIES NA DIE ANC HET BAIE AANSTELLINGS GEDOEN IN DIE RAAD SONDER DAT DIE PERSONEEL DIE REGTE KWALIFIKASIES BESKIK

Sally ·

Daar was nog altyd n aanvaarding vir die terme “Qualified by Experience” dit is wanneer jy 10 jaar en langer in n pos is en dit uitstekend gedoen het en matriek het. Wat help dit jy het n BA graad en weet “sweet blue all” van die werk af.

Tienie ·

Marietha lig jou kop hoog want jy het met jou matriek werk gedoen ( en reggedoen ) wat die grootste gros van hulle nie met hulle doktors grade kan doen nie

Oom Kalahari ·

Marietha, ongeag van jou matriek kwalifikasie alleenlik het jy nogtans bewys dat die verantwoordelikhede wat jou opgele was met deernis en professionaliteit gedoen. Wat teen jou wel getel het is jou vel kleur en dat jou suksesse ‘n doring in die vlees is. Hierdie vervolgens waansin word nie breedvoerig uitgevoer nie omdat daar sovele Staats departemente met persone in hoe poste is en was wat geensins daarvoor gekwalifiseerd is nie. Baie is gekoopte en of vervalste sertifikate en almal is deesdae professors, dokters, CEO’s, Vise Presidente ens. Wat van ons ge-eerde SAUK hoof wat ook in sy posisie was en homself bonusse toegeken het (Hlaudi Motsoneng). Ondersoek na vele instellings sal sulke aanstellings bewys. Baie mense met ondervindinge en praktiese agtergrond het beter
Dienslewerings al opgelewer.

Oom Kalahari ·

Het hierdie dame nie deur en deur bewys dat sy die werk kon verrig sonder die kamstige benodigde Baccalaureus-graad nie. Sy was nog nooit aangevat oor swak diens of korrupte aktiwiteite (geld verduistering) nie soos in die normale instellings.
Marietha, lig jou kop jong meisie en glo daaraan dat jy ongeag van jou kwalifikasies baie suksesvol was in jou beroep en dra jou ondervindinge oor na jou volgende uitdaging. Staan sterk kind.

Koos ·

Ek het ook oor my kwalifikasies gelieg. Keer op keer is ek werk geweier omdat ek die “verkeerde” kwalifikasies het, of omdat dit glo sou maak dat ek die werk vinnig glo “vervelig” sou vind. Toe verwyder ek my naskoolse kwalifikasies vanaf my CV en lieg in werksonderhoude dat ek nie suksesvol was op universiteit nie. En die resultaat? Ek het sowaar ordentlike werk gekry wat nogal goed betaal ook.

Siek en sat ·

Anc en Eff kry dit reg om Tshwane onbeheerbaar te maak. Deur focus op Marietha te sit haal hul fokus van hulself af en al die ondersoeke op hulle en onbekwame en ongekwalifiseerde lede. Hulle voel die druk van DA en Solly en sy span. En loots nou n teengeveg. Sal graag hulle sogenaamde kwalifikasies wil sien, doen asb n audit op die hele spul.

jan ·

jy kan n raadslid word sonder kwalifikasies en dan rek jy jou mond , ons agbare minister van landbou weet nie eers die verskil tussen AUSTRIA EN AUSTRALIA siestog … ek wonder die raadslede wat so gal braak wat is hulle kwalifikasies

Speedguard ·

Inderdaad Jan, ek ken een wat ongelukkig op sy kop geval het van sy huis se dak af, hy is permanent op medikasie en die goed wat die man soms kwyt raak laat my sidder!

Bokka ·

Sy is sooooo mooi ek sal haar vir enige iets vergewe ja sy is mos wit nou soek hul haar bloed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.