Nóg ‘n klag teen Krejcir

Radovan Krejcir tydens 'n vorige hofverskyning op 28 Februarie 2014 Foto: Werner Beukes/Sapa

Radovan Krejcir tydens ‘n vorige hofverskyning op 28 Februarie 2014 Foto: Werner Beukes/Sapa

Radovan Krejcir is aangekla van sameswering om moord te pleeg, het die polisie Maandag gesê.

“Krejcir is Donderdag aangekla en het in die Alexandra-landdroshof verskyn,” het Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, Maandag gesê. “Daar is ʼn verwantskap tussen die inhegtenisnemings in Januarie vanjaar vir die vermeende sameswering om kol. Nkosana “Killer” Ximba van die Nasionale Misdaadintelligensie-eenheid en Paul O’Sullivan te vermoor.”

Vyf mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo gepoog het om die ondersoekbeamptes Ximba en O’Sullivan te vermoor. Die twee ondersoekbeamptes is deel van die ondersoek teen Krejcir.

Een van die mans word ook verbind aan die saak van ontvoering en poging tot moord waarvoor Krejcir ondersoek word. Krejcir, Sandton-sakeman Desai Luphondo en twee lede van die Valke, ao Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane is glo betrokke by die ontvoeringsaak. Hulle is in November in hegtenis geneem. Hulle het glo in Junie 2013 ʼn man ontvoer en aangerand ná ʼn dwelmtransaksie skeefgeloop het.

Krejcir moet op 7 April saam met vyf ander persone in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

“Die ondersoek duur voort en na verwagting sal nog persone in hegtenis geneem word,” het Makgale bygevoeg. -SAPA

Lees ook:
Saak teen Krejcir se vrou en seun uitgestel
Krejcir-verdagte het ystersaag by hom in aanhouding
Krejcir se vrou en seun in hof
Krejcir se vrou vrygelaat
Polisie soek glo ook Krejcir se seun
Krejcir se vrou in hegtenis geneem
Krejcir se borgaansoek uitgestel
Radovan Krejcir weer in hof 
Krejcir en kie in die hof
Krejcir-saak hervat
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Hierdie ou se storie raak nou afgeaag soos die Dallasreeks van ouds. Hy gaan baie mense nog nog baie lank besig hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.