Nóg ‘n klag teen Zuma by MRK ingedien

Pres. Jacob Zuma (20 Julie 2016) (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma (20 Julie 2016) (Foto: GCIS)

Die VF Plus het Maandag nóg ʼn klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) teen pres. Jacob Zuma ingedien na sy aanval op wittes die naweek.

“Die party sal voortgaan om klagtes in te dien tot die MRK optree,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

Luidens ʼn berig van Netwerk24 het pres. Zuma by ʼn verkiesingsaamtrek in Tembisa aan die Oos-Rand onder meer gesê wittes is onderdrukkers en verantwoordelik vir swart mense se armoede. Hy het luidens die berig die aanval voor ʼn skare in Nelson Mandelabaai voortgesit en gesê swart mense kan nie deur die ‘nasate van apartheid’ regeer word nie. Hy het ook daarop gesinspeel dat wit mense soos ʼn ‘giftige slang is wat geboorte aan nog ʼn slang gee’.

Alberts het gesê sulke uitlatings is skokkend, veral komende van ʼn staatspresident wat oor almal in die land regeer, wit en swart.

“Die MRK het nou reeds genoeg tyd gehad om pres. Zuma se mond te snoer rakende sy duidelik verdelende en rassistiese uitsprake. Die VF Plus het begin verlede jaar al soortgelyke klagte ingedien wat nou nog nie afgehandel is nie.

“Die tyd het aangebreek dat die MRK die publiek van Suid-Afrika sonder vrees of vooroordeel dien, en om in hierdie opsig ʼn blaadjie te neem uit die boek van die openbare beskermer wat nie geskroom het om die staatspresident tot verantwoording te roep nie.”

Alberts het bygevoeg die VF Plus moes groot druk op die MRK plaas ingevolge die Paia-wet voordat die klagte teen die president weer aandag begin kry het. Hy moet nou teen die einde van hierdie maand antwoord op sy Van Riebeeck-uitlatings van Januarie verlede jaar.

“Ons sal dieselfde met hierdie klag doen totdat hy skuldig bevind word, aangesien daar geen twyfel is dat dit op haatspraak neerkom nie. Ons geduld is op met die MRK se eensydige ondersoeke en Zuma as president. Hierdie is deel van die VF Plus se poging om uiteindelik van pres. Zuma ontslae te raak.”

Alberts het gesê die VF Plus is van mening dat die toenemende rasse-retoriek van pres. Zuma ʼn simptoom is van die kreeftegang van die ANC. “Die spreekwoord lui ʼn benoude kat maak benoude spronge, maar die tragedie van hierdie benoude spronge is dat dit onnodige en verdelende rassewrywing in die land veroorsaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Cherokee ·

Die DA dink dalk hulle is nie ingesluit nie want hulle is tjoepstil daaroor.

Tess ·

Hy kan dit nie sê nie. Dit is basies wat in Rwanda gesê was voor die slagting daar, net in ander woorde, “a cockroach cannot give birth to a butterfly”
hulle het ook gepraat van die Tsutsi as slang of kakkerlak.

Amanda Wait ·

Tess, nog voor ek jou kommentaar gelees het, sê ek dieselfde ding nou net vir my Ma!

Joann ·

Zuma se mond gaan hom duur te staan kom. Sy dag gaan kom en dan is dit te laat.

john samuel ·

L O L!! As jy dit glo, glo jy in die paashaas, en kersvader ook..
“sy” dag moes al gekom het toe shaik vir korrupsie tronk toe is. Of toe hy die vrou verkrag het en die hiv afgestort het. Of met nkandka. Of… of.. of. Dag nog nie aangebreek nie?? Gaanie gebeur nie.

Tim ·

Die man is al reg om af te tree. Hys al so oud. dis nie lank nie of hy het nie meer lewensjare oor om te betaal vir sy onregte nie

Lance ·

Hy en die anc verontagsaam elke hof …wat sal dit hom nou traak ….operste uitvaagsels

Riaan ·

Maar as ons belasting betaal is ons horaait en nie meer slange nie word wakker sonder ons sal alles ten gronde gaan

Johan van der Colf ·

Die MRK was vinnig om te reageer oor Penny Sparrow, maar traag om te reageer oor Zuma se uitlatings. Dubbele standaarde!

Rynhardt ·

MRK sal nie ernstig optree teen Zuma nie.VF+,by Kodesa was daar vir MRK geonderhandel om net jag te maak op blankes!Die Gestapo-kommissie het nog nooit regverdig teenoir afrikaner opgetree nie.Ek het in 2009 MRK aangevat oor regstellende aksie terwyl hy vir jare net anderpad kyk!

Anti DA ·

Toenemende druk op die MRK en snaaks dat dit net die VF+ is wanneer dit mense van alle rasse is wat fouteer maar die DA word net gehoor as dit wit mense is maar dan word hulle ook nooit gehoor met diskriminasie teen wit en bruin mense nie.

Ander Koos ·

En dan word al die plaasmoorde en al die ander op gewone burgers toegedig aan misdaad wat geensins waar kan wees nie. SA beleef volksmoord wat deur die President en sy trawante aangehits word. en dan voer menae steeds allerhande ander redes en verskonings aan. Mense moet wakker word

Esmay ·

Stem saam Johannes. Hou op praat en help ons handjievol volk sodat ons iets kan doen voor dit heeltemal te laat is!!!

Leon ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Ons moet net sorg dat ons eie harte skoon bly.

Hennie ·

Zuma het man alleen ‘n klomp klein korrupte slangetjies voortgebring.

Bravo16 ·

Die aanvalsopdrag word al hoe duideliker oor gegee aan die massas.

Hein ·

Kla hom aan vir crimen injuria, en die MRK se lede elkeen afsonderlik vir medepligtigheid.

Hasie ·

Dit is baie jammer dat ons staats president beledigend raak om stemme te wen. Sodra jy in ‘n geveg of kompetiesie kwaad of beledigend raak, het jy verloor.

Rapes ·

Ons almal sê net bla bla bla. Ons moet ophou om te kla en bewys wat in ons steek. Mense ons is nie ruggraatloos nie ons het dit al soveel keer bewys kom eendrag maak mag en dat ons dit bewys.

Marietjie ·

Ten minste blah blah ons. Wat anders wil jy hê moet ons doen? Skole afbrand!?

Sakkie du Plooy ·

Dit verbaas my dat die DA skynbaar geen probleem met Zuma se haatspraak teen Blankes in SA het nie. Zuma se uitsprake is so ooglopend leuens, is daar dan regtig Swartmense wat val vir sy haatspraak? Gaan ‘n klomp nou vir die ANC stem omdat hulle saamstem met hulle leier? Lyk of hy dit juis het teen die Blankes in die DA. Gaan die DA maar stilsit wyl die leuens oor hulle uitgespreek word?

Wilma Potgieter ·

Ai Zuma indien almal hier in Suid Afrika Van Gesinsbeplanning gebruik gemaak het was hier nie armoede. Muni die blankes blameer vi armoede

Sakkie du Plooy ·

Dit verbaas my dat die DA skynbaar geen probleem met Zuma se haatspraak teen Blankes in SA het nie. Zuma se uitsprake is so ooglopend leuens, is daar dan regtig Swartmense wat val vir sy haatspraak? Gaan ‘n klomp nou vir die ANC stem omdat hulle saamstem met hulle leier? Dit klink of hy dit juis het teen die Blankes in die DA. Gaan die DA maar stilsit wyl die leuens en haat oor hulle uitgespreek word?

Hannie ·

Daar is nie hoop vir ons wittes nie en moet erken wat ek sien en hoor maak my bang.

Hanno ·

Ek rig die skrywe in goedertrou…

In die tweede paragraaf van hierdie artikel is ñ tikfout… Ek kan nie help om julle aandag daarop te vestig nie. Ek pleit by u om asb al die artikels na te gaan vir spelfoute… Ek hoop nie ek is die enigste een wat dit rapporteer nie. Ek voel net dat die aanslag op ons taal is so groot alreeds en dit op nalatigheid neerkom as u artikels plaas met spelfoute!

Sune van Heerden ·

Dagsê Hanno

Dankie dat jy ons daarop gewys het, dit was inderdaad ‘n vingerfout.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

anti musi ·

daarvoor isdie vf + heeltemal te bang. vra lekota van cope om dit te doen.

Tim ·

Dat 4.5 miljoen witmense so ‘n groot probleem kan wees vir 45M+ swartmense ….

Haasoor ·

Wonder hoe voel die blankes wat cANCer stem om te weet hulle word net gebruik en is eintlik nie welkom nie?

Anti DA ·

Haasoor,jy het die DA stemmers vergeet hulle is in dieselfde bootjie.

Foxi ·

Die duiwel loop rond soos n brullende leeu. Hy verslind en verwoes net waar hy kan.
Weerstaan die duiwel!!!!
Die byl staan lankal teen die boom om die kaf van die koring te skei.
So, laat hy maar saai solank as wat hy nog kan!

hans brits ·

Ons gaan laer moet opslaan en God weer vertrou.Net God kan ons red en Hy sal as ons Hom aanroep.

Klaas ·

VF+Ondersoek asb die haat spraak berig wat by Isotza Primary op facebook geplaas is vroeer in die jaar by n swemgala. Dit was wel in die plaaslike koerant en niks verder nie.

Minx ·

Ek weet die VF+ is n klein groepie maar gelukkig gaan ek nie na die verkiesing my self verwyt vir die mense wat slange is nie. Dus weet ek vir my gemoedsrus ek is nie deel van die klomp wat nou so gat kruip by die mense wat ons wit mense dood maak nie en sommer dit uitbasuin met hulle liede. Julius het sommer gese die honeymoon is oor vir die witmense klink vir my of hy ‘n plan het om van ons ontslae te raak. Die VF+ is miskien min maar hulle het guts.

Kleintjie ·

Met my God loop ek ‘n bende storm……
Dit is tyd dat almal wat nie saamstem met die “vyand, Zuma” se uitlatings nie begin terugkeer na God en Hom alleen vertrou. Geen politieke party kan die aaklighede in die land stop nie.
Word tog net wakker Suid Afrika!!!!

Jeff ·

Dit raak duidelik dat stortkop en die ANC nooit mag sal afstaan nie en dat demokrasie in SA dit nie gaan maak, burgeroorlog net soos in ander Afrika lande is ons toekoms, hardloop.

Ben ·

Die man kan sê net wat hy wil. Hy vergelyk hom met Christus. Hy is onomwonde die swakste leier wat hierdie land nog gehad het. Hy kom weg met alles. Hoekom ? Hy is van die Satan. Dit is tog duidelik dat God geen rol speel in sy lewe nie. Sy aanslag op eerlikheid en gesonde buurmanskap sê dit alles.Dit is tragies hoe baie, wit en swart, deur hom om sy pinkie gedraai word.

Koos1 ·

Kan ek julle se wat gaan gebeur:
1. Eerstens gaan gese word ons het hom verkeerd verstaan
2. Die MRK gaan lank vat om te ondersoek.
3. Die saak gaan hof toe gevat word.
4. Gaan van een hof tot die volgende hof vir 5 jaar lank
5. Zuma afgetree in sit in sy paleis in Nkandla
En wie betaal vir die hele proses, die belasting betaler.
VF+ spaar asb julle geld, en moet die nie op hom vekwis nie, hy het ‘n staatkas agter hom en al die howe se regters is deur hom aangestel. Julle kan nie wen nie.
Kyk eerder hoe ons die land moet opbou na Zuma en sy gevolg.

Nita ·

Hoeveel Rooi Indiane, hoeveel Maories. Hoeveel Aboragines, is nog in hulle lande oor? Maar ons in SA het so mooi gesorg vir ons inheemse volke dat hul getalle ons sin ver verbysteek. So se eerder dankie vir die gehate wittes. Julle vooruitgang is direk aan ons te danke.

AmY ·

Ons is giftige slange, maar ons geld is goed genoeg? Ons word tot op die been ‘getax’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.