Nog ʼn kostebevel teen Malema en EFF

Kallie Kriel praat met verslaggewers by die hof. Foto: Verskaf

AfriForum sê sy stryd om Julius Malema, omstrede leier van die EFF, tot verantwoording te roep, begin nou vrugte afwerp.

Malema en sy party het nie vandag goeie nuus in die Noord-Gautengse hooggeregshof gekry nie. Die hof het ʼn vyfde kostebevel in twee jaar teen Malema en die EFF ten gunste van AfriForum toegestaan.

AfriForum was vandag in die hof oor die saak van minagting van die hof teen Malema. AfriForum is vroeër hof toe om Malema te verbied om voort te gaan om mense aan te hits om grond onwettig te beset of te betree. Die hof het toe ’n bestraffende kostebevel teen die EFF en sy leier gemaak.

’n Kostebevel is teen Malema gemaak en die saak is op die opponerende hofrol geplaas.

In nog ’n saak wat in die dringende hof aangehoor is, het Malema en die EFF ’n aansoek ingedien dat daar nie voortgegaan word om op hul bates beslag te lê nie.

Dit volg op die lasbrief wat AfriForum vroeër vandeesweek bekom het om wel op hul roerende bates beslag te lê ter delging van ’n bedrag van R337 758,68.

Julius Malema (Foto: ANA)

Die balju het reeds begin om op meubels en rekenaars in die EFF se kantoor beslag te lê vir ’n veiling. Die veiling is egter uitgestel hangende die EFF se aansoek vandag.

Regter Johan Louw het die EFF se aansoek egter van die rol geskrap en gesê daar is geen saak vir dringendheid uit te maak nie. Die veiling kan dus nou voortgaan.

AfriForum se regspan het aangevoer dat Malema en die EFF met kwaadwillige litigasie besig is.

Malema en die EFF het gister in ’n verrassende wending ’n bedrag van R126 703,59 vir regskoste aan AfriForum oorbetaal voor vandag se hofsaak. Nog sowat R211 000 is uitstaande wat nou verhaal sal word.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die betaling deur Malema en die EFF aan AfriForum stuur ’n duidelike boodskap dat niemand bo die reg verhewe is nie.

Hy het bygevoeg AfriForum het ’n sterk saak teen Malema. Kriel het gesê die geld wat Malema en die EFF oorbetaal het, sal gebruik word om onteiening sonder vergoeding en grondgryping in die howe te beveg. Hy het die uitkoms van vandag se hofverrigtinge ook verwelkom.

“Julius Malema en die EFF ‘must pay back the money’.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Magda ·

GO AFRIFORUM!! Hoop tog so dit stuur n duidelike boodskap in die manne in die rooi oorpakke dat hulle verseker nie bo die wet is nie..

Moeksie ·

Fantasmagoriese nuus. Well done Afriforum. EFF, julle gaan nog baie in die toekoms bloedneus geslaan word…

Piet ·

Nou moet hulle een vir een agter almal aangaan wat skuldig is aan haatspraak en dan verder na die departemente waarvoor hulle werk wat nie teen hulle wil optree nie.

Arie ·

Dis great! Hy dink lankal hy kan doen wat hy wil, nou moet hy betaal aan sy grootste vyand

Brakenjan ·

Stem vir AFF teen EFF. Beter as al die ander partye saam wat regs van ANC is.

Judge Dredd ·

Ek hoop net al die kommentare wat Afriforum gelukwens, dra darem so bietjie by tot hul geld fonds ook.

Yolanda ·

Judge Dredd, jy is reg. Omstandighede laat my net nie toe nie. R20 vir my, is n brood wat ek probeer rek tussen my en twee klein dogtertjies. Wens ek kon, al is dit net R20 vir Afriforum gee. Ek het n tydjie gelede, maar moes dit stop. Ons het nie tv en is hierdie (Maroela) my enigste vorm van tyd verdryf en stimulasie. Ek is nie seker of ek nog n motor of woonstel sal he teen volgende jaar hierdie tyd nie, want soos jy weet, mag wit mensies nie werk nie. Gelukkig bly ek loop afstand van die skool af. Ek wou regtig nooit kinders gehad het nie, maar na n verkragting, is dit my lot en om enkel ouer te wees. Maar laat my asb toe om kommentaar te lewer sonder om sleg of skuldig te voel?

Christien van der Westhuizen ·

Looi hulle Afri forum trots om lid te wees

ferdi ·

Ons moet hule ondersteun hul doen goed vir wit en swart bravo Afriforum

Petro ·

Slaat hom waar dit seermaak… Sy beursie wat so vol arm mense se geld is
???

Foxi ·

Groot Konings het ook tot n val gekom! Elke ding het sy eie tyd……..

JANEE ·

Wees verseker dat plaasaanvalle nou met rasseskrede gaan toeneem

Karolis ·

Ek kry ook daardie gevoel.
Hy gaan hulle seker aanhits om die uitstaande gelde terug te kry hierdeur.

Miems Heyman ·

Dankie vir wat julle doen. Ek is trots om n lid te wees van Afriforum.

Martie ·

Baie dankie Afriforum vir jul harde werk mag julle geseënd wees

Lerato ·

Jy is reg JANEE

Voor die Swart Maandag optog het ek gewaarsku dat dit ‘n oorlogsverklaring is. En direk daarna is 5 boere vermoor.

Maar publisiteit is belangriker as lewens.

Sekere mense kan jy eenvoudig nie oortuig nie, al ly ander daaronder

DogEkSeMaarOokNet ·

Jy kan verseker nie WIT wees nie Lerato…..word wakker!

Christa ·

Dink vir JM & kie maak die verlies aan meubels meer saak as die verlies aan lewens wat plaasboere in die gesig staar.

RG ·

Ek begin verstaan waarom hierdie land is waar dit is, met mense wat net wil ander pad kyk. BOO!

Niek ·

Wonder waar is daardie slim EFF advokaat wat enige saak kan wen?

Vryheid ·

Kry darem nou lekker.. Dankie Afriforum. Die eff en anc moet nooit dink hulle kan nie vervolg word nie.

Rupert Ashford ·

Knap gedaan. Hou so aan. En so kan sekere Hollyweird persoonlikhede wel geldelik die regte kant van die saak ondersteun. Sy skenk mos graag vir ou Juliusie hulle. Stuur nog geld asseblief!!!

DogEkSeMaarOokNet ·

Sy moet eers weer leer AFFERKAANS praat, sy is mos nou hoogere Yank…..Melk haar dollers …..nog, nog, nog

Dissie ·

Hoekom is ou Malema nou ewe skielik haastig om te betaal en als stop te sit? Watse inligting is op daai rekenaars?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.