
Matroosberg-natuurreservaat in die Wes-Kaap het hierdie foto Vrydag op Facebook gelaai (https://www.facebook.com/pages/Matroosberg-Private-Nature-Reserve/447597915289?fref=ts)
Die land kan weer van Sondag af koue weerstoestande te wagte wees, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesê.
“Minimumtemperature sal oor die land hoofsaaklik enkelgetalle wees,” het Elizabeth Webster Saterdag gesê. “ʼn Kouefront sal die Wes-Kaap na verwagting Sondagmiddag tref.”
Die kouefront kan ook reën na die suid-westelike dele van die land bring. -SAPA