Nóg ‘n kouefront verwag

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat die land weer koeler temperature teen die naweek te wagte kan wees.

Puseletso Mofokeng, senior weervoorspeller, het gesê die suidwestelike dele van die land in die Wes-Kaap en Noord-Kaap kan van Woensdag af ʼn verandering in weerstoestande te wagte wees. Hy sê van Woensdag af is daar ʼn 30% – 60% kans vir verspreide donderbuie in die westelike dele van die Wes-Kaap. Dit kan Donderdag na die res van die Wes-Kaap versprei en ook die westelike deel van die Noord-Kaap insluit. “Ons verwag ʼn 80% tot 100% kans vir reën in die westelike dele van die Wes-Kaap, insluitend Kaapstad en omliggende gebiede.”

ʼn Kouefront sal na verwagting van Vrydag af na Gauteng beweeg en koel weerstoestande in die suidelike dele van die provinsie, rondom Vereeniging, veroorsaak.

Mofokeng sê temperature in Pretoria en Bronkhorstspruit sal na verwagting steeds middelmatig wees, maar inwoners kan sterk winde te wagte wees.

Die grootste deel van die Vrystaat en die Kaap-provinsies kan koue te wagte wees.

Reën word ook vir KwaZulu-Natal en die oostelike deel van Mpumalanga en Limpopo voorspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anon ·

Moet eerlik wees ek sien uit na n bietjie koeler weer. Die afgelope dae hier by ons was erg warm.

Peter Says ·

Lente in die Kaap begin eers in Oktober, September is beslis nog sneeu weer.

Elizabeth ·

Nee kyk, hulle kan die Kaap van Storms maar hou; dis mooi en alles maar die weer is te onvoorspelbaar. By die tyd wat kouerfronte die tyd van die jaar in Gauteng kom is hulle gewoonlik nie meer te erg nie. Hoop nie ek moet my woorde sluk nie, sal darem nie lekker wees as my nuwe lenteblommetjies nou skielik moet swaarkry en dan praat ek nie van die arendbroeipaar se nuweling wat binne die volgende paar dae moet uitkom en alle ander nuwe babavoëls en gediertes wat gaan swaarkry met skielike koue!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.