Nóg ʼn Kovsie sterf

universiteit van die vrystaat kovsies

Universiteit van die Vrystaat. Foto: UV, Facebook

Een van twee studente van die Universiteit van die Vrystaat, wat kritiek beseer is tydens ʼn “sinnelose aanval”, het in die hospitaal gesterf. Dit bring die getal sterftes ná ‘n skietery op drie te staan en dit is die vierde Kovsie wat dié week gesterf het.

Die Phuthaditjhaba-polisie is na die hospitaal ontbied toe hulle in kennis gestel is dat een van die twee studente, wat kritiek beseer is tydens ʼn skietery, gesterf het.

Die groep jong mans was Woensdag omstreeks 00:40 in hul huurkamers by Botjhabela Village naby Phuthaditjhaba toe hulle deur onbekende mans aangeval en geskiet is. Die aanvallers het maskers gedra en het kontant, skootrekenaars en selfone geëis, het die polisie in ʼn verklaring gesê.

“Die polisie is omstreeks 01:00 na die toneel ontbied. Die vier studente is almal verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Qwaqwa-kampus.”

Twee mans het op die grond gelê met noodlottige beserings. Hul vriende het hul uitgeken.

Nog twee studente is na die Mofumahadi Manapo-streekhospitaal geneem in ʼn kritieke toestand.

“Die studente het glo gekuier en het gedrink toe drie mans, met klapmusse, hulle oorval het.”

Die name van die studente is nog nie bekendgemaak nie.

Drie sake van moord en een van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn student wat in een van die universiteit se koshuise op die Bloemfontein-kampus woon, is Woensdagoggend in ʼn afsonderlike voorval dood in sy kamer aangetref. Dit is in hierdie stadium onduidelik wanneer hy gesterf het. Die polisie ondersoek ook dié voorval en die UV sê nes met die voorval in Phuthaditjhaba, “kan meer besonderhede nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Swerwer ·

Wanneer gaan dit stop……………………………die dag as die ANC nie meer die land regeer nie en daar weer wet en orde gaan wees. Beslis nie in die nabye oekoms nie.

Kokerboom ·

Daar is waaragtig NIKS oor in land wat ANC nognie verwoes het!!

Yvonne ·

Elke instansie is besmet…hoe tragies het alles nie geword nie….en die wapens is lyk my maklik bekombaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.