Nóg ‘n kragskok vir verbruikers

                                                                                                 Foto: GCIS

Foto: GCIS

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het aangekondig dat Eskom se kragtarief volgende jaar met 12,69% gaan styg.

Nersa het Eskom se plan goedgekeur om vergoed te word vir die kostes wat opgeloop is tussen 2010 en 2013 toe daar kragtariewe vasgestel is. “Nersa het vandag aangekondig dat hy die implementeringsplan van die regulatoriese aansuiweringsrekeningsbalans (RCA) van R7,8 miljard vir Eskom goedgekeur het,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

Die RCA is ʼn regulatoriese meganisme wat Eskom toelaat om ʼn oor- of onderverhaling van inkomste aan te pas, aangesien die aanvanklike prysvasstellings gegrond is op vooruitskattings en aannames. “Die RCA-balans is ʼn eenmalige verhaling van standaardtariefkliënte sowel as Eskom-kliënte in ander kategorieë en sal eers in die 2015/16-finansiële jaar geïmplementeer word.”

Dit beteken dat verbruikers ʼn bykomende vier persent sal betaal bo-op die agt persent verhoging wat vroeër goedgekeur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andries ·

Elektrisiteit is n vooreg net vir ryk mense. Arm mense kan nie aanspraak maak op krag nie. Nou gaan hulle eers steel. Die volgende wat nou kom is water.

LINDA ·

Gaan die staatspensioene dan met dieselfde persentasie verhoog word?

weet nie meer nie ·

munisipaliteite in die Vrystaat wat Eskom R736 miljoen skuld, gaan nie onmiddellik afgesny word nie.

Colin Matjila, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het vir omstredenheid gesorg by die kragvoorsiener oor ʼn kontrak van R43 miljoen om The New Age (TNA) se ontbytkonferensies te borg, het Mail & Guardian Vrydag berig

absoluut pateties. Hulle kan nie hul diens in plek kry nie – nou met viusvoos publiek opdok vir bogenoemde bedra geld………. hoe het hulle in hierdie poste beland as hulle nie hanteer nie.
wat van die mense wat dood eenvoudig nie meer kan betaal nie!!!!!!!!
Nou sien ek hoekom gee baie mense net op om te leef-in hierdie land is dit net moontlik dat niks sal reg kom nie. Kyk hoe lank hou die stakiing al aan by die Poskantoor.Wat doen Zuma daarom trent niks. Hy het moes sy paleis en sy wagte!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.