Nóg ʼn kragstasie brand

‘n Brand by die substasie in Kloofsig, Centurion. (Foto: Verskaf)

Dele van Centurion is Woensdag sonder krag nadat ʼn substasie in Kloofsig die vorige aand gebrand het.

“Nooddiensspanne het op die brand gereageer en dit in bedwang gebring,” sê die Stad Tshwane in ʼn verklaring. “Ons spanne gaan tans die skade na en sal inligting verskaf sodra die omvang van die skade bekend is.”

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Inwoners van Mooikloof in die ooste van Pretoria was byna twee weke lank sonder krag nadat ʼn brand op 1 Desember by dié kragstasie uitgebreek het.

Groot dele van Kaapstad het ook lank sonder krag gesit ná ʼn brand by die Acacia-substasie Maandagaand. Die meeste dele van die stad het teen Dinsdagaand weer krag gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.