Nóg ʼn KZN-universiteit gesluit oor betogings

Betogings by die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie (MUT) (Foto via Twitter)

Die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie (MUT) in Umlazi, KwaZulu-Natal, het Dinsdag gesê die instansie sluit met onmiddellike effek ná gewelddadige betogings. Studente moet die universiteit voor die einde van die dag ontruim.

Dit is die derde hoëronderriginstansie in KwaZulu-Natal vandeesweek wat nie meer lesings aanbied nie, weens gewelddadige betogings, dreigemente aan personeel en intimidasie van nie-protesterende studente.

Die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT) get Maandag sy akademiese program met onmiddellike effek opgeskort by al vyf sy kampusse in Durban. Die Universiteit van Zululand het ook Maandag sy KwaDlangezwa-kampus en Richardsbaai-kampus gesluit.

Dr. Enoch Duma Malaza, visekanselier van DUT, het gesê studente is aangesê om die instansie Dinsdag teen 16:00 te ontruim. “Die bestuur het met die Raad en Senaat vergader en besluit om die universiteit met onmiddellike effek te sluit ná gewelddadige aktiwiteit op die kampus en by koshuise wat nie op die kampus geleë is nie.”

Buitebande, ʼn voertuig en ander eiendom is Maandag by MUT aan die brand gesteek. Polisiebeamptes is met klippe en bakstene bestook toe hulle die situasie wou beheer.

Nege studente is op die kampus in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

Betogings by die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie (MUT) (Foto via Twitter)

DUT wou Maandag sy akademiese program hervat, maar moes weer lesings opskort weens “onaanvaarbare vlakke van intimmidasie”. Prof. Thandwa Mthembu, visekanselier van DUT, het Maandagaand gesê dreigemente van sekere lede van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) moet in ʼn ernstige lig beskou word, “veral gegewe die vlakke van geweld wat ons twee weke gelede gesien het”.

Mlungisi Madonsela, ʼn finalejaarstudent aan die DUT, is twee weke gelede geskiet, vermoedelik tydens ʼn onderonsie met privaat veiligheidswagte wat deur die instansie gekontrakteer is. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hy was deel van ʼn groep van ongeveer 30 studente, gewapen met bakstene en klippe, wat ʼn administrasiegebou op die Steve Biko-kampus wou bestorm. ʼn Baksteen het ʼn personeellid in die gesig getref. Sy is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

DUT-studente het Maandag teen Madonsela se afsterwe betoog en van die kampus na die stadsaal opgeruk. Dit was ʼn beskermde optog en die polisie het dit as “vreedsaam” beskryf.

Die situasie op die kampus bly egter plofbaar en VSR-voorsitter Sesiyanda Godlimpi, ook die hoof van die EFF se studenteliga, het gesê “daar sal beslissend opgetree word teen studente wat klasse bywoon”. Volgens hom sal klasse ontwrig word “totdat geregtigheid geskied het vir Madonsela se afsterwe”.

Die bestuur van die Universiteit van Zululand het Maandag in ʼn verklaring gesê die universiteit word met onmiddellike effek gesluit ná “gewelddadige aktiwiteit op en buite die kampus Sondagaand”. Studente moes albei kampusse ontruim.

Studente van die stadsgebaseerde Durban South Beach-koshuis van die Universiteit van KwaZulu-Natal het Sondagaand en Maandagoggend vroeg hul matrasse aan die brand gesteek en beddens uit hul vensters gegooi. Die studente betoog oor die toestand van die meubels.

Die voortgesette betogings hou hoofsaaklik verband met “substandaard akkommodasie en swak administrasie of nie-betaling van die nasionale finansiële hulpskema vir studente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wonder net ·

Mnr Godlimpi gaan sit ‘n oomblik rustig stil en dink mooi wat jou aandeel aan die dood van mnr Madonsela was.
As jy nie as VSR-voorsitter studente bly opsweep en intimideer nie sal dinge dalk rustiger raak.
Meskien tyd dat jy onthef word. Maklik om te skree geregtigheid moet geskied sonder om verantwoordelik gehou te word in jou aandeel in al die anargie.

piper ·

maak die plekke toe, laat gaan sudeer in lesutho, mosambiek, zimbabwe.

Alida Engelbrecht ·

Ek dink die studente wat werklik op Universiteit is om te studeer, moet die opsie he om aanlyn te studeer en toetse te skryf. Die eksamens kan dan onder toesig afgele word in n veilige lokaal. Dan kan die jillende massa “studente” voortgaan en afbrand wat nog oor is van Universiteite.

Peet Schabort ·

Van ons ‘meubels’ was van die ou paraffienkaste wat my vader op verskillende maniere gerangskik het. Van dit is na 70 jaar nog in my en my sus se besit. So hou op mor oor meubels. Al verskil tussen ons en hierdie sogenaamde studente is dat ons groot geword het op ‘n grasvlakte met min bome. Sluit die sentrums MAAR dan gaan die wat wil studeer daaronder ly. Hulle is ook gewoonlik die meerderheid.

aj ·

Slaan die lesingsale plat … laai die kennis af op die WOLK en laat die hardwerkendes, wat die kennis kan baasraak gerekenariseerde eksamens aflê by banke, poskantore of besighede.

Laat hulle vanuit hul ouerhuise studeer terwyl hulle help voedsel produseer vir die familie!

Want kennis is nie beperk tot lesingsale met baksteenmure in verafgeleë groot stede nie.

Kennis is in die WOLK!

HPV ·

aj, jy is so reg. Die dae van tersiëre instellings soos ons dit ken is in elk geval getel, dit het met die koms van die anc regime gesterf. Diesefde dood as Eskom, SAL, SABC, rioolverwerking, waterlewering, algemene dienslewering en so kan mens aangaan…

Eddy ·

daai studente is nie werd om tersiêre ondderig te kry nie,laat hulle gaan groente en vrugte verkoop op die sypaadjies of gaan taxis was by die taxi rank want n student moet optree soos n beskaafde mens maar nou ja dis wat die ANC vir die mense geleer het: Plunder,betoog heeldag

Andrea van Vuren ·

Raak ontslae van die betogers en gee die studente wat wil studeer darem ‘n kans! Hou op paai! Dit gaan ons nêrens bring nie!

jakes ·

Al bou jy n 5 ster hotel vir hierdie swape sal hulle steeds iets vind om oor te betoog. Hulle wil nie leer nie maar wil net alles afbrand en mense met klippe bestook. Tragies maar lagwekkend. Geen wonder dat SA reeds oor die afgrond is.

HPV ·

Baie van die wat so “demand” woon in informele nedersettings en hulle praat van “substandaard akkomodasie”! Hulle betaal vir niks maar vernietig miljoene Rand se infrastruktuur want hulle weet hulle gaan nie tot verantwoording geroep word nie. Die anc regime se demokrasie (of dOmokrasie) is om van naar en siek te word. Tans gebruik ek enige denkbare metode om belasting te verminder sodat ek nie die mense se betogings (plundertogte) subsideer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.