Nóg ʼn laekostelugredery vir Suid-Afrika

Een van die lugwaardinne vir die nuwe laekostelugredery, Skywise

Een van die lugwaardinne vir die nuwe laekostelugredery, Skywise Foto: Skywise, Facebook

Reisigers tussen Kaapstad en Johannesburg sal binnekort van nóg ʼn lugredery se dienste gebruik kan maak met die nuwe laekostelugredery, Skywise.

Op Skywise se webwerf kan mens reeds ʼn kaartjie tussen Kaapstad en Johannesburg bespreek vir 5 Maart teen R497,62.

Volgens vorige berigte sou Skywise eers op 26 Maart sy eerste vlug aangebied het, en daarna is berig die eerste vlugte sal op 16 Maart plaasvind.

Die lugredery beplan om aanvanklik 50 vlugte per week beskikbaar te stel met sy vloot van Boeing 737-vliegtuie.  Na verwagting sal Skywise binne die eerste drie maande ook vlugte tussen Johannesburg en Durban en Durban en Kaapstad aanbied.

Skywise is die vierde laekostelugredery in die land se lugvaartbedryf en die tweede wat die afgelope 12 maande sy deure oopmaak, nadat FlySafair in Oktober verlede jaar begin het.

skywise vliegtuig (foto skywise_co_za)

Een van die Skywise-vliegtuie Foto: skywise.co.za

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.