Nóg ʼn laerskoolseun sterf by gewilde Pta-oord

Zambibush Resort. Foto: Via Facebook

ʼn Graad 4-seun is Woensdagmiddag by ʼn gewilde oord in die noorde van Pretoria in ʼn fratsongeluk dood.

Ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het gesê die 10-jarige seun het vroegmiddag glo by die ZambiBush Resort in Sinoville geval of sy kop gestamp en vermoedelik ʼn hoofbesering opgedoen. Die presiese omstandighede rakende die ongeluk is nog vaag en word ondersoek.

“Paramedici het byna twee uur lank onverpoos probeer om die seun se lewe te red, maar dit was tevergeefs en hy is op die toneel dood verklaar,” het Van Dyk aan Maroela Media gesê.

Die Sinoville-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood vas te stel.

Hy het gesê die seun se naam kan nog nie bekend gemaak word nie.

Die bestuur van die oord het sy innige meegevoel met die seun se naasbestaandes betuig en aan Maroela Media gesê hy sal later vandag ʼn persverklaring uitreik.

Dié tragedie volg kort nadat die sewejarige Bohlale Mokoena op 24 September vanjaar by dieselfde oord teen 16:00 vermis geraak het. Personeellede van die oord en lede van die publiek het ure lank na Bohlale gesoek, maar sonder enige sukses. Die oord se bestuur het destyds gesê daar was ʼn paar skole wat die betrokke naweek die oord besoek het en hulle is genader om vas te stel of Bohlale nie dalk op ʼn manier saam met een van die groepe in ’n bus beland het nie.

Sy liggaam is die volgende dag deur ʼn bestuurder in een van die swembaddens gevind. Hy het vermoedelik verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anneke ·

Daar is niks seerder vir n ma en pa om hulle kind te verloor nie. My hart gaan uit na die mense. Mag die Here hulle toe vou met seen en krag.

Ek voel daar moet ouderdom beperkte wees maar anders moet hullle maar eerder die plek toemaak want daar is nou hoeveel gevalle die jaar van 2017 by die plek. Wil graag nog my kinders gevat het maar nou nie meer nie dit maak n ouer bang en vrees bevange ek hoop die plek sal darm help met die familie se reelings.

Jammer ·

Dis hartseer, maar hoekom is dit die oord se skuld. Waar was die toesighouers en of ouers. Dis n baie lekker plek en Ons geniet sit Baie daar. So weet elke sekonde waar my kind is.

Ouer ·

Lewe en bou herinneringe. Die probleem is nie die plek nie. N ongeluk kan by jou huis of op pad soontoe ook gebeur.
Dit bly egter hartseer.

Theresa ·

Dis baie baie hartseer en tragies. Maar definitief nie die oord se skuld nie. Baie mense en enige ongeluk kan gebeur.

Past Susan Smit ·

Die kind was een van my kleinseun se maaitjies. Ek stem saam dat daar moet gekyk word na die ouderdom beperking op sekere goed. Aan die ouers wil ek net se ons as die groot ouers van my kleinseun alle simpatie toewens en dat hulle moet weet al is die hartseer so groot dat Jesus saam met hulle is en dat Hy al klaar die seun in sy arms het en dat Hy ook deur die tyd met hulle is.

N ouer ·

Ek stem geensins saam met jou nie. Daar is wette en regelasies wat so plek moet volg en volgens my het hul in als gedruip. Jy praat van n kind se se lewe waar is die ouderdom beperke bord of die personeel ” life gaurd” wat dit moet beheer. My persoonlike ou pinie maak die plek net toe daar is meer seer as reg nie duidelik sit jy die pot mis. Hierdie is n kind se lewe ouers wat hul kind verloor het dit is nie eerste geval nie dit was n glybaan wat gebreek het war mense seer gery het daar was n kind dood gevind in n swembad en nou is daar weer n kind dood dit kan gald nie n n lekker plek dan wees nie ek sal graag wil sien hoe hul reels want duidelik sit die eienaar op sy rusbank en geensins om vir die mens op sy eindom

DS ·

Anneke asseblief! Ongelukke gebeur. Dit is baie hartseer maar regtig waar was die kinders wat in die voorvalle betrokke was se ouers of onderwysers of watter volwassene wat vir hulle veiligheid verantwoordelik was toe die ongelukke gebeur het? My innige meegevoel aan die familie.

SANNIE ·

alweer hierdie plek, mense moet regtig bietjie gaan kyk wat aangaan

Shane ·

Ken die ouers persoonlik.Dit is net so onwerklik en hartseer om jou kind SO te verloor voor
Kersfees………Niks is ooit weer dieselfde nie!

Francois Ferreira ·

Ek voel baie jammer vir die familie met hulle verlies.
Wil net iets byvoeg. Die oord laat te veel mense in om maksimum geld te maak. Ons was daar vir n kind se verjaarsdag en is heeltemal uit ons bespreekte lapa verdryf laat ons maar moes oppak na n uur. Kon nie eers plek kry in swembad nie. Jy moet fissies jou kind se hand vashou anders verloor jy hom so vol was dit. Die arme 2 lifesavers kon nie voorbly om mense te kontroleer en swemmers uit water te red by glybaan nie. Oor n duisend rand betaal aan ingang. By exit kon ons nie eers uitkom nie want mense in busse stroom net in. Baie mooi plek met verkeerde bestuur. Jammer maar ek sal dit glad nie aanbeveel vir enige iemand nie. Nagmerrie ondervinding en glo my ek kan baie veduur…..

Louise E. ·

Francois, ek stem 100% saam.

Ek is jammer vir die verlies aan lewe. Maar regtig, WANNEER gaan hierdie bestuur wakker geskud word. Dis ‘n totale vertrapping van mense vir liefde vir geld. Ons was daar en sal nooit weer gaan tot dit opgelos word nie. Dis jammer, want dis ‘n lieflike plek met baie potensiaal. Daar was mense wat seer gekry het, wat lank in hospitaal was, nou gaan kinders dood. Dis heeltemal onverskoonbaar.

Is regtig jammer vir die dood van die kind, dis so jammer. Dink aan die ouers.

Liza101 ·

Stem saam met jou. Hulle moet kapasiteit reels oorweeg, dit is onmoontlik om soveel mense te reguleer en te kontroleer, en veilig te hou.

Petro ·

Slaan jy die spyker op die kop… greed ….en swak bestuur…

Marilize ·

My hart breek vir die ouers. Ek is baie jammer vir julle verlies.

Ek dink regtig die oord moet maar hulle deure toemaak. Elke 2de maand is daar iets nuuts. Dis nou al die 2de geval.

Anoniem ·

Dan moet Nkwe en al die ander oorde waar ongelukke gebeur seker dieselfde doen, of hoe?

CK ·

Ja-nee verseker. Mens verstaan ongeluk gebeur, maar soveel in een jaar by dieselfde plek. Bietjie snaaks. Wou ook besoek, maar sal maar eerder weg bly.

JudyCupcake ·

Hoeveel kinders gaan nog of verdrink of beseer word en niks word aan die plek gedoen nie, vorige keer is lyk die volgende dag gekry na ure se soek in alle swemplekke, nee iets is nie reg by die plek nie!!!!! siestog ek is jammer vir die ouers man ai, rus in vrede xx

Kasparrie ·

As die oord so oorvol is laat my dink dis n gulde geleentheid vir beleggers om nog so tipe oord in pta oop te maar

Dell ·

Francois ek stem 100% met jou saam. My ondervinding daar het gemaak dat ek langer as ‘n jaar nie weer soontoe sal gaan nie.

Patryd ·

Ek voel daar moet ondersoek ingestel word na die oord se veiligheidsmaatreëls. Wie ondersoek sulke dinge? My hart breek vir daardie ouers. Maar iemand moet ondersoek instel of alles daar volgens die aanvaarbare bepalings gedoen word.

Liewe lulu ·

Het jul geweet daai water is nooit uitgetap na n lykie hoelank daarin gelê het nie net die gedagte laat mens ril die bestuur stel net belang in geld gee nie n duit om nie. Ek glo kind kon geval het ek na jaar voel nogsteeds die pyn. Mag God die ouers styf vashou want hul lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Sterkte aan hele familie

Wil net sê ·

Die berig gaan nie oor die oord nie, ook nie oor volwasse toesig aldan nie. Dit gaan oor die verlies van ‘n jong lewetjie. Hierdie was ‘n uiters tragiese ongeluk wat ‘n spelende kind oorgekom het. Ons diepste en innige medelye aan die kind se gesin, familie en maatjies

Heleen ·

Hoekom moet iemand geblameer word vir die voorval? Ongelukke gebeur. Jou kind kan onder die beste toesig val en seer kry. Dit kan enige plek en tyd gebeur.

lilipit ·

ek moet saamstem. ‘n Ongeluk kan enige plek gebeur. ‘n Kind kan gly en val in jou eie swembad. My seun het sy voortande prysgegee toe ‘n maat – in ons eie swembad – op hom gespring het (per abuis)… dit kon sy nek gewees het.. en daar was tien grootmense.. maar dit was ‘n ongeluk. En dit gebeur. Dit bygesê… ons het ongelukkig ook ‘n goor ondervinding van die plek gehad! dit was vuil en het nie baie veilig gevoel nie…

ONGELUK ·

As die veiligheidsmaatreels opgeskerp word of seker gemaak word dat die oord daaraan voldoen is daar ongelukkig niks wat jy daaraan kan doen nie. WAT moet hulle doen (byvoorbeeld) as iemand wie se kind NIE kan swem nie hom toelaat om in die swembad in te gaan? Dit bly primer die verantwoordelikheid van ‘n ouer om na die kind om te sien. En onthou . ‘n ongeluk gebeur selfs al is ‘n ouer by die kind. ‘n Kind val op die gladde klippe en stamp sy kop, dit kan by die see op ‘n rots ook gebeur. NET so jammer soos ek vir die ouers is, net so moet mense ook billik wees. AS jou kind op ‘n rots by die see val en sy kop stamp en doodgaan, gaan jy die lewensredders die skuld gee? JA daar kan dalk ‘n beperking op die hoeveelheid mense wees en meer lewensredders aangestel word . maar ‘n ongeluk gebeur ORAL. Kinders verdrink in hulle eie ouers se swembaddens jaarliks, wie word blameer?
Jammer vir die ouers en sterkte vorentoe.

Helen ·

Ons was daar so twee jaar terug, en het dit baie geniet!! MAAR stem saam – Hoeveelhede moet beperk word. Plek is te klein vir die hoeveelheid mense wat daarheen stroom, en dit opsig self is ‘n baie groot risiko. Swembaddens is heeltemal oorvol. Laat my dink aan daai blouwildebeeste wat met seisoensverandering die Mara Rivier in Kenya wil oorsteek met die krokodille in die water….Alles word vertrap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.