Nóg ʼn leeu in Limpopo doodgemaak

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

Die polisie is op soek na verdagtes wat ʼn witleeu doodgemaak en gepoog het om nog twee leeus dood te maak by Ingogo Safaris in Alldays, Limpopo.

“Die leeu is Dinsdagoggend gevind sonder ʼn kop en pote,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die persone is waarskynlik onderbreek, want hulle het gepoog om die vel te verwyder, maar was nie suksesvol nie.”

Volgens Mojapelo het die persone vergiftigde hoendervleis in die kamp gegooi. “Al drie leeus het van die hoender geëet. Die ander twee leeus is geïmmobiliseer weens die uitwerking van die gif. Die witleeu se kop en pote is verwyder.”

ʼn Veearts is na die toneel ontbied om die twee leeus ná die vergiftiging te behandel. Hulle het gesukkel om te loop.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.”

Maroela Media het vroeër berig drie leeus is verlede week op ʼn plaas suid van Polokwane in Limpopo doodgemaak en hul koppe en pote is verwyder. Dit is soortgelyk aan die sake wat vroeër ook in Tzaneen, Mara en Hoedspruit aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jan ·

Op hierdie webblad verskyn daar nou op hierdie oomblik twee berigte oor renosters, een oor leeu, een oor ivoor en een oor donkies. Wat gaan die Chinese nog van ons wegvat voor ons dit stop. Dalk moet ons soos Trump maak.

Anton ·

Jan ” Wat gaan die Chinese nog van ons weg vat” …Ons grond, werk, geloof, skole…ens

SNEL ·

Die renosters lyk my is nou nie genoeg nie, daar gaan ons lieflike leeus ook nou :( Op die einde gaan SA se Groot Vyf nie meer bestaan nie. Ek wil net graag ook sê; baie dankie aan almal wat so hard probeer om ons pragtige diere veilig te hou en hul lewe op die spel te sit om dit te doen.

T ·

So ontsettend wreed. Hoop hulle kry vir die res van hul lewens elke aand nagmerries. Hulle moet nooit weer rustig kan slaap nie.

n ·

waar gaan dit eindig? ons mense word uitvermoor en nou ons diere ook.

Pop ·

En dis skatryk sakemanne wat help om uit te roei. Dis walglik. Die bybel praat oor die ryk man wat nie in die hemel kan kom nie.

M'Lady ·

Hoekom bestaan Ingogo Safaris nog? Dis hier waar die geblikte leeus amper van honger omgekom het?

Penellope Jones ·

Hoekom maak mense ons pragdiere dood?
Hoekom word donkies se velle afgetrek terwyl hulle asemhaal en ongelooflike pyn deurgaan?
Hoekom word ons renosters so uitgeroei?
HOEKOM?
Hoe is mense se denkwyses, wat is hul verwysingsraamwerk om so iets te kan doen aan onskuldige diere ??

Johann ·

Zuma en China is die antwoord, maar niemand doen iets daaraan nie, want dit gee mense werk, dit is nou die armste van die armes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.