Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ’n saak van moord nadat nóg ’n liggaam in die omgewing van Mtwalume gevind is. Dié liggaam word egter nie verbind met die beweerde reeksmoordenaar wat die hoofverdagte in die moorde op vyf vroue en kinders in Mtwalume was nie.
Maroela Media het vroeër berig dié verdagte het hom vroeër vandeesmaand in ’n tronksel om die lewe gebring.
Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het Saterdagmiddag gesê verbygangers het omstreeks 06:00 ’n liggaam op pad werk toe langs die pad in die omgewing van Mtwalume aangetref.
Die liggaam is onherkenbaar verbrand en met plastiek bedek. Dit is nie in dié stadium duidelik of die liggaam dié van ’n man of ’n vrou is nie.
Volgens Naicker dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat die persoon elders vermoor is waarna die liggaam verbrand en in die omgewing van Mtwalume gestort is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Hoe wreed en aaklig is die mensdom nie