Nóg ʼn Limpopo-kind verdwyn

Reneilwe Makomoto. Foto: Verskaf

Reneilwe Makomoto. Foto: Verskaf

ʼn Tienjarige meisie van Limpopo het Dinsdag spoorloos verdwyn in ʼn dorp naby die plek waar ʼn ontvoerde sewejarige seun se liggaam vroeër dieselfde dag in ʼn beesdipsloot gevind is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur na die meisie, Reneilwe Makomoto, wat Dinsdag om 14:00 vir die laaste keer in Capricornpark in Morebeng gesien is.

“Reneilwe is die laaste keer gesien waar sy saam met haar maats gespeel het. Sy het aan hulle gesê sy gaan huis toe, maar het nooit daar opgedaag nie,” het Otto gesê.

Die polisie, waaronder beamptes van die honde- en soek-en-reddings-eenheid asook lede van die gemeenskap neem aan die soektog deel.

Morebeng is sowat 50 km van Olifantshoek, wes van Giyani, waar die sewejarige seun se liggaam gevind is.

Maroela Media het vroeër berig hy is Sondag omstreeks 15:00 in Olifantshoek ontvoer, terwyl hy saam met maatjies gespeel het. ʼn Rooi motor het na bewering in die straat stilgehou en die bestuurder het die seun gevra om in die motor te klim, waarna hy met hom weggery het.

Die voorval is by die polisie aangemeld en ʼn soektog is van stapel gestuur. Sy liggaam is Dinsdag in ʼn beesdipsloot in die omgewing gevind, waar hy in die water gedryf het.

Die motief vir sy moord en die oorsaak van sy dood word nog ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Otto het gesê die voorvalle word nie in dié stadium met mekaar verbind nie, maar die moontlikheid kan nie uitgeskakel word nie.

Mense met inligting en wat weet waar Reneilwe haar mag bevind, word versoek om ao. Mokgolobotho by 082 595 6193 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Laurika,

Dankie vir jou terugvoer. Die Olifantshoek wat in die berig vermeld word verwys na die nedersetting in Limpopo en nie die dorp in die Noord-Kaap nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

charlene ·

Die polisie moet maar net van deur tot deur klop, en deur die huise soek. Dit help nie meer die mense loop deur die strate en soek nie. En voor iemand vra, Ja ek sal my deur vir `n die polisie oop maak as `n kind naby my weg geraak het en hulle soek na die kind!!! Dit raak dag na dag erger en dis onskuldige kinders wat daar onder ly. Nee iets moet gedoen word dis verseker. ek hoop regtig waar die een eindig anders asb Here, nie nog `n kind nie.

Cheryl ·

Miskien n siek mens wat kinders tuiken in daai area… Reeksmoordenaar??? Hoop dit het n goeie einde… Sterkte

charlene ·

Maroela Media: Het julle al enige opvolg hier?? Is sy gevind? Sê die polisie iets??
Sê asb vir ons sy is veilig by haar ouer-huis????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.