Nog ʼn lyk by Kaapse stasie gevind

Century City-treinstasie. Foto: Foto: @Artemu op Twitter.

Century City-treinstasie. Foto: Foto: @Artemu op Twitter.

Die ontbindende lyke van vyf vroue is die afgelope 10 maande in die omgewing van die Century City- en Akasia-treinstasies in Kaapstad gevind.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyfde lyk is Vrydag in ʼn veld langs die Century City-treinstasie in Kensington gevind. Hy kon nie onmiddellik bevestig dat daar ʼn verband is tussen die moorde nie.

“Ons sal al die moontlikhede ondersoek insluitend die moontlikheid dat daar ʼn verband is, maar ons wil nie voortydige gevolgtrekkings maak nie,” het Traut gesê.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het intussen ʼn beloning van R50 000 uitgeloof aan enigiemand wat die polisie kan bystaan om die skuldiges in hegtenis te neem. “Al die vroue is naak gevind en hulle hande was agter hul rûe vasgebind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het De Lille in ʼn verklaring gesê.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ondersoek is steeds in ʼn vroeë stadium en hulle ondersoek die moontlikheid van ʼn reeksmoordenaar,” volgens De Lille.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.