Nog ʼn ma voor Centurion-skool beroof

Foto: kleutermaatjies.co.za

Foto: kleutermaatjies.co.za

Nog ʼn vrou is Woensdagoggend voor ʼn kleuterskool in Centurion beroof, net meer as ʼn week nadat gewapende rowers ʼn ouer voor die Laerskool Wierdapark oorval het.

Kapt. Anton Breedt, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 07:30 voor die Kleutermaatjies-kleuterskool in Jeanlaan gebeur.

ʼn Woordvoerder van die kleuterskool het aan Maroela Media gesê die vrou het in die parkeerterrein voor die skool stilgehou en om haar motor gestap om haar kleuter uit die voertuig te haal, toe die boosdoeners agter haar stilgehou het.

“Hulle het haar op die grond vasgedruk en met ʼn vuurwapen gedreig om stil te bly, terwyl hulle haar juweliersware van haar afgehaal het. Gelukkig het hulle nie haar motor gevat nie, want haar kind was nog daarin.” Die rowers het onmiddellik gevlug. Die ma was erg getraumatiseerd na die voorval en het kort daarna traumaberading ontvang. ʼn Ander ouer en onderwyser wat die rooftog aanskou het, het ook berading ontvang.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 37-jarige vrou van Pretoria is op 5 September in die parkeergebied buite die Laerskool Wierdapark, op die hoek van Meyer- en Chris Hougaardstraat, van haar ring en voertuigsleutels beroof. Die voorval is op kringtelevisie vasgelê en later op sosiale media gedeel.

Breedt het Woensdag gesê die polisie kan nie nou bevestig of die twee voorvalle met mekaar verband hou nie, maar het gesê dit sal deel vorm van die ondersoek. Hy wou ook nie gerugte dat dieselfde silwer Audi-voertuig, wat by die rooftog by die Laerskool Wierdapark betrokke was, ook by die Kleutermaatjies-kleuterskool betrokke was nie en het gesê die fabrikaat en registrasienommer van die voertuig moet nog vasgestel word.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Irene ·

Is dit nou a nuwe ding wat sy kop uit steek in hierdie woeste land van ons ons hande is afgekap ons kan niks doen nie maar hulle mag ons oorval net soos hulle wil as iemand hulle skiet is hul in moeilikheid want hulle weet dit. Ons wil graag weet met al hierdie aanvalle wie en watter nasies is dit gee ons statestiek hiervan

Acca ·

Dis seker ‘n rassistiese aanval want sekerlik is dit nie witmense wat die roof gedoen het nie en mens se swaar verdiende geld steel nie

M ·

Acca, dit is nie net swart mense wat roof nie en dit is ook nie net wit mense wat beroof word nie, daarom dink ek dit is onregverdig om te se dit is rassisties. Dit kom net meer voor as swart mense omdat hulle die meerderheid van die SA bevolking is. Misdaad ken geen kleur nie.

Jakes ·

M. Mens kan darem nog vir jou bid, maar asb kyk rond om jou asb. Jy heel nie bewus wat om jou gebeur in die land.

M ·

Jakes/Asjas, wat ek probeer se is die swart mense word ook geraak deur misdaad, dis juis dat ek weet wat rondom my aangaan dat mens dit kan sien…mens lees daagliks van swart mense ook wat vermoor/verkrag/beroof word, dit is nie net ons blankes nie. Die skurke roof dames voor n skool omdat dit maklike “targets” is , nes hulle ou mense oor rompel. Misdaad raak ons almal in die land, nie net wit nie.

Kaspaas ·

‘N leerling van Tygerberg hoërskool is verlede Woensdag helder oor dag voor die skool se hoofhek aangerand en van sy selfoon beroof. Skool sekuriteit het probeer help, hulle self in die proses beseer, maar was te laat. Skurke het weggejaag in ‘n silver chev cruze. Nog kon registrasie nommer sien nie.
Die dinge begin al hie meer allerdaags raak.

Theresa B ·

10 uit 10 vir jou kommentaar Irene. Enige een kan mos nou sien wat gaan hier aan.

Carel ·

Natuurlik hou die twee gevalle verband met mekaar. Vernietig die misdadiger en die probleem is opgelos!!

Koos ·

Die polisie in Suid-Afrika glo mos nie in misdaadvoorkoming nie nee hulle monitor of ondersoek maar voorkom misdaad……nie vir hulle nie.

Hannie ·

Wat maak dit tog saak of die twee insidente iets met mekaar te doene het…………. Ek kan net dink deur watter trauma die kinders gaan in so ‘n geval! So, die ouers van SA moet heeltyd hulle kinders voorberei op die ergste, gereed maak vir hierdie geweld, moord en aanvalle! Dink net wat deur ‘n kindjie se kop gaan terwyl hy deur sulke onmenslike dinge moet gaan!!! Dit is elke kind se REG om gelukkig en VEILIG te wees! Waar is die polisie? Le met hulle dik, vet, onfikse lywe en slaap in die aanklagkantore?

Jean ·

Nou vra ek WAAR Is die Minister van Veiligheid en Sekuriteit? Waar is die Ministers wat in hulle massas na ‘n plek toe stroom as een van hulle kaders iets oorkom? Is hulle nie bekommerd omdat onskuldige ouers voor skole aangerand en beroof word voor hulle kinders nie? Ek verwag nie van hulle om die area te patrolleer nie, maar ten minste verwag ek dat hulle iets daaroor sal sê, at least dat hulle bekommerd is, maar nou verwag ek seker te veel. Die skool moet nou maar ‘n sekuriteitswag aanstel, wat ook weer deur die vuisvoos ouers betaal moet word.

Paul ·

Arme ongedisiplineerde leerlinge met onnet hare se menseregte is tog veel belangriker om oor te bekommer as die lewe en veiligheid van blanke ouers en kinders.

Asjas ·

Die tipe roof raak nou gewild want dis nie meer so maklik om by huise in te breek nie. Juwele is gesteel want ek los dit mos by die huis, dis nie veilig om dit te dra nie. Hulle sal jou vinger afsny agter ringe aan. Nou dra ek maar my juwele wat die versekering vervang het, net om te hoor ek kan helder oordag beroof word. Hoe nou?? En ek praat nie van grand goed nie, net my trou ring? Dis al wat ek kon vervang, die res is gesteel. Maar ons trou aan mekaar op ander maniere begon wys.

lynn ·

Gaan lees Landdros Loyiso Mzana se woorde Dinsdag in landdroshof in Bloemfontein. Eintlik skokkend.

Piet Snot ·

Verwys jy daarna dat hy aan die beweerde moordenaar van Mev Hettie Thomas gesê het die witmense sal hom doodmaak?
Indien dit waar is, moet daai landdros aangevat word. Skokkend, ja.

Willie ·

Hannie, die feit van die saak is- as dit verband hou, moes iets daadwerkliks al gedoen geword het. Hulle al gearistreer gewees het, voorkomings taktiek al inplek gewees het…
M- ek wil graag ook soontoe trek…

Inge ·

Ek wens ek was ‘n “navy seal”…as hulle nog dink hulle druk my vas is hulle almal se voete en hande agter hulle vas gebind!

Acca ·

M Jy is reg geweld ken nie kleur nie en is orals. Ek wil net weet hoekom is as dit wit op swart is is dit altyd rassitiese en is die koerante vinnig om dit as ‘n rassistiese aanval uit te maak,Maroela ingesluit maar as dit swart op wit is dan word ras byna nooit genoem nie. Kyk maar na die kleuterskool storie die petrol joggie en so kan ek maar nog opnoem. Hoekom is swart op wit nooit rassisties nie maar anders om is dit altyd. Dis tyd dat ons vir alles die raskaart gebruik soos hulle maak want dit is hoe dit is . Rassitiese aanvalle. Kyk maar net en vra hoekom word witmense so aangeval. Dalk moet ons begin statistiek hou van hoeveel kere die.media en mense die raskaart gebruik as dit swart op wit is en anders as dit wit op swart is.

Jax ·

Dit maak my so bang om net by my deur uit te gaan . Ek skrik vir alles ry nie eers na 3 in middag nie. Ek gaan glad nie uit of ry mall toe nie. Ek weet nie hoekom die polisie nie xtra manne krag hier op het nie. Ons mammas word nou geteiken want hulle weet ons kinders is by ons. Vanmiddag na ek op Facebook gesien het van al die roof het ek n panic attack gehad toe my dogtertjie my skrik maak.Dit is aaklig om te voel jy kan nie eens jou kind beskerm nie.

Uvonka ·

Ongelukkig geniet sulke gevalle nie meer voorkeur van ons wonderlike polisie!

Uys ·

Daar was drie jong bravo mans betrokke.
Veral die een wat bestuur is baie jonk.
Die Audi A4 ry met gekloonde no plate.
Die regte A4 is n KZN vlg die tracking wat is die voertuig is.
Hul word meer astrant en swaai wapen rond.
GPF lede het hul gesien roekeloos bestuur maar nie geweet HOEKOM hul so jaag nie.

Lance ·

Die polisie gaan ondersoek instel …ja sure ! PATETIES self dan skelms wat vir die polisie werk …al baie op tv gesien so wat wil hulle ondersoek …hulleself ?

Linette ·

Hi M. Jy is reg om te sê misdaad ken nie kleur nie. Ek het vir nie- blanke kinders skool gegee en eendag in PSW het ons oor trauma gepraat. Ek was geskok oor die misdaad wat meeste van daardie kinders al ervaar het. Baie skokkend! Het my sommer laat voel of ek niks het om oor te kla nie. Dit gaan baie rof by hulle ook en misdaad tref hulle net so erg!

Theresa ·

Moenie sentimenteel oor kleur van ‘n misdadiger raak nie! Makliker om op uitkyk te wees as jy weet waarna om op te let. Hemel tog. Die wêreld bestaan nie uit grys tweebenige lopers nie. Daar is tog al die kleure en ander verskille. Dis stupid om dit te prober wegpraat. Kyk en let op hoe ‘n aanvaller lyk. Rapporteer dit presies so. Dan kan die publiek op die uitkyk wees na die onwelkome element in die samelewing. Die skole moet werkskep en skerpsinnige, flinke, flukse nie-selfoonkykende/ musiekluisterende wagte aanstel om die mense te beskerm. Gewapen en gereed. As dit dan ‘n sagte teiken oorlog word, dan veg mens dit terug. Die regering het geen reg om landsburgers so aan hul lot oor te laat nie. Sies.

Rina Vermeulen ·

Interssante kommentare. M almal word geraak deur misdaad maar wit op swart is groot nuus en altyd rassisties. Weet jy van enige voorvalle waar witmense in hulle gebiede of townships in gegaan het om huisbraak of moord te pleeg ek weet nie. Ons word oorval in ons huise,skole,kerke ag oral .Die geweld wat hulle aan blootgestel word is meeste swart op swart geweld.Weet nie of misdaad kleur blind is nie maar wit op swart is wel Hierdie is nie rassisties nie maar hoe dit gebeur deesdae.

Vera ·

Ek het gister langs die Audi gestop – natuurlik nie geweet dit is hulle nie … Maar hy het met een hengse spoed by die robot in Jean Laan weggetrek, en ek het gewonder wat de heng???

Sonett ·

Wat julle ook Nie by sit nie is dat presies dieselfde by Cornwall Hill College Dinsdag middag gebeur het.

Schalk ·

As misdadigers vrouens , kinders en weerlose mense takel is dit die regering se plig om daadwerklik op te tree met dieselfde felheid waarmee hulle haatspraak aanvat. Kondig dan af aan misdadigers dat genoeg genoeg is. Laat die gemeenskap self die straf uitdeel.

arizona ·

“Fabrikaat en Registrasie nommer moet nog vas gestel word”. Regtig. Is hierdie man ernstig. Dink hy die boewe gaan vir die SAP stop om vining seker te maak die nommers stem ooreen. Is die nommers van die Audi hemel groot op die bak werk aangebring. Regtig. Party van die “woordvoerders” laat my soms wonder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.