Nog ʼn man aangekla oor verf-voorval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Pietermaritzburg is aangekla van poging tot moord in verband met die voorval waar ʼn Malawiese man glo aangerand is en toe van kop tot tone wit geverf is.

Shadrack Wayne Naidoo (28) het Dinsdag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot 22 Januarie wanneer Naidoo saam met Avikar Lutchman (27), sy medebeskuldigde, sal verskyn. Lutchman het reeds op 9 Januarie in die hof verskyn.

Naidoo en Lutchman word aangekla van aanranding en poging tot moord. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Bilaz Asan op 7 Januarie glo met byle en ander gereedskap aangerand het voor hulle hom glo kaal uitgetrek en met wit emaljeverf gespuitverf het.

The Star het berig Lutchman was ontevrede oor swak diens by ‘n motorwerktuigkundige waar Asan werk.

Asan is na die voorval na die Nothdale-hospitaal gehaas, aangesien die verf op sy lyf verhard en sy lippe aan mekaar vasgeplak het. Hy is op 9 Januarie uit die hospitaal ontslaan nadat hospitaalpersoneel daarin kon slaag om die verf uit sy neus, om sy oë en ander sensitiewe liggaamsdele te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Akram ·

Toe nie so lekker om wit te wees nie. Ek moet se dat dit onaanvaarbaar is om iemand met verf te bespuit. Ek wonder of die man wettig in SA is?

pop ·

Hoekom is hy aangerand. Hy werk net daar. Hoekom nie die eienaar van die besigheid nie.Maak n voorbeeld van die 2 meneertjies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.