Nóg ʼn man ernstig beseer toe klip voertuig tref

‘n Foto van die motor (Foto: ANA)

ʼn 30-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe sy motor op die N2 in die Tongaat-omgewing in Durban met ʼn klip gegooi is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdag omstreeks 22:00 gebeur.

Volgens Mbele het die man verskeie beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas.

“ʼn Saak van poging tot moord word tans deur die Tongaat-polisie ondersoek,” het sy gesê.

Dit is die vyfde soortgelyke voorval in dié provinsie, met uitsluiting van ander provinsies, in minder as ʼn maand en twee mense se lewe is al geëis.

Die meeste onlangse voorvalle was Vrydagnag op die N3 naby Brickfieldweg en verlede Saterdag op die N2 naby die Koning Shaka Internasionale Lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mrs.B ·

Dit is nie ‘n klip nie, maar wel ‘n rots. Genade tog, gelukkig is geen lewe geeis in die voorval nie.

Chris Ws ·

Hierdie nie ‘n nuwe gier nie.Dit vind al baie jare plaas.Soveel so dat oorbrugge groot genommer is vir jare al om die polisie te help om te weet presies by watter oorbrug ‘n insident plaas gevind het.Is die KZN regering te onnosel om te sien daar is ‘n reuse probleem?Al die oorbrugge moes lankal so toegemaak gewees het dat niemand soveel soos ‘n mosterdsaad kon afgooi op voertuie wat onder deur ry nie.

Basson ·

So paar jaar terug op die N4 buite Pta (W) met my ook gebeur, SAPS wou nie eens saak open.
(En so rukkie daarna is ‘n onderwyseres van Rustenburg dood in soorgelyke voorval op die N4 )

toy ·

Sit hoe heinings op by die brue wat na binne toe le sodat niks oorgegooi kan word of iemand daaroor kan klim nie.

Elsa ·

Gaan kyk hoeveel groot klippe word afgelaai vir “versiering” by hoofpaaie, daar moet seker ‘n rede wees , en dit is om ander te beseer… Sandton brug ook baie en oral langs paai, dit moet verwyder word….jammer die booswigte kom weg….betroubare polisie en sekuriteitswagte sibaar oral..,dit kan gedoen word, en is moontlik, baie mense sal bereid wees om ook waar kapings algemeen is, diens te doen, nee nou word ‘n padteken opgesit opas hijacking risk wees sigbaar POLISIE
..

Chrisjan ·

Hopelik gaan die geagte DA-raadslid/verteenwoordiger dieselfde bedrag skenk en dieselfde moeite doen as met die onlangse voorval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.