Nóg ’n man gestraf vir kinderpornografie

Argieffoto

’n Man (53) is Woensdag in die streekshof in Durban tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir kinderpornografie waarvan vyf jaar opgeskort is.

Gert Harmzen is in Junie 2018 in hegtenis geneem nadat die polisie kinderpornografie wat foto’s en video’s van 105 GG insluit, in sy besit gevind het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, sê Harmzen is in hegtenis geneem vir die aflaai en besit van kinderpornografie ná ’n deeglike ondersoek deur die KwaZulu-Natalse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, KwaZulu-Natalse polisiehoof, het ná afloop van Harmzen se vonnis gesê die land word deur talle voorvalle van mishandeling van vroue en kinders in die gesig gestaar. “Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat diegene wat weens sulke misdade gevang word uit die samelewing verwyder word en dat hul name in die register vir seksuele oortreders geregistreer word om kinders te beskerm.”

Dit volg kort nadat David Lotz, ’n voormalige staatsaanklaer, vroeër vandeesweek 10 jaar tronkstraf opgelê is vir ’n soortgelyke oortreding.

Maroela Media het vroeër berig Lotz (44) is Maandag op 157 aanklagte van kinderpornografie en een van seksuele aanranding in die streekshof in Parow in die Wes-Kaap skuldig bevind en gevonnis.

Die polisie het op verskeie bewysstukke beslag gelê en Lotz is op 31 Desember 2016 in hegtenis geneem. Hy het kort ná sy inhegtenisneming as aanklaer bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marie MALAN ·

Solank hul swaar gestraf word, maak hul BAIE BEKEND EN LAAT HUL SUFFER SOOS DIE KIDS MOES????????????????

se maar net ·

mag hulle iemand anders se kind in die tronk wees wat seksuel misbruik word of sommer almal se kind

Kiepie ·

Word sulke mense so gebore of wat gebeur met hulle dat hulle so siek in die kop raak?

Toetsie ·

Hoe gemaak as ek weet van so n saak ook in dieselfde omgewing, wat aangemeld en ondersoek is deur polisie, maar net nie vorder nie???

Karolis ·

Daar is altyd iemand hoër in rang. Gaan op en hou aan totdat jy reaksie kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.