Nóg ʼn man sterf ná hy uit voertuig geslinger word

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Nóg ʼn man is Donderdagmiddag dood nadat hy uit sy voertuig geslinger is toe dit gerol het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het Vrydag gesê die man het met sy sportnutsvoertuig op die R41-pad in Randfontein, wes van Johannesburg, gery toe die voertuig betonversperrings langs die pad getref het. “Die voertuig het daarna ʼn betonpilaar getref en verskeie kere gerol, en die man in die proses uit die voertuig geslinger. Die voertuig het op sy kant tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.

Toe paramedici by die toneel opdaag, was niemand in die voertuig nie. “Eers na ʼn lang soektog is die man se liggaam sowat 100 meter van die voertuig aangetref. Hy was reeds dood.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn man naby Lydenburg in Mpumalanga gesterf het toe hy uit sy voertuig geslinger is toe dit teen ʼn steilte afgerol het. Dié ongeluk het Donderdagmiddag op die R37-pad plaasgevind. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.