Nóg ʼn man sterf op plaas

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Enkele ure nadat ʼn bejaarde man Vrydagaand op ʼn plaas buite Potchefstroom in Noordwes met ʼn haelgeweer doodgeskiet is, is nog ʼn man op ʼn plaas in die Wes-Kaap vermoor toe hy sy gesin wou beskerm.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Sondag aan Maroela Media gesê die man is Saterdag teen 00:20 in sy plaashuis naby Philadelphia, noordoos van Melkbosstrand, oorval.

“Volgens berigte vanaf die toneel het vier verdagtes met klapmusse aan die man se huis binnegestorm terwyl die huiseienaars gekuier het. Die slagoffer het hulle genader, waarna hy geskiet is,” het Van Wyk gesê. Die aanvallers het daarna te voet van die toneel gevlug.

Die man is na ʼn hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief vir die aanval word ondersoek.

Die slagoffer is glo pa van twee dogtertjies en het gesterf toe hy hulle wou beskerm. Sy ouderdom was nie dadelik beskikbaar nie.

Die voorval volg nadat ʼn 69-jarige man Vrydagaand op ʼn plaas in die Vyfhoek-omgewing buite Potchefstroom doodgeskiet is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het vroeër aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 22:30 plaasgevind.

“Die man en sy seun het gaan ondersoek instel toe die alarm afgegaan het. Hulle is na buite waar hulle drie verdagtes by die heining gesien het,” het Makau gesê.

ʼn Stoeiery het glo ontstaan en een van die aanvallers het die man met ʼn haelgeweer van ʼn kort afstand af in die bors geskiet. Sy seun het die aanvallers teengestaan en van die haelgeweer en ʼn mes ontwapen. Die verdagtes het ook ʼn selfoon laat val voor hulle te voet van die toneel gevlug het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam is buite die erf aangetref. “Hy is ondersoek en het geen tekens van lewe getoon nie. Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Wynand Nel ·

Motief…motief…motief…selfs my 11jarige seun sal vir jou se die enigste motief is volsmoord. Hulle vat maar n selfoon of bietjie geldjies vir die skyn.

Leahim ·

Ek stem saam die motief is rassisme en volksmoord skiet die wit boere op die plase dood .

Pieter ·

As die boere so gehaat word hoekom eet hulle elke dag?Alles wat ge-eet word is van n boer oewers afkomstig

madels ·

Ek stem 100% saam, en hulle wil die broodwinners veral doodmaak! Hoeveel pa’s oupas is nie al die afgelope paar jare vermoor nie! Ek weet nie eers hoekom die boer uit sy huis uitgestap het nie. Jou huis is jou veilige vesting en as jy iemand buite sien rondbeweeg, skiet n waarskuwings skoot. Genugtig mense hoe kan ons hierdie boodskap in die boere se koppe kry?

tamboti ·

Afrikaners wil nie saamstaan nie: hulle word die heel tyd beledig en vals beskuldig oor die “sondes van die verlede”. Dan is daar die’ wat nie kan besef, erken en deel met die feite nie!
Die groepie wat wel wil ek kan saamstaan sal genoeg wees as ons net die verraaiers onder ons kan uitwys en verstoot.
Die volksmoord het nie by Winnie Mandela of apartheid begin nie, dit het begin toe die bleek mens in Afrika voet aan wal gesit het – dit is die feit en waarheid.

Jaco de Waal ·

Ons mense sal ons self baie meer moet beveilig as ons die kans het om te doen wanneer daar ingebreek word die kans is so te sê 100% dat jy of dood gemaak word of half dood gelos word en jou vrou verkrag gaan word ek sal nie vrae vra nie net skiet al gaan sit ek in die tronk ek sal nie met my gewete kan saam leef as my mense iets moet oorkom, die tipe mense voel niks vir jou en op daai oomblik jy ook nie vir hulle.

Leahim ·

Jaco dit is presies wat ek ook sal doen as ek ooit in so situasie geforseer word deur hierdie moordbendes.

Hendrik ·

Hoeveel hoetvan gaan ons verduur? Is dit nie HEEL DUIDELIK dat ons in n staat van oorlog verkeer nie? Die weermag word ingespan om inwoners van Kaspstad te beskerm, maar wat van die boere! Tyd om op te staan, saam te staan, bid.

John Samuel ·

Jou laaste sin daar is ongelukkig wat Boere Afrikaners nie kan doen nie.

LBS ·

L.W. Ook nie ALLE inwoners nie, maar daar op die Kaapse Vlaktes, waar al die dwelmbendes so moord pleeg.

Boer ·

Aangehits deur Zuma en Malema. Hierdie twee moet tot verantwoording geroep word. Dit is niks anders as terrorisme nie.

CHRISTA ·

Dit het al begin by Winnie Mandela toe sy met haar vriende deur die strate geloop het en geskree het “Kill the Boer, kill the Farmer” “One settler, one bullet”!!!

Cherokee ·

CHRISTA, ‘n maand of drie gelede het ons die lokale ‘Home and Garden Show’ besoek en naby die ingang van die hooflokaal was daar ‘n lewensgrootte skets van Winnie Mandela. ‘n Jong Zulu in kultuurdrag het aan my beduie dat ‘it is Winnie Mandela’ en op my een woord-antwoord “Stompies murderer’ het hy ‘yes, it is true’ gemompel en homself weerhou van meer woorde.

Hesty ·

NEE dis om van te SKREE!!!!
Daar was altyd gesegde jare terug , “eendrag maak mag”!!
Wanneer gaan ons saamstaan en ophou om nt te praat….
Dis so seer sterkte aan die families…..

CHRISTA ·

Eendrag maak mag was nie ‘n gesegde nie, dit was ons land se LEUSE!!

Anoniem ·

Moes hulle sit en wag het om in hulle eie huis vermoor te word? Ongelooflik hoe maklik mense oordeel fel! Ongelooflik…

Haan ·

Anoniem, hoe is dit “sit en wag” as n boer homself met n vuurwapen aan die sy weerbaar maak? Ek sou sê dat die boere wat weerloos sonder wapens rondloop díes is wat “sit en wag”

Swannie ·

Nou waar is FW en gespuis nou ??

Volgens hulle moes die land verniet weggee word om `m bloedbad te voorkom.

Nou word ALLE blankes stelselmatig uitgewis !!

Oom Doug ·

Dit is n bloedbad. Die land is weg gegee. Maar dis nie genoeg nie. Die wit man moet sterf.
Iemand het vroer geskryf on wit te wees is teen die wet. Boere moet dink voordat hulle uit die huis gaan. Hou jou wapens by jou asseblief.

johny_cash ·

vang die plaasmoordenaars en martel hulle , dan sal hulle vir jou vertel dat die regering sit agter die hele storie , hoe dom het afrikaners geword !

anton ·

Ek stem saam met jou johny!!!
Om daai en ander inligting uit hulle te kry is gladnie moeilik nie.
Met die regte metodes, sal hulle sing soos n Kanarie!!!
Neem dit op video, en versprei dit, dan sal baie mense se oe dalk oopgaan.

janneman ·

Glo my, daai kriminele sterf eerder self as wat hulle praat en motiewe openbaar. As hy praat, en dit word bekend, is die marteling van “impimpi’s” baie erger as om eenvoudig dood gemaak te word, daarom praat hulle glad nie.

Marti-elize ·

Mense, as julle dit nog nie weet nie,..ons blanke volkie is vervloek deur hulle sangomas en hulle gebruik elke dag toordery en muti teen ons om ons uit te wis!!! Ons sal moet bid soos nog nooit tevore nie, bid dat die bose magte in Jesus Naam hierdie land sal verlaat!
Hulle dink hulle is sterk, want hulle dink ons God help ons nie…Ons moet almal eendragtig in geloof saamstaan en BID, tot die Almagtige Vader, ons Redder en Verlosser, Hy sal ons weer help, teen hierdie bose magte wat nou die baadjie van rassisme aangetrek het……

CHRISTA ·

Marti-elize die eerste deel en tweede deel van jou kommentaar maak geen sin nie. Omdat ek ‘n kind van God is en Christus se bloed my bedek het GEEN sangoma OF sy toordery mag oor my nie!! Nie eers Satan het mag oor my nie, want Christus het sy mag gebreek die dag toe Hy uit die dood opgestaan het!!

Wag ·

Hou deure gesluit en wapen gereed ten alle tye, moet nie buite gaan ondersoek nie. Wag vir hulle binne jou huis en dan eers verdedig jy jouself, maar nie buite nie. Binne.

Callie ·

Almal, ek inkluis lewer kommentaar. Positief of negatief. Niemand staan egter op nie en as iemand opstaan volg niemand, hulle kritiseer net. Bewys is by meisie wat in straat geskiet is. Niemand gaan hof toe en staan saam en dreig nie. Net met n rassis saak teen blankes is daar hordes swartes wat dreig en hof gyselaar hou om die uitslag in hulle guns te kry. Gebruik my bydrae by afriforum, help die wittes soos daardie, reel optoggangers soos die swartes dit doen. As die blanke nie nou gaan begin saamstaan en hul regte opeis nie gaan Cyril Rhamaposa die wit padda gaar en dood kook. Daar sal nie meer krag oor wees om uit die water wat al kook te spring nie

Presies ·

Dis ‘n taal wat ons normaalweg nie praat nie, maar ‘n taal wat skynbaar effens verstaan kan word, veral deur die media: om in massas op te trek na hofsake, en daar elke keer ‘n groot bohaai te maak. Ons doen nie sulke dinge nie. Ons het nie tyd nie. Ons is besig. Ons is nie lus nie. Dis benede ons waardigheid. Dis te ver. En so gaan die moorde voort, dag vir dag. Tot dit ons beurt is.

Cherokee ·

Waarom dink enige van julle dat betogings en proteste by ‘n hofsaal enige invloed kan hê op die verloop van ‘n saak? Indien julle wel so dink woon julle in Afrika.

Cherokee ·

Anoniem, ongelooflik hoe mens so onkundig kan terugvoering gee op ‘n sinvolle kommentaar. Ongelooflik… want wat Charle gesê het maak tog sin.

Sê maar net1 ·

Ek hoop jy weet hoe om in so ‘n situasie op te tree en onthou dit en stap lewens daaruit….

Grotman ·

Ons volk kon nog nooit saam staan nie. Die boere oorlog het dit mooi getoon. Ons sogenaamde eie mense het ons uit verkoop. As die popo die fan strike, hoe gaan jy weet wie jy agter jou kan vertrou.

Anti Verraaier ·

Jy is reg Grotman want dit is die smeltkroes waarvan Siener gepraat het.Die wat deur dik en dun bymekaar gaan staan gaan die wa deur die drif trek.Die libs en verraaiers gaan op die vlug slaan en dis goed so want ons gaan nie ekstra en onnodige bagasie kan hanteer nie.Die mense met geloof rugraat en integriteit sal die redding wees.De Klerk en sy meeloper (wat nou n lid van die anc is) en die grootste verraaiers is gaan nog swaarkry want niemand gaan hulle help wanneer die popo die fan strike nie.Ook nie die buiteland nie want veral Duitsland het jare gelede deur hul gesien.Die verraaiers gaan siele sonder n land wees en hulle het alreeds alles verloor – respek.

Cherokee ·

Grotman, jou ondersteuner by name Anti-Verraaier trap jou nie eens uit oor die eindelose herhaling van ‘ons volk wat nie kan saamstaan nie’. Jou ondersteuner vra jou nie eens waarom jy die holrug-rympie steeds ry nie, so jou ondersteuner by name anti-verraaier ry dit self selfs meer holrug.

Cherokee ·

Wànt Anti-Verraaier, dit klink asof Siener vir jou die enigste siener was terwyl jy in die Groot Boek kan gaan lees van wie wèrklik die sieners was. Wie wèrklik die profesies gelewer het.

Tiger ·

Ai wat ‘n tragedie!Mens is nie eens veilig in jou huis nie.
Ek en my man is 24/7 gewapen.Ons is pensioenarisse en woon al jare op my ouers se plaas.Ons beweeg net in die dag buite rond en dan is dit net vir ‘n paar minute ook.Soe die plaashonde in die nag blaf sit my man al sie sekerheids ligte aan wat die hele erf om ons helder verlig.Die huis bly in donkerte so ons kan by vensters na buite kyk sonder om gesien te word.Ons sit ook nie ons voete buite nie ongeag.Ons het ‘n hond wat binne die huis slaap om ons te waarsku sou ‘n terroris aan ‘n venster of deur raak terwyl ons slaap.So ons gaan ‘n aanvaller/s inwag BINNE die huis en glo my hy en sy comrades gaan soos ‘n sifdraad lyk na ons klaar is ongeag wat ”die wet” se!Ons het ook ons plaaswag radio waarmee ons vir hulp kan roep.So ons is redelik paraat.Boere MOET net meer paraat raak om te kan oorleef in die geokestreerde aanslag teen hulle.

Cherokee ·

Tierwyfie, ek hou van wat jy sê! Eintlik like ek dit heavy!!! Versprei dit asseblief wyer.

Tiger ·

Dankie “Cherokee”.Hoe maak mens as ‘n plaaswag vergadering net deur 5 uit 30+ boere bygewoon word?Wie gaan na my voorstelle luister? As ek my rok eenkant lig en been wys ( ‘n ou been, lol) sal ek dalk iemand se aandag getrek kry.Maar niemand wil luister na goeie raad nie.Behalwe dalk jy!

Eish ·

Twee blanke boere die naweek.
Die bloed kook.
Die kerk swyg, selfs die sambreelliggaam, die SARK, behalwe oor die geldknoeiery.
NG kerk skeur homself uitmekaar met hofsake in Rapport.
Die res, praat net tussen die vier mure, bid net tussen die vier mure en begrawe die vermoordes, tussen die kerk se vier mure… een pastoortjie skryf darem n brief vir die ” nuut verkose president”
Moet die kerk nie begin om sterker standpunt in te neem nie? Dit is dan die samelewing se gewete!
Vergeet bietjie van grootdoop en kleindoop, hande ophef of begrafnisgesigtegesange, gaaitjieponder, happy clapper of charismaat.Genugtig, ons word vermoor, ons verarm en word soos tweedeklas burgers behandel.
As daar een instansie is wat die grootste groep blankes bymekaar kan bring, is dit juis dit wat ons deel, waardes en geloof.

Cherokee ·

Eish…. dit is juis nòu wat ons moet saam hande ophef en met koorsang, lofliedere, smekinge en prysliedere erkèn dat ons Sy Hand, die Koning van die konings se Beskermde Hand nodig het. En ons moet dit doen met nie slegs orrels en klaviere maar met enige en elke musiek instrument tot ons beskikking! En nie soos standbeelde maar soos dankbares juig omdat ons Koning van die konings aanbid… PRYS SY NAAM TOT IN EWIGHEID..!!!!!!………….

Joanie ·

Ag die kerk is te bang hulle OFFEND dalk die regering en die moordenaars. Dit was nog altyd so, altyd so bang hulle offend ander mense dat hulle hulle eie lidmate verloor en uiteindelik wegjaag uit die kerk uit. Vra maar ‘n baie bekende kerk in Pretoria hoeveel lidmate het hulle onlangs verloor, ek praat van 3000 lidmate, omdat hulle altyd te bang is om te OFFEND!~

Chrisjan ·

Die kerke is besig om by die lewendige boere beeste te bedel vir die fondsinsameling.

Jacques venter ·

Die verkoop en dra van klapmusse moet deur wetgewing verbied word

Witbooi ·

Innige simpatie met die families wat in rou en krisis gedompel is weens die wetteloosheid wat die aanslag toelaat.

Vermeende ·

Gelukkig het ons vryheid van spraak is SA wat die media en ook MM bevorder…….mits dit polities korrek is. Ek mag dink wat ek wil en ook groot drome droom vir my veiligheid maar ek mag dit net nie se nie.

Elke moord sal nog gewreek word en geen party sal ons dan kan voorskryf of kalmeer nie.

Net die naweek alleen was daar 4 moorde in 5 aanvalle.

$ ·

Vroeër is berig boere is vermoor; die laaste twee plaasmoorde word slegs verwys na mans wat vermoor is en die leser moet self die afleiding maak of dit die boer is, ‘n werker of ‘n familielid/kuiergas deur legkaartstukke bymekaar te pas deur woorde soos “plaashuis” en “huiseienaars”. Waarom noem Maroela nie pertinent of dit die boer is wat vermoor is nie? Sal dit die moord op ons boere enigsins “versag”? (by gebrek aan ‘n beter woord). As dit ‘n werker is en nie die boer nie, bly die dood net so sinloos, wreed en hartseer; as dit die boer is gaan nog ‘n boerdery tot niet (of minstens tydelik), word nog honderde plaaswerkers se lewens en inkomste geraak, word nog ‘n plaas se voortbestaan bedreig, word die aanslag op ons boere nog duideliker – waarom wil Maroela nie meer die woord “boer” in hul berigte noem nie?

Ai, man wat gesterf het se gesin en geliefdes, ek is só jammer oor julle seer en verlies. Ek is só jammer dat die twee dogtertjies en hulle mamma, hulle oupa/s en ouma/s, ooms en tannies se harte vanaand stukkend is.

Mag julle troos vind in God se barmhartigheid en teenwoordigheid, en by Hom leiding vind oor die pad vorentoe …

Phillip ·

Dagsê $

Tans kan ons net berig oor feite wat aan ons bevestig is deur betroubare bronne. Dit is in die stadium nie bevestig of die slagoffers wel boere was, of slegs huiseienaars wat op plase gebly het nie. Ons wag vir verdere bevestiging van familie, vriende of die polisie en dit vat soms tyd voor al dié inligting bevestig kan word. Hou gerus Maroela Media dop vir opvolgberigte.

Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Afrikaanse Knaap ·

Volksmoord.
Selfbeskikking is ons volk se enigste hoop om oorlewing.

Callie ·

Ai en hoe nice is ons ou boerenasie tog. Sit op ons banke en tik medelye boodskappies en vra waar is die kerk, waar is geregtigheid, hoekom gaan boer uit in die nag, hoekom..hoekom. Suid Afrikaners, wit spesifiek, julle praat en praat en praat. Lig julle agterente en begin iets doen.

Amanda ·

Cry, my beloved country! Evil-doers are all over the place!;(

Zebra ·

“Die ou oom see seun het drie aanvalle teenagers and en van die haelgeweer en mes ontwapen” Mense Wie is hierdie seun? Wat drie erg gewapende mans ontwapen het? Waar is hy? Laat hy n leier word!! Ons kort n De la Rey! Hier is hy!!

Zebra ·

Typos: “die ou oom see seun het drie aanvallers teengegaan …”

Johan ·

Manne god wil julle help Gee net die eerste tree julle bid al lankal vir die reg,gee net die eerts tree!!!!

Verstaan nie ·

Terloops kan julle lesers nog die biddag onthou waar baie mense die diens bygewoon het en almal gebid het vir die moorde op ons mense te stop en vir n beter SA, sindsdien is daar al weer baie plaasboere en burgers of vermoor of aangeval en almal bid nog steeds.
Ek het nog absoluut geen verandering opgemerk nie, kan iemand my dalk n verklaring gee hieroor.want ek kry so langsamer hand die gedagte dat bid dus ook nie help nie en kerke onderneem ook niks.

Tiger ·

Oorlog verklaar met watse wapens?? Die anc regime was baie slim deur mense(blankes) te oortuig om hul wapens in te handig en so is daar duisende mense wat hulself vrywilliglik ontwapen het tot die anc se groot tevredenheid !

Baby ·

Motief vir moord? White genocide. Aangevuur deur die EFF en BLF en onderskryf deur die ANC.

Johannes Meintjes ·

Uiters betreurenswaardig! Meegeveol. My beskeie voorstel is vir ‘n nasionale kommuniaksieprogram om persoonlike en gesinsparaatheid op plase te bevorder met belastingtoegifte vir veiligheidsinstallasies en beveiligingsdienste.

Tiger ·

Dis ‘n baie goeie voorstel maar van belasting toegewing deur die’ anc regime kan ons vergeet.En om boere te oortuig om ‘n midband radio te koop en in te skakel by die bestaande netwerk in ons omgewing ,het ek en my man gevind is onmoontlik.

Theresa ·

Innige simpatie aan die families! In een berig – dankie aan die dapper jongman!
Wat ‘n treurige dag dat nog mense van ons volk vermoor is.

Wil graag iets vra: Kan die verskillende moorde en gebeure in aparte artikels weergee word, asb. Om meer as een moord in een berig te weergee, verwar die gegewens en die inligting.

petrie ·

Vergeet van saamstaan.
Beveilig jouself en jou mense en moet onder geen omstandighede uit die huis gaan om ondersoek in te stel nie. Dit gaan fataal wees.
Wees wakker en paraat.
Ons mors tyd om vrae te vra oor hoekom staan ons nie saam nie. Ek dink die stelling is al holrug gery.
Wees selfsugtig en dink aan jou gesin eerste. Hoe baie moes my man uitgaan in die aand na ander boere toe wat om hulp roep. As hy daar kom, was daar geen beveiliging deur daardie boer gedoen by sy huis nie. Geen heining, die honde groet alle vreemdelinge vriendelik en geen diefwering nie.
Hoekom dink sekere boere dat hulle verhewe is bo misdaad. Ons wat ons huis beveilig en maatreëls instel, moet ons lewens in gevaar gaan stel by iemand wat GEEN beveiliging doen nie.
Word wakker mense! Nie een van ons kan sê dit gaan nooit met ons gebeur nie. Maak jou werf veilig en wees paraat. Moenie ander mense wat hulle deel doen se lewens in gevaar stel nie!

Tiger ·

Petrie ons ken dit goed!Sukkel meer as 4 jaar om boere in ons GPF sektor te motiveer om ‘n radio aan te skaf en by die bestaande netwerk in te skakel maar dis pure verniet.So ja,ons hou onsself so paraat as moontlik al lag ander ons uit omdat ons “paranoois” is.Die mense wil nie besef dis NIE ‘n cowboys & crooks speletjie nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Zuma stuur gedurig boodskappe van vertroosting en medelye aan een en almal wat doodgaan of doodgemaak is en wonder ek of hy al OOOOOOIT soiets gedoen het waar daar op ‘n daaglikse basis van ons mense op die plase vermoor word. Sekerlik nie. Hy stel nie belang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.