Nóg ʼn man sterf toe motor hom tref; bestuurder vasgetrek

Argieffoto

ʼn 27-jarige man van De Doorns in die Wes-Kaap is dood nadat ʼn motor hom op die N1 net buite dié dorp raakgery het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man is glo deur ʼn ligte voertuig raakgery.

Volgens Meiring het die man se liggaam in die middel van die pad gelê toe nooddienste op die toneel aangekom het. Die motor het sowat 200 m van die toneel langs die pad gestaan.

“Daar was niks wat paramedici vir die man kon doen nie, en hy is op die toneel dood verklaar,” sê Meiring.

Volgens hom is die bestuurder van die voertuig in hegtenis geneem. ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Margaret Rautenbach ·

n moord op n bejaarde nou is die ANC ontsteld wat van die bejaarde plaaaboere wat gemartel verkrag en vermoor word dit maak nie sin nie

Buitestander ·

Is dit reg dat een meens so in ‘n oogwing ‘n mens of mense van hul lewens beroof?
Hul kry mitskien ‘n boete en gaan vry daarvan weg.
Lewe en laar lewe.
Groete vir die res vir van die feesseisoe.

Basjan ·

Dit is teen die wet vir enige voetganger on op ‘n snelweg te wees.

Buitestander ·

Dat een persoon (Besrtuurder) met wapen van massa vernietiging toegelaat word om in een feesseisoen soveel lewens te neem.

PJC ·

Die betrokke pad is ń nagmerrie. Dit wemel van voetgangers en diere. Die duur heinings aan weerskante van die pad is vol gate ten spyte van die voetgangerbrug oor die pad en intussen verskyn die hop huise oornag soos paddastoele weerskante van die pad. Ek is van mening dat dit ń beplande strategie is om plakkerskampe landwyd langs paaie te begin.

Lientjie ·

Daar stem ek saam met jou. Hulle sit sommer langs die pad met hulle kos stalletjies ook en al is die voetgangersburg daar word dit nie gebruik nie, en die voggies is maar oor hierdie tyd ‘n probleem.

LB S ·

PJC ek is geneig om hierdie mening met jou te deel. Ek sien hierdie ding kop uitsteek in die Kaap reg langs die N1. Een of twee effens weggesteek onder ‘n bossie. More oormore het dit handuitgeruk.

Victorious ·

Hulle hardloop net oor die pad. Geen ontsag vir die motors nie. Hoekom moet die motoris aangekla word as hulle heeltyd die reels verontagsaam???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.