Nóg ʼn man vas vir kinderpornografie

Argieffoto

Argieffoto

In nog ʼn skokkende voorval van beweerde kinderpornografie is ʼn 19-jarige man Donderdag in Pretoria in hegtenis geneem.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die man word verbind met vier ander verdagtes wat in September in Hercules in Pretoria in hegtenis geneem is in verband met die besit en verspreiding van kinderpornografie. Die man het reeds in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Dit is die tweede geval vandeesweek waar mense in hegtenis geneem word vir die maak, besit en verspreiding van kinderpornografie. Die polisie het Dinsdag ʼn 39-jarige man van Boksburg aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy glo naakfoto’s van sy vriendin se vierjarige dogtertjie op die internet versprei het. Die man het na bewering sowat 50 naakfoto’s in verskeie posisies van die dogtertjie geneem en dit aanlyn geadverteer, sonder haar ma se medewete.

Naidoo het gesê die man het Vrydag in die Boksburg Noord-landdroshof verskyn en sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 30 Oktober.

Intussen het genl. Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, ʼn beroep op ouers gedoen om hul kinders se aanlyn aktiwiteite te monitor. “Ons is bly dat hierdie stille maar gevaarlike misdaad die aandag kry wat dit verdien en dat verdagtes elke tweede dag vasgetrek word. Ons glo egter dat ouers ʼn verantwoordelikheid het om te weet waarmee hul kinders hulle besig hou wanneer hulle aanlyn is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dennis ·

Mooi so, hoop hulle vang die hele spul, wat gaan aan in vandag se saamelewing.?

Winston ·

Siek. Hoop daar volg nog arrestasies en hopelik gepaste vonnisse ook.

Yvonne ·

Al die vieslike goed gebeur nie op ons kinders se aanlyn aktiewiteite nie, maar die van volwasse SIEK mans. So ek verstaan nie hoekom hulle dit eers noem nie?? Dink nie die pornografie word gepos op kinders se facebook blaaie nie maar op ander siek freaks se aanlyn sites!!

Genis ·

Die internet wat ons sien is mos net 3% van die ware internet. Daar is ‘n diep web, die domein van die bose, waar die soort goed verkoop word, en erger. Groot internasionale mark daarvoor. Maar hulle gebruik die anonieme Tor router. The onion router. Het hulle eie geldeenheid ook, bitcoins waarin transaksies geskied. VSA besig met verskeie ondersoeke, ons polisie is te terug op die brug hiervoor. Hou kinders weg van die internet. Dis ‘n bose plek. Alles is nie soos dit op die oppervlak lyk nie.

Genis ·

As jy my nie glo nie google “The hidden wiki” vir klein voorsmakie. Die diep web werk ook nie soos gewone web nie, die web-adresse is geheim en word net aan hulle binnekringe gegee. Bemoeilik opsporing en vervolging.

Ben ☺☺☺ ·

Genis is 100% korrek – moenie daar gaan rond f*oeter nie – dis deskundiges en sal jou leeg melk, jou kaarte kaselleer ens… Jy word eintlik genooi om te mag deelneem op die “dark web”
Ek lieg nie – bly weg daar.

Genis ·

Dankie Ben. Iemand moet nou weer sê ek weet nie waarvan ek praat nie. Internet is die Satang se sandboks. Mense sit nog agter die klip en is baie naïef in hul onkunde. Al die nuwe popmusiek, flieks, speletjies en viral videos word eerste op die diep web vrygestel. Om kinders te lok soos ‘n groot spinneweb. Ouers onderskat kinders se rekenaarvernuf en skelmgeit. Hou kinders veilig en staal julle maar vir ál meer gruwels in die nuus.

CHRISTA ·

Hierdie ANC regering het die duiwel vrye toegang gegee toe hulle pornografie gewettig het. Enigeen sal besef dat pornografie van volwassenes later nie meer hierdie siek klomp wat altyd na naak liggame wil kyk, daardeur bevredig sal word nie. Wat anders kan hulle bevredig? PRONOGRAFIE VAN KINDERS!! STEL JOU VOOR: NAAK KINDERS – HOE SIEK!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.