Nóg ʼn man vas wat plaasgrond glo onwettig verkoop

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 62-jarige man het Woensdag in die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met onwettige grondgrype op plase in die Inanda-gebied.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê Muntu Robertson Shangase het homself aan ondersoekbeamptes van die provinsiale taakspan oorgegee wat talle grondgrypvoorvalle in Inanda ondersoek. Aanklagte van bedrog, betreding, intimidasie en opsetlike saakbeskadiging is teen Shangase aanhangig gemaak.

Naicker sê Shangase word met sewe grondgrypvoorvalle verbind. Hy is op waarskuwing vrygelaat en opdrag gegee om nie met die ondersoek in te meng of met die klaers in die sake te kommunikeer nie. Hy sal op 22 Januarie weer in die hof verskyn.

Shangase se inhegtenisneming kom nadat ʼn 85-jarige verdagte verlede maand in die hof verskyn het op 19 aanklagte wat met die onwettige verkoop van plaasgrond in die Inanda-omgewing verband hou.

Naicker het vroeër gesê die polisie se ondersoek het gespruit uit talle sake wat in 2017 en 2018 deur plaaseienaars in die omgewing aanhangig gemaak is. Ná ʼn uitgerekte ondersoek, waarby die kantoor van die adjunk-direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal betrokke was, is ʼn operasie uitgevoer waartydens die 85-jarige verdagte private grond aan polisieagente vir R20 000 verkoop het. Hy is daarna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Santjie ·

Arresteer sommer die polisieagente ook, want hulle behoort tog ook van beter te weet?

Marius ·

Santjie polisieagente het under cover werk gedoen dit is hoekom hulle daar was om die man op heterdaad te betrap.

ANDRE ·

Die is presies waaroor die hele grond kwessie gaan en ryp gedruk word…….GELD.

Pieter ·

Welgedaan. Die polisie het `n lokval gestel en die skuldige vasgetrap. Meer sulke aksies teen misdaad is nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.