Nóg ʼn Maties-student glo op kampus verkrag

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

ʼn Student aan die Universiteit Stellenbosch (US) is glo Saterdagoggend op die kampus verkrag en die vermeende verkragter is reeds in hegtenis geneem.

US het in ʼn verklaring gesê die universiteit is vanoggend van die voorval in kennis gestel en die student het ʼn klag by die polisie ingedien, waarna ʼn verdagte in hegtenis geneem is.

“Die voorval het glo in ʼn motor in die parkeerterrein tussen die Heemstede- en Metanoia-koshuis plaasgevind,” het die universiteit gesê.

Studente het inligting verskaf wat gelei het tot die inhegtenisneming van ʼn manlike verdagte deur die polisie en veiligheidbeamptes van die universiteit. “Die man is in aanhouding. Dit lyk asof hy nie ʼn US-student is nie.”

Die vrouestudent is onmiddellik ná die voorval ondersteun deur lede van die studentegemeenskap, wat vriende, studenteleiers van die koshuis, die koshuishoof en die US se 24-uur Krisisdiens insluit. Hulle het haar onder meer gehelp om die nodige mediese sorg te kry en die saak by die polisie aan te meld.

“Die res van Heemstede se inwoners is vanoggend van die voorval in kennis gestel en berading is tot almal se beskikking gestel.”

Die SAPD se Eenheid vir Seksuele Misdrywe ondersoek die voorval en die US bied sy volle steun op elke moontlike manier. Enigiemand met meer inligting word versoek om konst. Matthews te bel by 082 469 1479.

Dié voorval volg op nóg ʼn beweerde verkragting in Februarie in die vroeë oggendure buite die Harmonie-vrouekoshuis. Niemand is nog in verband met dié voorval aangekeer nie.

Lede van die universiteitsbestuur het hul bekommernis oor die studente wat geraak is, uitgespreek en gesê  verkragting is ʼn verskriklike en afskuwelike misdaad en om deel te wees van gemeenskappe waar verkragting plaasvind, is uiters ontstellend.

“Vroue en mans wat seksueel geteister, mishandel of verkrag word, moet voorvalle asb. sonder huiwering aanmeld by die Universiteit se Krisisdiens (tel 082 557 0880) of Kampussekuriteit (tel 021 808 2333 en 021 938 9507 vir die Tygerberg-kampus). Verkragting is ʼn kriminele oortreding en moet ook by die naaste polisiestasie aangemeld word.”

Personeellede en studente wat nie van hierdie kanale gebruik wil maak nie, kan voorvalle aanmeld by die Universiteit se onafhanklike Etieklyn en anoniem bly indien hulle dit verkies. Die no. is 0800 204 549 en die e-posadres [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Veritas ·

Stellenbosch. Die verkragtingshoofstad van Suid-Afrika. Snaaks dat dit volg op die ‘Fees must fall’ en ‘Outsourcing must fall’ protes-aksies.

Tammy ·

Fantasties, dat die ou gevang is. Uitstekende werk. Moenie vergeet dat n mens altyd die goed wat jou pla verwyder nie !!! Sny af daai goed wat hom so gepla het, anders bly dit n lewenslange las!!

Sarie ·

Die US kampus is baie oop omdat dit oor Stellenbosch versprei is. Daar is nie byvoorbeeld ‘n sentrale ingang soos by die UOVS (ekskuus UFS:)) kampus nie

wynand ·

Die verkragting wat in Feb plaasgevind het is nog nie opgelos nie want die meisie loop nog aanmekaar haar verkragter op kampus raak. Kan die US nie die man in aanhouding plaas nie?Wat is die US se probleem? Is dit nie erg genoeg vir hulle nie? Moet dit eerder n rasse voorval wees voordat dit aandag kry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.